Twee orreliste van die NG kerk Paul Roux het onlangs, toe dié dorp ’n groot waterkrisis gehad het, agteroor gebuig om mense van water uit hul erf se boorgat te voorsien.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "watertekorte"
Bethal sonder water ná ANC oorneem
“Die probleme het begin skaars ʼn maand nadat die ANC die plaaslike tussenverkiesing in Oktober vanjaar gewen het,”
Inwoners van Utrecht neem reg in eie hande oor water
Tydens ʼn vreedsame protesaksie Maandag het inwoners van die dorp die slotte van die hekke wat na die dorp se waterwerke lei, afgebreek.
Waterskaarste ook op die verhoog onder die loep
In dié stuk word elke nagmerrie oor waterskaarste werklikheid: 50 ℓ water per dag per persoon is lankal niemand meer beskore nie. Water is só skaars dat mense enigiets sal doen om dit in die hande te kry – selfs moord pleeg.
Kaapstad-fietstoer duur voort ondanks watertekorte
Die organiseerders van die Kaapstad-fietstoer (in die verlede bekend as die Cape Argus-fietstoer) het gesê gerugte dat die wedren gekanselleer of uitgestel sal word as gevolg van die erge watertekorte in die Wes-Kaap, is nie die waarheid nie.
Wes-Kaap: Varswaterhulpbron gevind
Die departement van minerale hulpbronne het Dinsdagaand bevestig dat hy ʼn varswaterhulpbron in die Wes-Kaap gevind het.
Lesersbrief: Noodkreet uit Fauresmith
Bloemwater trek eenvoudig die skouers op. Inteendeel, dit is hulle wat die spreekwoordelike kraantjie toedraai. Daar word gesê ʼn mens mag nie waarde heg aan ʼn persoon se lewe nie, maar hulle doen dit: R193 miljoen.
Waterkrisis kniehalter ekonomiese groei, sê minister
“Totdat iets drasties [in terme van die krisis] nie gebeur nie, is daar ʼn groot moontlikheid dat die ekonomie nié verder sal groei nie,” het Mokonyane gesê.
[Video] Suzelle en Helen Zille leer water spaar
Die premier van die Wes-Kaap, Helen Zille, is in ʼn nuwe skreeusnaakse video oor waterbesparing saam met die DIY-ghoeroe, Suzelle, te sien soos nog nooit vantevore nie.
Domino’s en ABI skenk 22 000 ℓ gebottelde water
Die pizza-afleweringsrestaurant Domino’s en Amalgamated Beverage Industries (ABI) het onlangs meer as 1 200 houers gebottelde water na droogtegeteisterde gebiede vervoer.
[Foto’s] 2 miljoen liter in minder as ʼn week
Meer as twee miljoen liter water is die afgelope week deur verskeie organisasies ingesamel om aan droogtegeteisterde gebiede in Suid-Afrika te skenk.
Droogtehulp: Water op pad na die Vrystaat
Sowat 7 000 ℓ water word vandag danksy die burgerregte-organisasie AfriForum en die selfoonnetwerkverskaffer Cell C na die Vrystaat vervoer.
Droogtehulp-groepe groei vinnigste ter wêreld
Suid-Afrikaners het behoorlik hande gevat in die droogtetoestande met die Facebook-groepe “Boere in nood” en “Water Shortage South Africa” wat tans die twee Facebook-gemeenskappe is wat die vinnigste ter wêreld groei.
[Foto’s] Skenkings bring droogteverligting
Verskeie organisasies het die afgelope paar weke hande gevat om met water- en voerskenkings verligting vir gemeenskappe te bring wat onder die voortslepende droogte gebuk gaan.
Bespaar só water
Suid-Afrika gaan gebuk onder waterbeperkings wat in groot dele van die land ingestel word. Dit lyk egter nie asof dié beperkings, wat veroorsaak word deur erge droogtes, binnekort opgehef gaan word nie. Hier is ʼn paar nuttige wenke om water te bespaar.
Watertekort in Vredenburg en Paternoster
Die Saldanhabaai-munisipaliteit het Dinsdag bevestig daar is ʼn watertekort in dele van die Weskus.
Watertekorte in Gauteng
Verskeie buurte in Gauteng ervaar watertekorte weens die verhoogde temperature en ʼn toename in vraag, het Rand Water Saterdag gesê.
Groot dors lê voor
Teen 2015 sal meer as die helfte van die geraamde wêreldbevolking van 9,7 miljard in streke met watertekorte woon.