Bloom sê volgens Gautengse premier David Makhura sal die werk teen die einde van die maand afgehandel wees, maar “dit lyk onwaarskynlik”.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Jack Bloom"
Agt Esidimeni-pasiënte steeds vermis
“Ek is bevrees ons sal dalk nooit weet wat die lot van die agt pasiënte is nie.”
‘Betyds en binne begroting?’ vra DA oor Gauteng se nuwe hospitale
Die party sê bouprojekte van dié aard neem gewoonlik dubbel so lank en kos dubbel soveel as waarvoor aanvanklik begroot word.
Bara-hospitaal het laagste personeelbywoning in Gauteng
Die Chris Hani Baragwanath- hospitaal in Soweto het die laagste personeelbywoning van die sewe grootste hospitale in Gauteng, met ʼn bywoningsyfer van 72%, het die…
Vrae oor ondersoek na sterftes by hospitaal sloer
Die eenheid is na die sterftes noodgedwonge gesluit en is onlangs eers heropen.
Onbetaalde werkers oorstroom hospitaalvleuel
Opknappingswerk aan die psigiatriese vleuel van ‘n hospitaal in Johannesburg is wéér uitgestel.
LUR woedend oor syfers weens ‘mediese nalatigheid’
“Voorvalle van ernstige teëspoed is nié noodwendig mediese nalatigheid nie. Mediese nalatigheid moet bewys word.’
Bykans 4 000 sterf in Gauteng-staatshospitale weens ‘nalatigheid’
Die syfers is uiters onrusbarend. Dit beklemtoon die ernstige bestuursprobleme in staatshospitale en die gebrek aan gevolge vir mediese foute wat lei tot hofsake en skadevergoedingseise wat die departement se begroting uitput.
Meer as duisend naamlose lyke ‘’n misverstand’
Die Gautengse departement van gesondheid ontken daar is meer as 1 000 ongeïdentifiseerde lyke in dié provinsie se lykshuise.
Talle Gautengse gesondheidsamptenare ‘doen sake’ met staat
Bloom het sy kommer uitgespreek omdat dit so lank geduur het om te bepaal hoeveel amptenare met hul werkgewer sake doen. Volgens hom is dit uiters onreëlmatig in ʼn departement wat reeds talle korrupsieskandale gesien het.
Gebrek aan tugstappe teen werkers wat hospitaal omkeer ‘onaanvaarbaar’
“Hoe is dit moontlik dat werkers wat ander gedreig het en skade van meer as R3 miljoen aangerig het, steeds vir die hospitaal werk?”
Gautengse gesondheidsdepartement onderbestee R631 miljoen
Ander dele van die begroting is egter hopeloos oorskry, wat dui op swak finansiële dissipline, sê die DA.
Kommer oor psigiatriese fasiliteite in Gauteng
“Pasiënte gebruik een bad in ʼn isolasievertrek wat bedoel is vir onbeheerbare pasiënte. Daar is ook ʼn gat in die muur waar diere kan inkom.”
Weggooi van ou hospitaalbeddens ‘swak beplanning’
“Daar is beslis ʼn tekort aan beddens in sommige hospitale oor die hele land, maar die ou beddens by Chris Hani-Baragwanath-hospitaal kan nie aan daardie behoefte voldoen nie,” het die departement van gesondheid gesê.
Video: Departement ondersoek beddens ‘buite staatshospitaal’
Op ʼn video wat versprei word kan gesien word hoe die beddens buite lê en verweer. “So ver as wat die oog kan sien, is dit net hospitaalbeddens wat absoluut niks makeer nie,” sê ʼn persoon in die video.
‘Kritieke tekort’ aan verpleegsters
“Ek is geskok deur die erkenning dat dié omstandighede daartoe gelei het dat verpleegbestuur nie behoorlik opgeleide personeel toeken aan pasiënte in kritieke omstandighede nie.”
DA eis dat Life Esidimeni-ondersoek versnel word
Die DA sê hy is tydens ʼn besoek aan een van die nieregeringsorganisasies gekonfronteer met teenstrydige inligting oor die oorsaak van minstens sewe sterfgevalle onder die Esidimeni-pasiënte.
DA se Jack Bloom het sy oog op premierspos
Jack Bloom, leier van die DA in Gauteng, sal volgende jaar tydens die verkiesing homself beskikbaar stel vir die pos van die premier in dié provinsie.
Nuuskommentaar: Foutlyne in die demokrasie
Daar is merkwaardig baie ooreenkomste tussen die ANC se leierskapstryd wat in Desember afloop, en die Amerikaanse presidentsverkiesing wat in November plaasvind.