“Wanneer twee bulle baklei, ly die gras daaronder. Die studente van Unisa is diegene wat sal ly as die voortslepende stryd voortgaan.”
Lees meerAlles vir Woensdag 1 November 2023
Twee vroue, agt geslagte uitmekaar by VTM
ʼn Matriekleerling aan die Afrikaanse Hoër Meisieskool in Pretoria wou haar matriekafskeid, wat ʼn klein oomblik in haar lewensreis is, gebruik om dit met die stories van haar voorgeslagte te verweef.
Geen borgtog vir dié wat glo Wits-student ontvoer
Sewe verdagtes het na bewering foto’s van hoe die student aangerand en vasgebind is, aan sy familie gestuur in ʼn poging om geld uit hulle te kry.
‘ANC het SA tot bankrotskap regeer,’ sê opposisie
Die bekendmaking van die mediumtermyn-begrotingsraamwerk (MTBR) het volgens opposisiepartye onderstreep dat die ANC Suid-Afrika in die afgrond in bestuur het, en nou skarrel om dit reg te stel deur die las op Jan Burger te plaas.
Briljante Proteas mors met Kiwi’s
Die Proteas se swaargewig-kolwers haal eerstens die fut uit hul teenstanders se seile, waarna die boulers vir die uitklophou sorg.
Hof keer besluit om oor Unisa-administrasie
Die hof het beslis dat die besluit om die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa) onder administrasie te plaas “onwettig” was.
Video: Duisende borskankerlyers ontvang gebreide prosteses
Kranige breiers het landwyd kragte saamgesnoer om 2 700 vroue wat ʼn mastektomie moes ondergaan, van gebreide borsprosteses te voorsien.
Minister sê niks van reddingsboei aan Transnet
Godongwana het vanmiddag bevestig dat Eskom R254 miljard se skuldverligting van 2023 ’24 tot 2025 ’26 aan byna 30 munisipaliteite toegestaan het.
Jonge Niamh sing Kerslied vir goeie doel
“Ek het juis Reach for a Dream gekies om baat te vind by die lied omdat die organisasie ’n onvergeetlike verskil maak in die lewens van kinders met lewensgevaarlike siektes – kinders wat baie dikwels Kersfees in die ‘onbekende’ moet deurbring,”
Al meer geld uit, al minder in – minister
Minister Enoch Godongwana sê stygende jaarlikse begrotingstekorte het nou ’n vlak bereik waar die regering gemiddeld R553 miljard per jaar oor die mediumtermyn wil leen.
ToekomsVenster: Moenie nou moed verloor nie
God is steeds op die troon. Moenie te gou moed verloor nie.
Skole moet self las van kragvoorsiening dra
“Die huidige omstandighede in verband met die kragkrisis in ons land dwing skole om sélf vir hul kragopwekkers, sonpanele, brandstof en batterye te betaal om die ligte aan te hou.
Tyd knyp in Afrikaans-vraestel 1
Jana Terblanche, hoof van GeRAT, die Afrikaanse vakvereniging van die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS), gee toe dat hierdie vraestel ietwat uitdagend was.
Triumph Tiger 900 opgekikker vir 2024
Triumph het verder die bakpanele herontwerp om die Tiger ’n meer vloeiende ontwerp te gee. Daar is nou ook drie nuwe verfskemas om uit te kies.
‘Terug kantoor toe,’ sê grootbase
Die meeste aspekte van die lewe het egter intussen na normaal toe teruggekeer en uitvoerende hoofde in Suid-Afrika meen dit is tyd dat werkers weer voltyds by die kantoor aanmeld.
Springs-myn: Myners sal stem tussen NUM en Amcu
Gold One-mynwerkers betrokke by verlede maand se beweerde gyselaarsdrama wil nou stem watter vakbond die septer by dié myn in Springs sal swaai.
No. 4 vir Quinton!
Met sy vierde Wêreldbeker-honderdtal het Quinton de Kock nou reeds 545 lopies in sy sewe wedstryde teen ʼn gemiddeld van 77,85 gemoker.
Goeie Ekonomie-onderwyser maak matriekvraestel moeiteloos
Matriekleerlinge het Dinsdag landwyd hul tweede vraestel in die Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen afgelê.
Sam Cane ‘aangenaam verras’ oor steun, selfs ná rooi kaart
’n Klein skare ondersteuners het die All Blacks Woensdag met hul tuiskoms by die Auckland-lughawe ingewag.
Vasseur glo Ferrari is op die regte pad
“So saam met die voorste wegspringplek is ʼn derde en vierde plek glad nie ʼn slegte uitslag nie. Ons het heel goed die naweek gevaar.”