DA verloor Knysna, behou Delft

Die DA het gister in die tussenverkiesing in die Wes-Kaap wyk 11 in Knysna aan die ANC afgestaan. (Foto: Demokratiese Alliansie/Facebook)

Die DA het gister in die tussenverkiesing in Hornlee in die Wes-Kaap ’n groot terugslag beleef toe hy wyk 11 in Knysna aan die ANC afgestaan het.

Maroela Media het gister berig dat dié wyk vakant geraak het toe DA-raadslid Lorraine Opperman in Januarie vanjaar skielik na die ANC oorgeloop het en nou as kandidaat teen die DA staan.

Ryan Smith, woordvoerder van die DA, het gesê hoewel hierdie uitslag die party ’n agterstand in die komende plaaslike verkiesing gee, die DA uit beginsel ’n besluit geneem het om Opperman te skors wetende dat dit die uitslag in dié wyk sou beïnvloed.

Die DA het dié besluit geneem nadat Opperman in ʼn raadsvergadering die ANC in twee besluite gesteun het – in ’n mosie om staatsbestuur te verbeter en in die verkiesing van ’n burgemeesterskandidaat.

Die DA het egter daarin geslaag om sy setel in Delft in wyk 20 van Kaapstad te behou.

“Hierdie wyk was ’n lakmoestoets vir die party se steun onder bruin kiesers en het bewys dat ons steun daar sterk staan,” het Smith gesê.

Die DA én die ANC het stemme in wyk 4 in Beaufort-Wes aan die Patriotic Alliance (PA) afgestaan.

In die Noord-Kaap was die DA se steun stabiel met ’n uitslag van 42% in die Nama-Khoi-munisipaliteit wat in Springbok gesetel is.

“Die uitslae het bemoedigende tendense openbaar, sowel as gebiede uitgelig waar ons weet ons hard gaan moet werk tussen nou en die plaaslike regeringsverkiesings later vanjaar,” het Smith gesê.

Altesaam 15 tussenverkiesings is gister landwyd gehou. Die volledige uitslae sal na verwagting later vandag bekendgemaak word.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Elize ·

Enigeen wat oorloop na die ANC moet gestuur word vir ‘n ondersoek by die dokter.

anko ·

Nee, nie sielkundige, gratis publieke dienste lewer waar cANCer afskeep of geen is nie

Werner ·

Enige iemand wat glo dat demokrasie kan werk in hierdie reenboog gemors moet gestuur word vir n ondersoek by die dokter

Tipper ·

Maak so lank veertig gallon dromme met teer by mekaar en verf om streep te trek.

Mariana ·

Opperman is ‘n opportunis, sodra sy beter aanbod kry, stap sy weer oor. As jy in elk geval oorloop ANC toe is daar iets ernstigs verkeerd met jou.

Jannie van Niekerk ·

Alle munisipale raadslede is politieke geldwolwe. In die “SLEGTE” dae van apartheid het munisiplae raadslede die werk verniet gedoen. Dit was soos om ‘n ouderling of diaken te wees. Hulle was nie werknemers van die munisipaliteit nie maar het hulle wyke verteenwordig om goeie dienste te verseker

louis ·

Verstaan dit nie , die ANC is swak en korrup en betogingings word gehou teen swak diens lewering maar dan gaan daardie selfde betoger en stem weer ANC

Androclus ·

Waar net soos daai Opperman vrou,sy weet goed waartoe die Anc in staat is wat swak dienslewering betref en korrupsie ,sy dink miskien sy het iets wat ons ander nie het nie,

Jannie van Niekerk ·

Dis vir my onverstaanbaar dat mense kla oor korrupsie maar dan gaan stem hulle nogsteeds vir die ANC, ‘n Organisasie wat misdaad openlik goedgesind is.

Androclus ·

Hulle soek’n skoon plek waar hulle ‘n dumping section kan maak.Knysna is volgens hulle te skoon.

Arno ·

Ons blanke mense hou daarvan om eiertjies en kommentaar te lewer as dinge nie reg gaan nie, maar die groot probleem is ONS weet nie meer hoe om “SAAM te staan nie” en dis presies wat die ANC baie goed kan doen, so ons kan maar gereed maak vir nog dorpe in die Wes-Kaap om af gestaan te word aan die ANC.

Kompas ·

Stem saam. Wes-Kaap is enigste provinsie waar munisipale dienste doeltreffend is. As ANC hier oorneem gaan jy maar sien hoe dinge agteruitgaan .

Tiptol ·

Julle moet gaan stem in die Wes-Kaap. Ons vanaf ander provinsies kom hou hy jul vakansie. Moet nie dat dit ook ‘n gemors provinsie word nie.

PATRICIA ·

Hoe kan enigeen na lees wat gebeur het nog vir die ANC stem. Dit maak nie sin nie. So hulle wil leiers he wat korrup is. Genade.

Adriana ·

Maak reg vir ñ oor en weer bakleiery en modder gooier, nou gaan daar geen dienste gelewer word nie, die dorp gaan ook verval in ñ ashoop soos al die ander plekke waar die ANC aan die stuur is

Jack ·

Ek kan nie verstaan dat die ou plekkie soveel anc gesindes het nie en dan verder sal die inwoners nou agterkom hoe vrot hulle die munisipaliteit gan bestuur en hoe die geld net verdwyn. Sommige leer maar op die harde manier.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.