Sorour-moord: ‘Leuens op leuens het ingehaal’

Evan Sorour se moordenaar is Vrydag gevonnis. (Foto: Facebook)

Die moeilikste was om in die hofsaak weereens na die leuens te luister en uitgemaak te word as die skurke. Met die skuldigbevinding het die waarheid egter uitgekom, sê Reuter Sorour, wie se seun, Evan, in Januarie verlede jaar op hul plaas buite Ficksburg doodgeskiet is.

Rudi Gericke (39), ʼn veespekulant, is Donderdag in die rondgaande hof op Ficksburg skuldig bevind aan die moord op die 28-jarige Evan.

Vrydag is hy 12 jaar tronkstraf opgelê vir die moord en twee jaar tronkstraf vir aanranding met die doel om ernstig te beseer. Die vonnisse sal gelyklopend uitgedien word.

Evan het destyds sy pa op hul plaas te hulp gesnel toe Gericke hom aangerand het. ʼn Skietery het tussen Evan en Gericke ontstaan en vyf skote het Evan getref. Gericke is destyds in die hospitaal behandel nadat hy in die onderlyf gewond is.

Reuter Sorour het voor die vonnisoplegging aan Maroela Media gesê die leuens het Gericke nou ingehaal en die hof het hom skuldig bevind.

“Die verlies was ʼn duidelike ding om te verwerk. Die hartseer en tragedie word gedeel deur vriende. In die hof is leuens op leuens op leuens vertel,” sê hy.

Evan se ma, Anneke, sê dit was ʼn besonder moeilike tyd.

“Ek wil niks sê nie, want ek het nie die regte woorde nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Casper ·

Twaalf jaar tronkstraf vir moord,dit is belaglik.Hoekom is daar afgewyk van die minimum vonnis.

Sandra ·

Ons regstelsel is werklik die swakste in menseheugenis, waar kry jy net 12 jaar vir moord!

Pampoen ·

Ek dink dis reg. As ek reg onthou was dit n oor-en-weer bakleiery. Enige ou kon die minste wees en wegstap, maar niemand het nie.

Surfer ·

Casper en die res, gaan asseblief terug na die berigte wat presies daar gebeur het, daar was aanranding op Rudi se pa (mes, panga, dronk??) en n oor en weer skietery, Evan het die slegste daarvan afgekom, Rudi kan nog na 12 jaar aangaan met sy lewe.

Duck ·

Gemors! Deesdae kry jy net so ‘n paar jaar vir moord, kyk maar die moordenaars op ons strate wat vrylik rondloop, nè mnr Pistoruis en kie.

Manie ·

Surfer, Rudi Gericke die moordenaar het Evan Sorour, oorledene se pa Reuter aangerand. Rudi se pa speel nie saam in die verhaal nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.