Pa bly agter tralies ná beweerde verkragting

(Argieffoto: Unsplash)

ʼn 31-jarige man van Brits in Noordwes bly agter tralies nadat hy Sondag in hegtenis geneem vir die beweerde verkragting van sy een maand oue dogtertjie.

Volgens kapt. Aafje Botma, polisiewoordvoerder, het die beweerde voorval Donderdag in die gesin se huis in Krokodildrift-Wes by Brits plaasgevind.

Volgens inligting was die baba se 27-jarige ma besig om buite die gesin se huis kos te maak, toe sy die kind in die huis hoor huil het. Die pa was alleen in die huis by die baba.

“Die ma het gaan ondersoek instel waarom die baba huil en toe die pa en baba naak aangetref. Sy het besef daar is fout,” sê Botma.

Die ma het by die bure hulp gaan soek. Een van die bure het haar te hulp gesnel en die polisie na die toneel ontbied.

“Die baba is na die Brits-hospitaal geneem vir ʼn mediese ondersoek. Sy is in die hospitaal opgeneem.”

Die pa, ʼn Malawiese burger, is in hegtenis geneem vir verkragting en het Maandag in die landdroshof op die dorp verskyn.

Die saak is tot volgende Vrydag uitgestel. Die man bly intussen in aanhouding.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Sue ·

As ek so iets lees wens ek die Here kom haal my net asb. My innige simpatie aan die journalis wat die storie moes saamstel om die lesers intelig.

Catherina ·

Is dit moontlik? Ongelooflik. Aa daar net doodstraf was………

Misky ·

Jou eie vlees en bloed….. onskuldige, pap babatjie van net een maand……… Ek mag nie verder sê wat ek wil nie.

Andre ·

Wed jou hy’s ‘n onwettige immigrant!
Dalk moet deLille ook verduidelik hoekom haar heining nie werk om onwettiges uit te hou nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.