‘Tragiese ongeluk’ op damwal eis jong man

Die Hoërskool Wagpos het sy simpatie met Callie Erasmus se familie uitgespreek.

Die Hoërskool Wagpos het sy simpatie met sy familie uitgespreek. (Skermgreep: Facebook)

ʼn Jong man van Hartbeespoort in Noordwes het in die vroeë oggendure van Saterdag verdrink ná ʼn ongeluk by die gewilde damwal.

Callie Erasmus (20) se lyk is gekry sowat ses ure nadat hy in ʼn skag afgeval het. Brigadier Sabatha Mokgwabone, polisiewoordvoerder, sê Noordwes-duikers het Erasmus se liggaam in die rivier gevind. Dit het daar geland nadat sy liggaam onder deur die rivier-uitlaatsluise gespoel het. Die sluise loop in die kanaal uit. ʼn  Geregtelike doodsondersoek is by die Hartbeespoort-polisie geopen en die voorval word ondersoek.

Arthur Crew, stasiebevelvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) op die dorp, het die voorval as ʼn “werklik tragiese ongeluk” bestempel.

Hy was deel van die reddingspan wat Saterdagoggend op die toneel was.

“Ons het die liggaam in die kanaal gevind en toe begin met die proses om dit uit te haal.”

Die span het Erasmus se lyk omstreeks 07:30 gevind.

Maroela Media verneem betroubaar ʼn groep vriende was by die damwal, toe die slagoffer sowat 10 m ver in ʼn skag afgeval het. Dit blyk die deksel of staalrooster bo-op die skag is verwyder en die groep het met die trappies na onder geklim toe die ongeluk gebeur het.

Die jong man het met die pyp afgeval nadat sy voet glo gegly het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

skurweberg ·

Wat sê ‘n mens? As dit nie ‘n puttoilet by ‘n skool is nie, is dit ‘n skag by die damwal sonder ‘n staalrooster/deksel. Wie is te blameer daarvoor?

Aai ·

DIefstal die oorsaak van die jong man dse dood.Sterkte aan sy familie en vriende.

Casper ·

Eerstens moet gevra word wie die staalrooster verwyder het en tweedens hoekom het die groep met die trapped na benede geklim.Ek dink nie die trapped is toeganklik vir die publiek nie.

Bolandse Nooi ·

“… in die vroeë oggendure van ‘n Satedagoggend en ‘n groepie vriende ….” hmmm, dit laat my dink dat die arme slagoffer dalkies nie lekker by sy volle ….eh…. bewussyn was toe die insident gebeur het nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.