Nog twee Uniq-klerewinkels open in Gauteng

Twee nuwe winkels van Uniq, die Shoprite-groep se alleenstaande klerehandelsmerk, het vandeesweek hul deure in Gauteng geopen.

Twee nuwe winkels van Uniq, die Shoprite-groep se alleenstaande klerehandelsmerk, het vandeesweek hul deure geopen: een in die ooste van Pretoria en die ander een in die Sandton City-winkelsentrum.

Die opening van dié twee winkels bring die getal Uniq-winkels op 20 te staan.

Die eerste Uniq-winkel is verlede jaar bekend gestel en het sy deure in die Canal Walk-winkelsentrum in Kaapstad se noordelike voorstede geopen. Items wissel van vroue-, mans- en kinderklere en sluit katoen T-hemde, rokke, breiwerk, broeke, onderklere, oortrektruie en donspofferbaadjies in.

“Bekend vir sy tydlose ontwerpe en premium materiaal bied die handelsmerk ongeëwenaarde gehalte en mode, wat neigings oortref. Winkels bied ʼn verhoogde inkopie-ervaring met goed opgeleide werknemers en vinnige selfbediening,” lui ʼn nuusverklaring.

Klante kan die perfekte kapsule-klerekas skep, met stukke uit die nuwe herfs/winter-versameling wat pas in alle winkels aangekom het.

Checkers se Uniq-klerereeks was ook die eerste plaaslike kleinhandelaar wat besonderse gehalte katoen, bekend as Supima, aan die massamark bekend gestel het.

In die komende seisoen word nóg ʼn materiaal bygevoeg: 100%-merinowol wat sagter en meer verfyn as ander wol is. Die vesels is sag op die vel, liggewig maar warm en sal nie die vel irriteer nie. Die nuwe versameling sluit in gemaklike breiwerk, duursame klere vir die buitelewe en ʼn uitgebreide reeks T-hemde wat bo-oor mekaar aangetrek kan word om mooi koueweer-uitrustings vir die hele gesin te skep.

Uniq roem hom daarop dat hy klante meer waarde vir geld bied.

Boonop het die winkels ʼn selfbedien betaaltoonbank wat beteken klante hanteer self die betalings met die hulp van ʼn skandeerder en rekenaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.