Malema se aanval op landdros ten sterkste veroordeel

Julius Malema (Foto: X)

Judges Matter, ʼn burgerorganisasie, veroordeel ten sterkste die uitlatings deur Julius Malema, leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF), teen landdros Twanet Olivier.

“Kommentaar wat ʼn landdros korrup en onbevoeg noem sonder enige stawing, is ʼn aanval op die gereg en ʼn skending van die Grondwet,” het Mbekezeli Benjamin, navorser van Judges Matter, in ʼn verklaring gesê.

Malema staan tans tereg op aanklag dat hy ʼn vuurwapen in die openbaar afgevuur het. Sy aansoek om die saak te laat vaar is Donderdag in die streekhof in Oos-Londen afgekeur.

Kort ná die uitspraak het Malema gesê landdros Olivier het fouteer in hoe sy voorberei en haar uitspraak gelewer het.

“Nie een van sy bewerings kon gestaaf word nie en hy het ook nie enige bewyse gelewer om dit te staaf nie. Malema het ook niks oor die wettige meriete van die uitspraak gesê nie. Dit is dus moeilik om Malema se uitlatings as enigiets anders as ʼn aanval op landdros Olivier as ʼn geregtelike beampte en die instansie van die gereg te beskou,” sê Benjamin.

Dit is ook nie die eerste aanval teen Olivier nie. Hy het soortgelyke uitlatings gemaak toe sy in Februarie vanjaar ʼn aansoek, om haarself aan die saak te onttrek, van die hand gewys het. Malema het nie appèl aangeteken nie.

“Alhoewel kommentaar van dié aard deur Malema nie aanvaarbaar sou wees van enigiemand nie, is dit selfs nog meer skadelik as dit van iemand van sy statuur kom. Malema, as ʼn lid van die parlement, het ʼn eed afgelê om die Grondwet te beskerm en te bevorder. Hy het ʼn wettige, etiese en grondwetlike plig kragtens artikel 165(4) van die Grondwet om alle maatreëls te volg om die gereg te beskerm. Artikel 165(3) verbied boonop enigiemand om, deur hul woorde of optrede, by die gereg op enige manier in te meng.”

Judges Matter sê alhoewel geregtelike beamptes nie bo kritiek verhewe is nie, moet sulke kritiek altyd gestaaf en geweeg word.

“Trouens, redelike kritiek is een van die noodsaaklike maniere hoe geregtelike beamptes aanspreeklik gehou word vir hul grondwetlike mandaat. Growwe, ongegronde uitlatings bereik egter niks anders as om die respek, integriteit en onafhanklikheid van die gereg te ondermyn nie. Malema, wat vir byna 10 jaar as ʼn kommissaris op die Geregtelike Dienskommissie gedien het, moet deeglik bewus wees hiervan.”

Benjamin voeg by dat Judges Matter staan sterk in die verdediging van geregtelike onafhanklikheid, omdat geregtelike etiek beamptes soos landdros Olivier beperk om aanvalle soos Malema se kommentaar te betwis.

“Indien dit nie betwis word nie, sal Malema se kommentaar ʼn ysingwekkende boodskap aan ander geregtelike beamptes stuur, dat hulle nie durf om uitsprake te maak teen magtige figure wat ʼn groot gehoor het nie. Ons doen ʼn beroep op Malema om dadelik sy betreurenswaardige kommentaar terug te trek en om verskoning te vra daarvoor.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Kokerboom ·

Die nar kort ‘n pak slae wat hy NOOIT sal vergeet. Almal loop katvoet om die ekonomiese verwoester!!

Jakes ·

Tot tyd en wyl die regbank nie vir Malema aanvat oor sy kinderagtige gedrag sal die nar aanhou met sy kinderagtige en belaglike uitsprake.

Carl ·

Sake word jaarliks uitgestel, maar hy sal “dalk” sy dag in die hof kry, al is dit oor 15 jaar.
Die regstelsel is een groot siek grap.

Johann ·

Aandag vraat wat kry wat hy wil hê. Saam met ‘n selfaangewese onverandwoordbaarheid status sê en doen hy net wat hy wil en kom daarmee weg. Tot daai een dag en ding wat hy kwytraak…en dis dalk net vandag oor sy pro HAMAS uitlatings.

Oosieoos ·

Is daar dan niemand wat mal lema vir een en altyd op sy plek kan sit nie. Is almal dan bang vir hom

Arno ·

Jammer Johann. Nie bedoel om op jou post te reageer nie. Wou dit algemeen stel.

Jan Jacobs ·

As iemand se ik hoer as joune is beteken nie hulle is korrup nie, Julius

Althes ·

Die landdros moet n lastersaak maak teen hom. Hy is ñ arrogante mannetjie.

George ·

Malema raas soos n lee blik met klippe in en sy blaf is erger as sy byt…n aandag soeker wat aan dai klein mannetjie sindroom ly

Adriana ·

Hierdie man het geen respek vir enige iemand, want hy het geen selfrespek. Hoop daar is iemand wat hom op sy plek kan sit, want hy saai net verwoesting sover hy gaan met sy grootbek. Hy is ñ disgrace vir humankind.

Deon ·

Hierdie man het n geweldige groot aandeel in ons land se verval. Hy rig skade aan elke keer as hy sy mond oopmaak. Dit is onverstaanbaar dat hy die steun van soveel mense het.

Theresa ·

Hy belowe die son maan en sterre aan hulle sou hy aan bewind kom, en o ja hy sal derduisende poste skep vir al sy ondersteurners

Yvonne ·

In Spreuke word die tipe dwaasheid aangespreek…hoe lank nog moet ons sy opruiende boodskappe hoor????

Di ·

Daar is geen hoop vir hierdie man nie. Weet nie hoe lewe hy elke dag met SOVEEL HAAT in hom nie, dis gaan hom nog verswelg

OW ·

Sy verswelging is oppad.Sy hofsake waar hy aansoek doen vir ter syde stelling, word een na die ander van die hand gewys.

Vriendelike Frikkie ·

Hierdie hele optrede van hom is fyn uitgewerkte choreografie om die massas op te sweep. Hy is in der waarheid ‘n ander mens weg van die podium af. Nie ‘n beter mens nie, maar anders. Sy poppemeesters beheer hom mooi.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.