Is die aanwysing van die nuwe Springbokafrigter eers teen die einde van Maart ʼn Saru-rookskerm? Of word die spelers vir eers vir die wolwe gegooi met die hoop dat hulle later reggeskaaf kan word?
Lees meerAlles vir Maandag 11 Januarie 2016
Leeu verskeur ouma
ʼn Vrou in haar 60’s is oor die naweek in Zimbabwe, ʼn paar kilometer buite Victoria Falls, dood nadat ʼn leeu haar verskeur het.
SA-steenkoolmyngroep skop teen Chinese belegging
Haohua Energy International (HEI) van Hongkong het Maandag sy voorneme aangekondig om sy aandeel in die Suid-Afrikaanse steenkoolmaatskappy, Coal of Africa Limited (CoAL) te vergroot, deur US$5 miljoen te belê.
Tshwane-burgemeester sê Kerkstraat-bordjies is ‘rassisties’
Kgosientso Ramokgopa, die uitvoerende burgemeester van die stad Tshwane, het gesê lede van AfriForum Jeug wat Kerkstraat-bordjies aangebring het in Pretoria, het “rassisties” opgetree.
Planne om malariabedreiging in KZN te voorkom
Nuwe data wat in ʼn wetenskapjoernaal gepubliseer is, het bevind dat daar muskietvektors (draers van malaria) in KwaZulu-Natal is wat moontlik weerstandig kan wees teen insekdoders.
Kampsbaai-moord: Man in psigiatriese hospitaal opgeneem
Diego Novella, van Guatemala, wat beskuldig word van die moord op sy meisie in ʼn luukse hotel in Kampsbaai, Kaapstad, is in die Valkenberg psigiatriese hospitaal opgeneem.
ToekomsVenster: Ken jou plek voor God
God soek na mense wat hul plek voor Hom ken. Voor Hom is alle mense aangewese op genade. Ons het niks om op te roem nie behalwe ons desperate afhanklikheid van Hom. Sulke mense is welkom by God.
Optog teen rassisme in Scottburgh
Ongeveer 1 000 mense het Maandag in Scottburgh, KwaZulu-Natal, opgeruk om hul stemme dik te maak teen rassisme.
Burgerd Botha stel nuwe klank bekend
Die gewilde sanger Burgerd Botha, wat bekendheid verwerf het as lid van die veelbekroonde groep Romanz, het onlangs sy eerste enkelsnit, Hartlagsiel, as solokunstenaar vrygestel.
Verdagte in hof vir diefstal uit regeringskantoor
Net een van die verdagtes wat in verband met die diefstal van miljoene rande uit ʼn kluis in die Pretoria-kantoor van die Staatsveiligheidsagentskap (SSA) in hegtenis geneem is, het Maandag in die Pretoria-landdroshof verskyn.
Nasa gaan hulp benodig vir Mars-sending
Die astronomiese koste verbonde aan ’n bemande reis na Mars maak dit onwaarskynlik dat Nasa so iets op sy eie kan aanpak.
Panayiotou: VSA se hulp ingeroep
Die Nasionale Vervolgingsgesag het ʼn aansoek aan die VSA se departement van binnelandse veiligheid gerig in ʼn poging om inligting oor Christopher Panayiotou te bekom.
‘Polisiemoordenaars’ in hof
Drie van die vier mans wat van die moord op die Pretoriase polisieman, Kenneth Poortman, verdink word, het Maandag in die Pretoria-landdroshof verskyn.
Kalenders en lysies – net vir jou!
Die jaar het met ʼn volle vaart afgeskop en ons wil dit vir jou baie maklik maak om hierdie jaar georganiseerd te bly.
[Foto’s] Skenkings bring droogteverligting
Verskeie organisasies het die afgelope paar weke hande gevat om met water- en voerskenkings verligting vir gemeenskappe te bring wat onder die voortslepende droogte gebuk gaan.
Facebook-soektog begin vir meisie se ‘luiperd’
“Ou Luipie was haar vriend wanneer sy sleg voel of onseker en hartseer is. Toe sy ʼn bietjie kleiner was, het Luipie oral saam gegaan. Sy gaan nou graad een toe en baie onsekerhede wag dus vir haar.”
Parlementêre debat oor Zuma se bevoegdheid
Baleka Mbete, speaker van die Nasionale Vergadering, het ingestem dat ʼn mosie van wantroue in pres. Jacob Zuma in die parlement bespreek word.
Groot skok toe sy dink verloofde is geskiet
“Marina was in ʼn toestand en het aanhou skree ek is geskiet.”
Zuma: SA het oordryf oor Nene
Diegene wat ʼn bohaai gemaak het oor die afdanking van Nhlanhla Nene as minister van finansies in Desember, is mense “wat nie verstaan nie”.
Afrikaanse sanger verheug oor swangerskap ná hartseer
Die paartjie het reeds in November verlede jaar vasgestel dat hulle kan uitsien na ʼn babadogtertjie, maar wou eers verseker dat sy buite gevaar is. “Ons het gewonder of so iets weer sou gebeur, maar ons het alles oorgegee aan die Here. Alles gebeur met ʼn rede, en ons het dit so aanvaar,” het hy gesê.