Eerste voorstelle vir grondwetwysiging oor grond

land-lugfoto-grond-landbou

Foto: Magda Ehlers/Pexels.com

Die eerste voorstelle vir die verandering van die Grondwet om onteiening sonder vergoeding te vergemaklik, is tydens sittings van die tersaaklike ad hoc-komitee in die parlement ingedien.

Dit is nog ‘n lang proses wat voorlê, met geen aanduiding of enigeen die meerderheid van twee derdes wat vir ‘n grondwetwysiging benodig word, gaan behaal nie.

Terwyl die DA (met 84 LP’s uit 400), die IVP (met 13 LP’s) en die VF Plus (met 10 LP’s) glad nie te vinde is vir grondwetwysigings nie, is dit duidelik dat die ANC (met 230 LP’s) en die EFF (met 44 LP’s) skerp verskil oor die aard en bewoording van ‘n wysiging, en dat dit nie maklik gaan wees om ‘n voorstel daar te stel wat twee derdes steun gaan trek nie.

Die parlement se regsafdeling het uitgewys dat daar twee tipes onderafdelings aan art. 25 is. Eerstens is daar subartikels 1, 2 en 3 wat huidige regste beskerm, en dan is daar byvoorbeeld artikel 4 wat transformatief bewoord is.

‘n Voorstel van die kant van die parlementêre regsdienste is dat ‘n hof mag bevind dat ‘n nul-vergoeding ‘n regverdige en geregverdigde vergoeding verteenwoordig, of dat geen vergoeding uitbetaal word nie vir eiendom wat op grond van die rassediskriminasie van die verlede (soos die Groepsgebiedewet) bekom is.

Ook subartikel 7 van art. 25, wat die regstel van ongeregtighede slegs terugneem tot 1913 as afsnydatum, en dus alle grond wat voor daardie datum (die instel van die Naturelle Trust- en Grondwet) op rassegronde ontneem is, van grondhervorming uitsluit, kan heel moontlik in die slag bly.

Maar waar die EFF (by monde van die EFF-onderleier, Floyd Shivambu) basies die onteiening van enige grond sonder vergoeding wil hê, is die ANC (by monde van sy senior LP’s dr. Mathole Motshekga en Mandla Mandela) versigtiger en minder lus vir wat basies op ‘n sosialistiese model neerkom.

Swart boere het die EFF trouens in die komitee getakel omdat hul beleid onder meer sou beteken dat swart private boere hul eiendom kwyt sal wees.

Wat die ANC se voorstel is, is tans uiters onduidelik te midde van gerugte van verdeeldheid. Die ad hoc-komitee sit sy vergaderings volgende week voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Jan Alleman ·

Die land het eers in 1910 tot stand gekom. Om regstelling verder as dit terug te neem is onsinnig en gaan in groot konflik ontaard.

daniel ·

Bloot n ander manier wat bedink is om korrupsie en diefstal te wettig .

KO ·

Ontnugterend om wakker te skrik na my RWC baba-las, en te besef ek is nog steeds in Suid-Afrika en nie in utopia nie.

Annie ·

Die buiteland hou ons dop! Wil julle die ekonomie verder aan flarde ruk?

Bosvark ·

Soos Zimbabwe, almal het grond maar geen kos. Dit gaan lei tot n tragedie.

Feite ·

Die buiteland se beleggers hou dop om te sien of grond wat onteien gaan word, aan swartmense oorgedra gaan word met titelaktes. Indien dit die geval gaan wees sal beleggers geld bele. Die beleggers gee nie om of dit wit of swart is wat grond het nie, solank eiendomsreg en vryemark na onteiening gehandhaaf word. Om grondgrype te keer was n groot strategiese fout van afriforum, want dan sou die boere hul grond kwyt gewees het, maar ten minste sou die staat moes opdok vir die grond. Nou na verandering aan die grondwet en wetgewing kan die staat grond vat en hoef die staat nie op te dok nie. Om n sakeryk te gebou het uit die boere deur grondgrype te keer beteken dat die boere wie onteien gaan word nie net hulle grond gaan kwyt wees nie, maar ook geld wat hulle van die staat sou kon eis, dit terwyl almal al die pad bank toe lag, behalwe die boere. Ek het so n spesmaas dat afriforum se weerstandstrategie die boere in tamatiestraat laat beland het. My beskeie opinie was nog altyd, “to put the blame where it belongs”!

Alex ·

Jou feite is nie reg nie en nou probeer jy die blaam skuif waar dit nie hoort nie.

sarel ·

dit is oppad maak julle self reg vir dit was nog altyd die hoof doel.gewees. sal binne die volgende drie jaar n werklikheid word. die springbok oorwinning sal gou vergete word

landsverraaier ·

Who cares! Ons het mos a beker en ‘n bal gewen!?!?!?!

ffe ·

Die hof mag bevind dat nul vergoeding regverdige en regverdigbare vergoeding vir grond ont eienig is. Wel, die mense wat die grond gekoop, ge-erf of op een of ander regmatige, wettige manier bekom het mag bevind dat n nul vergoeding nie regverdig baar en regverdig is nie. As die eff en die anc nou bollie wil he, kom vat my grond sonder vergoeding. As die sogenaamde eff parlementslid mag aanbevelings doen om kleefmyne by blanke gelowige kinders van God se samekoms op Loftes te plant, kan daar dalk net boere ook wees, wat dink dat dit regverdigbaar is om sulke goed by die politieke partyeen howe, wat grond onteienig sonder vergoeding voorstaan, se kantore te plant. Die eff parlements lid is nes soos sy voorse-er, dwaas en onverantwoordelik, en moet teregstaan op aanhitsing van tereur dade en kwaadspraak. Wys my enige iets goeds, wat die eff al ooit vir vir SA gedoen en beteken het. Hulle moet uit die politieke arena verban word. Kwaadstokers die wat hulle is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.