Soveel as 40% van Suid-Afrikaners koop kos op skuld.
Dit is luidens die jaarlikse FinScope Consumer South Africa-verslag vir 2023 wat pas bekend gestel is.
Die syfer het in die afgelope twee dekades skerp gestyg: van 13% in 2003 tot 40% verlede jaar.
Die uitwerking van die voortdurende stygende koste van elektrisiteit beteken ook dat 41% van landsburgers daarsonder klaarkom. Verbruikers sal vanjaar selfs meer noustrop trek nadat Eskom-tariewe onlangs met 12,74% gestyg het.
Daar is 27,3 miljoen, oftewel 61% van landsburgers, wat op skuld koop, hoofsaaklik vir noodsaaklikhede soos kos en klere en om rekeningskuld te delg.
Terwyl groot getalle mense spook om kop bo water te hou toon die jongste syfers dat 86% van die deelnemers aan die ondersoek nie ʼn inkomsteplan ná hul aftrede het nie en 62% van dié wat tussen R9 999 en R20 000 per maand verdien het nie enige finansiële aftreeplanne nie.
Altesaam 7% betaal vir hul eie of ʼn familielid se opvoeding en 21% van die deelnemers koop of bou eiendom om in te woon.
Luidens die verslag kan die land se ekonomie ook nie meer die groeiende bevolkingsyfers wat die arbeidsmark betree absorbeer nie. Pogings in die informele sektor om mense wat nie in die formele sektor met werk geholpe raak nie van werk te voorsien is minimaal.
Een van die gevolgtrekkings wat in die verslag gemaak word, is dat mense worstel met die geldelike las van stygende lewenskoste. Dit raak ook hul finansiële stabiliteit weens verminderde besteebare inkomste. Daarby kan mense weens ʼn gebrek aan geld nie klimaatsverandering-verwante uitdagings aanpak nie en daar behoort gekyk te word na rampbefondsing soortgelyk aan die padongelukkefonds.
Meer as ʼn derde van die land se kredietaktiewe verbruikers, oftewel 15,6 miljoen mense, het in die vorige jaar geld geleen of krediet gebruik om rekeninge te betaal. Dit het weer gelei het tot ʼn styging in persoonlike skuld.
Die peiling toon 44,7 miljoen mense in die land is ouer as 16 en sowat 3,5 miljoen hiervan is buitelanders.
Die werksmark het die afgelope 20 jaar boonop gekrimp, van 47% tot 39%.
FinScope sê reguleerders kan die data van die meningspeiling en bevindinge van die verslag gebruik om beleidshervorming te bepaal, dit na te spoor en te identifiseer en om finansiële diensverskaffers ʼn beter begrip te gee van verbruikers se behoeftes en markgeleenthede.
Alles deel van ANC se plan om 95% van die land se inwoners afhanklikes te maak. Die 5% topverdieners sal die rekeninge betaal. Onder hulle is ook misdadigers.
Klomp syfers en statistieke. Die kort van dit is: ons probeer oorleef te danke aan ‘n magsmal trogvretende ANC wat SA verwoes het. VIVA KADERS!
Dis die een kant van die saak. Die ander kant van die saak is ook dat baie van ons wil kers vashou by die “Jones’se wat lankal Australië toe verhuis het.”
Die grootste huis in die regte buurt, die regte kar met n hengse paaiement, die beste selffoon, brand name klere ens ens.
Dit is diesefde demokrasie waaroor huidiglik vele mense oor spog, apartheid is weg, almal is vry, die meederheid is die leidende party…….. maar teen watse koste??
As jy huur , want jy moet iewers bly, is daar min oor vir kos, skoolfonds. elektrisiteit wat nog te se vir petrol. Die rand is nie veel werd nie.