Michael Masutha, voormalige minister van justisie en korrektiewe dienste, was bevooroordeeld toe hy besluit het om nie vir Janusz Walus, Chris Hani se moordenaar, parool toe te staan nie. Daarom moet die hof nou oor parool besluit.
Lees meerAlles vir Maandag 7 Oktober 2019
Afrikaanse skole onderteken manifes om gesonde sportmanskap te bevorder
Meer as 200 onderwysers van 51 Afrikaanse skole het Maandag onderneem om kinders se fisieke en emosionele welstand altyd eerste te stel in skolesport.
Enkelmedium Afrikaanse skole al minder
Die aantal enkelmedium Afrikaanse skole het afgeneem sedert 2018.
Unie vra minister moet ingryp oor hoë salarisse by universiteite
Die South African Parastatal and Institutions Union (Saptu) gaan die minister van hoër onderwys en opleiding vra om in te gryp weens die astronomiese salarisse wat sommige vise-kanseliers aan Suid-Afrikaanse universiteite verdien.
Floyd verkla oor duur troue met VBS-geld
Die DA gaan Floyd Shivambu van die EFF by die parlement se etiese komitee aangee, nadat hy glo geld van die VBS Mutual Bank gebruik het om te betaal vir sy uitspattige troue in 2017.
ToekomsVenster: ’n Reddingsboei en soveel moontlikhede
“As my kerk, my kinders in Suid-Afrika, berou toon, bid en my aangesig soek sal ek uit die hemel luister en Suid- Afrika laat herstel.”
‘Afskaal’ op kykNET wys jou hoe om van rolletjies ontslae te raak
Die pad van gewigsverlies gaan oor soveel meer as net die vetjies wat verbrand word.
Hof steek stokkie voor Air Chefs-werkers se beoogde staking
Air Chefs het hom Sondag tot die hof gewend om werkers te verhoed om te staak.
Eskom-verhogings onbillik en ondoeltreffend – AfriForum
Eskom-verhogings dryf verbruikers na alternatiewe energie
Duduzane Zuma in Zondo-soeklig
Oudpres. Jacob Zuma se seun het vandag voor die Zondo-kommissie van ondersoek verskyn en het sý weergawe van gebeure gegee te midde van bewerings dat hy die sogenaamde Gupta-koppelaar was in bewerings van staatskaping wat teen politici en die Guptas gemaak word.
IRV begin veldtog om opposisie ‘te red’
Die organisasie sê hy word daarvan beskuldig dat hy in die DA se sake inmeng, maar dat politici wat hom hiervan beskuldig goed weet dit is die werk van enige denkstigting om presies dít te doen.
Inwoners van Utrecht neem reg in eie hande oor water
Tydens ʼn vreedsame protesaksie Maandag het inwoners van die dorp die slotte van die hekke wat na die dorp se waterwerke lei, afgebreek.
AfriForum lê bedrog van miljoene in grondtransaksies bloot
Die bedrag wat reeds vermors is weens dié verdagte grondtransaksies beloop altesaam R176 miljoen.
SAKP-leiers moet tydlyn verskaf vir breuk met ANC
Die Wes-Kaapse provinsiale leierskap van die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party (SAKP) het hom ten gunste van ʼn verbreking van die SAKP se verkiesingsalliansie met die ANC uitgespreek en wil hê partyleiers moet aandui wanneer dit gaan gebeur.
Dié melk moet kinders nie drink nie, sê studie
“Ons vind meer en meer kunsmatige versoeters wat aan jong kinders bemark word.”
Nóg ʼn kind gewond dae nadat dwaalkoeël sesjarige eis
In die jongste voorval is ʼn seuntjie in die maag gewond, nadat twee mans op ʼn ander een losgebrand het en ʼn dwaalkoeël die kind getref het.
Zille wél verkiesbaar as leier van federale raad
Zille is een van vier kandidate wat haar vir die pos beskikbaar gestel het.
Nuwe grotman, nuwe grappe
Die oorspronklike Groet die Grotman hou steeds die rekord vir die Afrikaanse teaterproduksie wat die meeste vertonings oor die langste tydperk gehad het.
Wen: Aanbiddingsaand van hoop saam met Retief Burger
’n Opname van vyf splinternuwe aanbiddingsliedere uit Burger se pen gaan op dié aanbiddingsaand gemaak word en vroeg volgende jaar as ’n album uitgereik word.
Meer as duisend naamlose lyke ‘’n misverstand’
Die Gautengse departement van gesondheid ontken daar is meer as 1 000 ongeïdentifiseerde lyke in dié provinsie se lykshuise.