In hierdie week se nuus uit Hollywood hou die “Mean Girls”-aktrises ʼn reünie, en “Friends” se skrywers spreek hartseer uit.
Lees meerAlles vir Saterdag 4 November 2023
Aussies gee Engelse nóg ʼn bloedneus
Engeland het sy sesde nederlaag van die Wêreldbeker-kriekettoernooi in Indië gely toe sy kolwers nie die mas teen Australië se Adam Zampa en sy makkers kon opkom nie.
Nuwe dinge roep by De Hoop
Net ʼn katspoegie anderkant Bredasdorp in die Overberg wag ongerepte natuurskoon, fietsroetes, wandelpaaie en ʼn uitstappie na ʼn aasvoëlkolonie op jou.
VRK-reeks: Bulls kook, maar laat vier drieë deur
Om vier drieë teen een van die melkkoeie in die reeks af te staan, is nie goeie leesstof nie.
Lichtenburg (weer) weke kragloos
Lichtenburg se jongste kragkrisis het reeds op 15 Oktober begin toe weerlig een van die substasies uitgeslaan het. Die dorp sit nou reeds drie weke sonder elektrisiteit.
Reën stuit Pakistan nie in sy spore
Pakistan staan ʼn realistiese kans om vir die halfeindstryd van die Wêreldbekertoernooi te kwalifiseer nadat hy Nieu-Seeland met 21 lopies volgens die DLS-metode geklop het.
Kirstenbosch Nasionale Botaniese Tuin as beste in Afrika aangewys
Die toekenning gee erkenning aan volgehoue toewyding tot uitnemendheid en uitmuntende prestasie in die luukse reisbedryf oor die wêreld heen.
Meer as 130 mense sterf in aardbewing in Nepal
Beeldmateriaal wat op sosiale media geplaas is, wys hoe plaaslike inwoners in die donker deur die puin grawe om oorlewendes uit ineengestorte huise en geboue te trek.
‘Afrikaner moet Westerse krisis help oplos’
Kenners meen die Afrikaner is veral goed geposisioneer om die Westerse kultuur en tradisies te laat voortleef.
250 dakloos na 45 hutte by Plastic View brand
Nooddienspersoneel is net ná 04:30 na die toneel ontbied. Hulle het met hul aankoms op die toneel verskeie brandende hutte aangetref en dadelik met brandbestryding begin.
Twee vermeende bankkaartdiewe in Welkom vasgetrek
Kapt. Stephen Thakeng, polisiewoordvoerder, sê lede van Welkom se honde-eenheid is omstreeks 07:00 oor die verdagtes ingelig wat glo in ʼn silwer sedan gery het.
Kyk: Oud-SA polisieman nou Oekraïense soldaat
Peter Fouché het vir Maroela Media gewys wat sy werk aan die Oekraïense oorlogsfront behels.
Moontlike uitbreking van bek-en-klouseer in Noordwes aangekondig
“Epidemiologiese ondersoeke is aan die gang om die teenwoordigheid of afwesigheid van virus-sirkulasie te bevestig.”
Vasbyt-uitdaging toets deelnemers se staal
“Dit was seker die moeilikste ding wat ek nog in my lewe gedoen het.”
Stormers, Sharks delf onderspit oorsee
Die Glasgow Warriors en die Ospreys was Vrydagaand te sterk vir die Stormers en die Sharks.
SA se eerste sojabone na China
Die transaksie strook ook perfek met die doelwitte van die landbou-en-agro-verwerkingsmeesterplan (Aamp) en die verbintenisse wat onlangs by die BRICS-beraad aangegaan is, het Didiza gesê.
Djokovic rol Rune dié keer in Parys
Novak Djokovic se laaste nederlaag op ʼn tennisbaan was teen Carlos Alcaraz in ʼn titaniese Wimbledon-eindstryd.
Drie vas wat glo diesel steel
Die verdagtes, onderskeidelik 28, 33 en 44 jaar oud, sal na verwagting Maandag in die Harrismith-landdroshof op aanklag van diefstal verskyn.
SA’ners se tegnologie vir haaie in Bahamas gebruik
ʼn Slim uitvindsel van ʼn span mariene bioloë aan die Universiteit Stellenbosch verseker dat haaie ver weg van mense in die see gehou word, sonder om die haaie in gevaar te stel.
Huldeblyke stroom in ná Michaelhouse-leerling skielik sterf
Reëlings is getref om hom na die Hilton Life hospitaal te neem. Hy het egter kort daarna ineengestort.