Die wêreld verander elke paar jaar, maar wees stil en fokus op dit wat standvastig is en onveranderd sal bly, skryf Sunita McDonald uit Frankryk.
Lees meerAlles vir Sondag 17 Januarie 2021
Lesufi na Helpmekaar oor ‘oortreding’ van regulasies
Steve Mabona, woordvoerder van die departement, sê Lesufi wil vasstel hoekom die skool heropen.
Brandhout vir die oudag: ’n Kuiertjie in Italië se Cinque Terre
Die toerleier Marius du Plooy vertel ons van die bekoorlike kuslyn in Italië in vandeesmaand se aflewering uit die reeks podsendings “Brandhout vir die oudag”.
Nóg beurtkrag lê hierdie week voor
Eskom sê hy het die afgelope 24 uur egter opwekkingseenhede by Kriel, Grootvlei en Duvha suksesvol in werking gestel.
‘Nóú moet ons lewens red’ – Ramaphosa
Ramaphosa sê in verskeie gebiede word hospitale en klinieke oorweldig en gesondheidswerkers is onder groot druk.
‘Waar was Aussies se aggressie?’
Die Aussie-boulaanval was met tye sonder enige byt en Ricky Ponting het hul taktiek bevraagteken – klipharde toetskrieket is immers nie normaalweg deel van ’n Mej . Heelal se “wêreldvrede”-antwoord nie.
Kaboel: Taliban beskuldig vir aanval op vroueregters
Geweld in Afganistan het die afgelope ruk toegeneem, ondanks voortgesette vredesgesprekke tussen die Taliban en die regering. Dit is veral die geval in Kaboel, waar ʼn nuwe neiging om vooraanstaande mense te teiken, vrees in die stad veroorsaak het.
Twee met gekaapte voertuie agter tralies
Die kapers het glo ʼn motoris ʼn paar uur lank aangehou voordat die slagoffer vrygelaat is.
Kallis: Op koers na sukses in eerste toets saam met Engeland
Engeland-spelers – onder wie Jonny Bairstow en die groentjie Dan Lawrence – het al vantevore hul opgewondenheid uitgespreek om saam met Kallis te werk. Dit het veral in die Engelsmanne se eerste beurt gelyk of dié vennootskap goed werk.
Video’s: Hans du Plessis tel Afrikaans onder die soetdorings op
“Jy leer ken Afrikaans op ʼn ander manier. Jy tel hom onder die soetdoring en uit die sand uit op. Jy sien ʼn kameeldoring en dan sien jy dáár onder in die sand lê Afrikaans.”
Huurvlug vir Proteas ná redery vlugte kanselleer
KSA het nou ʼn groot logistieke en kosteprobleem sou die beoogde T20-wedstryde, wat ná die toetswedstryde gespeel word, voortgaan.
Man gewond toe twee drank soek
Die verdagtes het die kombuisdeur oopgeskop en aangedring op alkohol.
’n Vrou met ’n sagte hand en hart
Ivonne moes drie susters aan kanker afstaan. Die verlies het haar passie om na mense om te sien, aangevuur.
Merkwerk in Vrystaat verloop vlot; agt nasieners toets positief
Die betrokke nasieners is van hul pligte vrygestel en sal tuis in kwarantyn bly.
Winkelier, verdagte doodgeskiet in Vrystaatse rooftog
Dit is nie duidelik wie die vermeende rower doodgeskiet het nie.
Gewapende man naby VSA kongresgebou in hegtenis geneem
Beeler het ná sy inhegtenisneming gesê hy het ʼn “eerlike fout” gemaak en is ʼn private veiligheidswag wat naby die kongresgebou op pad werk toe verdwaal het.
Internasionale oorsig: Verkiesings om in 2021 dop te hou
Lees die jongste internasionale nuus hier.
KwaZulu-Natalse LUR dood weens Covid-19
Hy is ná ʼn kort siekte in ʼn Durbanse hospitaal dood.
Subkontrakteurs vertraag glo Covid-19-projek by hospitaal
Bloom sê volgens Gautengse premier David Makhura sal die werk teen die einde van die maand afgehandel wees, maar “dit lyk onwaarskynlik”.
Jou kind en Covid-19: ʼn Kenner verduidelik
’n Dokter by die Rooikruis-kinderhospitaal in Kaapstad verduidelik hoe kinders deur Covid-19 geraak word midde die tweede infeksiegolf.