Meer as duisend naamlose lyke ‘’n misverstand’

Argieffoto

Die Gautengse departement van gesondheid ontken nou daar is meer as 1 000 ongeïdentifiseerde lyke in dié provinsie se lykshuise.

Maroela Media het verlede week berig dat 1 117 van die 17 940 lyke in Gautengse lykshuise nie in die afgelope boekjaar uitgeken is nie. Dit volgens ʼn antwoord in die Gautengse wetgewer deur Bandile Masuku, Gautengse LUR vir gesondheid.

Maar dr. Mosou Morule, hoof van forensiese patologie in Gauteng, sê dit is ʼn misverstand. “Die meeste van die lyke wat ná sewe dae by lykshuise aankom, word as ‘ongeïdentifiseer’ geklassifiseer. Hierdie lyke bly as ongeïdentifiseer aangeteken, al identifiseer familielede later die liggame van hul geliefdes,” sê Morule.

Jack Bloom, DA-woordvoerder oor gesondheid in Gauteng, sê dit is kommerwekkend dat Morule nou eers met hierdie inligting vorendag kom. “Ek vra hierdie vrae reeds jare lank in die wetgewer en hierdie verduideliking is nog nooit verskaf nie,” sê Bloom. “Ons het duidelikheid nodig oor die ware syfers van ongeïdentifiseerde lyke in Gauteng, wat ek steeds vermoed op ʼn groot getal neerkom.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Anoniem ·

Dr Mosou Morule se verduideliking maak nie sin nie. Hoekom word die inligting nie bygewerk as ‘n lyk wel uiteindelik uitgeken word nie? Wat is die nut van sulke kokaai record keeping?

Wag vir dit... ·

Die swak rekord houding het seker op een of ander weer ‘n finansiële gewin in vir iemand. Dis nog nie duidelik hoe nie, maar gee kans dan kom iemand uit hoe hulle selfs met lyke korrupsie pleeg. Was nog elke keer so, sodra ‘n beproefde stelsel nie werk nie sit die korrupsie vingermerke oraloor.

Pampoen ·

Daar is nog ‘n verdere onduidelikheid. Ek dink nie die ongeidentifiseerde lyke bly daar lê nie. Hulle word sekerlik na ‘n tyd begrawe. So daar lê nie 1000 lyke in die lykhuis nie. Die feit dat daar ‘n misverstand is, is sekerlik omdat Morule lank laas (indien ooit) self in die lykhuis was. Hy praat maar so oor wat ander hom meedeel.

jakes ·

Miskien was die getal n misverstand, was die werklike getal nie dalk 2000 nie?

Realis ·

Ja nê!! Darem maar baie misverstande in hierdie landjie aan die suidpunt van Afrika…….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.