In die 25 uur wat Delvin Safers (29) onder die puin van die ineengestorte gebou in George gelê het, was dit die gedagte aan sy tweejarige seuntjie wat hom help moed hou het.
Alles deur die skrywer Jana Smit
Pyn ondraaglik, maar ou Leon maak steeds grappies
“Wat ek in daai sale gesien het terwyl ek met my bene in die lug gelê het, was honderd maal erger. Dit het my net laat besef ek is nog oukei danksy die Here se genade.”
DA verwerp LUR se poging om Gauteng-leerders se verkiesingskeuse te beïnvloed
Die DA sê aangesien sommige leerders deur die gebrek aan toegang tot skoon water geraak word, is dit belangrik om bewustheid hieroor te skep deur leerders toe te laat om meer insig in die oorsake en moontlike oplossings daarvan te kry, eerder as om die mislukkings van die ANC in die 30 jaar van demokrasie te versteek.
Matriekprojek geskrap oor elemente wat verkiesingsgedrag kan raak
ʼn Lewensoriënteringsprojek vir matrikulante oor swak toegang tot skoon drinkwater, is nege dae voor die Junie-eksamen geskrap.
Vreugde ná die seer: Theuns se sus stil-stil getroud
Hulle sal steeds in Desember, tydens ʼn bruilof saam met hul familie en vriende, trou aan mekaar beloof. Dié eerste, klein troue het hulle gehou omdat Linda “so graag die Here se seën wil afbid” op hulle.
Beskuldigde in veediefstal-saak van miljoene sterf
Wiltrus Boshoff is laat 2022 saam met ses ander beskuldigdes in hegtenis geneem en het op aanklagte van diefstal in die Molope-landdroshof in Mmabatho verskyn.
Sardyne meer gewild as hoender
Ingemaakte sardyne, eerder as hoendervleis, is toenemend Suid-Afrika se voorkeur proteïen. Lees hier wat die redes hiervoor is.
Vrou gevonnis ná sy perde laat ly
Die klagte teen haar spruit uit haar optrede om die diere tot so ʼn mate te druk – sonder die nodige voeding en opleiding – met die uitsluitlike doel om met hulle aan sport deel te neem.
Gru-plaasmoord in Glen: Buurplase loop deur onder veediefstal
Skaapboere wat skaars 12 km vanaf die vermoorde Morrison-egpaar woon, het sowat ʼn maand gelede hul laaste ses skape na die slagpale geneem, want selfs ʼn skaapkraal rég langs hul huis kon veediewe nie van stryk bring nie.
Dubbelmoord by Glen: Egpaar het baie gedoen vir ander
ʼn Bekommerde buurman het Saterdag alarm gemaak toe hy nie die Morrison-egpaar op hul selfone in die hand kon kry nie.
Kimberley se gat(e) toegestop
Toe DF Marais, ʼn ingenieur van Kimberley, verlede jaar sien hoe ʼn ambulans voor hom se band bars toe dit ʼn slaggat tref, was dit die laaste strooi.
Gauteng se skuilingstelsel ‘‘ontwrig’ weens staat se onbevoegdheid
Besnoeiings van die Gautengse departement van maatskaplike ontwikkeling (DSD) se befondsing aan nie-winsgewende organisasies ontwrig veral mishandelde vroue om toegang tot broodnodige dienste en skuilings te kry.
Vervolg munisipale bestuurder in persoonlike hoedanigheid, eis AfriForum
Telkens kom dit neer op die gemeenskap om hand in die sak te steek en self aan die werk te spring om dié ramp te beveg.
Dié vliegveld wemel tydens Nampo
Die Nampo-vliegveld is tydens die feesweek een van die besigste in die land.
Energieraad verwelkom kritieke wetsontwerp vir klimaatsverandering
Dié wetsontwerp is kritieke wetgewing vir die ontwikkeling van ʼn doeltreffende klimaatsverandering-reaksie en langtermyn-oorgang na ʼn lae-koolstof- en klimaatbestande ekonomie en samelewing vir Suid-Afrika.
Bekende joernalis, skrywer sterf ná kankerstryd
Steenkamp se dood kom slegs twee dae ná die begrafnis van haar ma, Petro Steenkamp, Dinsdag in Pretoria.
Lewende uil as deposito? Nee dankie, sê bank
ʼn Man van Westonaria is verlede week bank toe om ʼn nuwe rekening te open. Hy was slaggereed met sy eerste deposito: ʼn lewende uil.
Hartbeespoort-verdrinking: Jong man gly toe hy met trappies afklim
ʼn Vriend van Callie Erasmus, die jong man wat Saterdag in die vroeë oggendure verdrink het, het met sy selfoonflitslig vir Erasmus in die stikdonker tonnel gelig, terwyl hy met trappies in die skag afgeklim het. Die volgende oomblik was Erasmus skoonveld.
‘Tragiese ongeluk’ op damwal eis jong man
Na verneem word, het die jong man gegly en in ʼn pyp afgetuimel.
‘Cartier’-oorbelle spotgoedkoop verkoop ná foutjie met prys
Hy het ná ʼn maande lange stryd uiteindelik die twee paar oorbelle, wat hy teen $28 elk (sowat R525) gekoop het, ontvang. Die oorbelle kos eintlik $28 000, oftewel sowat ʼn halfmiljoen rand.