‘Terug kantoor toe,’ sê grootbase

(Foto: Cristian Tarzi/Unsplash)

Toe die Covid-19-pandemie die wêreld meer as drie jaar gelede getref het, het miljoene werkers hul rekenaars opgepak, huis toe gegaan en sedertdien nog nie weer vir ʼn volle werksweek by die kantoor aangemeld nie.

Afstandwerk was voor die Covid-19‑pandemie nie juis algemeen in Suid-Afrika nie en maatskappye is in dié tydperk gedwing om ʼn buigsame werkbeleid in werking te stel.

Die lewe het intussen grootliks na normaal teruggekeer en uitvoerende hoofde van Suid-Afrikaanse ondernemings meen dit is tyd dat werkers weer voltyds by die kantoor aanmeld.

Volgens Julien Raze, direkteur van Michael Page Recruitment Africa, toon een van hul onlangse opnames dat slegs 26% van die respondente voor die krisis die vryheid gehad het om van die huis af te werk.

“Tydens die pandemie het die getal werknemers wat tuis werk, dramaties toegeneem. Altesame 79% van die respondente sê hulle kon tydens die pandemie van die huis af werk.

“Die pandemie het tot een van die grootste buigsame werkseksperimente nóg gelei”, sê hy.

Volgens KPM se CEO Outlook-verslag vir 2023, meen die meeste uitvoerende hoofde egter dat werknemers oor die volgende drie jaar weer voltyds terug by die kantoor sal wees.

“Die meerderheid van Suid-Afrika se uitvoerende bestuurders is selfs bereid om aansporings te verskaf vir diegene wat van die kantoor af werk.

“Dit is meer as drie jaar sedert die begin van die pandemie; die hibriede werksmodel was destyds die mees lewensvatbare opsie, maar dit is stadigaan besig om te verander.

“Altesame 72% van die land se hoof- uitvoerende bestuurders glo dat die werksomgewing binne die volgende drie jaar na die voor-pandemiese werkswyse sal terugkeer. Altesame 87% van hierdie hoofbestuurders is selfs bereid om werknemers wat van die kantoor af werk, aan te spoor deur hul van gunstige opdragte, verhogings of bevorderings te voorsien,” lui die verslag.

“Hierdie bevindinge strook met hoof- uitvoerende bestuurders wêreldwyd. Die meerderheid (64%) van hulle verwag dat daar ʼn volle terugkeer na die kantoor in die volgende drie jaar sal wees.”

Die siening het egter tot ʼn mate ʼn debat ontlok aangesien hibriede afstandwerk onder die meerderheid werkers voorkeur geniet – veral jonger werknemers.

“Die jonger arbeidsmag geniet die outonomie en buigsaamheid wat gewoonlik deur afstandwerk gebied word. Die meeste hoof‑ uitvoerende bestuurders is egter bereid om mense wat van die kantoor af werk, daarvoor te vergoed.

“Dit is egter van kardinale belang dat leiers ondersteunend in hul benadering bly en die behoeftes van werknemers in ag neem.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Goldy ·

Probeer top produktiewe tegnologiewerkers oortuig om vir ure elke dag in die verkeer te sit dan praat ons weer. Net as jy bereid is om hulle daarvoor dubbel en dwars te vergoed.

John ·

Ek stem. Selfs dan is die moeilik agv buitelandse maatskappye wat agter ons talent aan is – en die voordele wat hulle bied is net nog soveel meer.

Fanie ·

Amen – ek is ‘n senior tegnologie werker – en ek het jare gelede die baklei gehaad – waarom moet ek daagliks vir 4 ure tussen PTA en JHB in die verkeer sit… ek kan eerder bietjie later wegspring by die huis, en reguit na my kliente ry – wat nie een in JHB is nie.

Diets ·

DN gelukkige werker is ‘n produktiewe werker. As ‘n persoon van die huis af kan werk, hoekom nie? Om my werker te help tydens covid tyd, het ek uncapped wifi en solar panels laat insit. Ek kon, want ek het gespaar aan duur diesel. Nou wil hul dalk he ek moet teruggaan kantoor toe (voltyds) en my verander in ‘n ongelukkige werker. My bloed kook sodra ek die verkeer aandurf. Daar is nie reels op die paaie nie. Nee asb. los my by die huis.

Republikein in die Wes Kaap ·

Nou wat moet werkers op kantoor doen indien hulle werk by die huis kan doen? Selfs vergaderings is aanlyn gedoen gedurende Covid. Minder kantoorruimte, krag, water en brandstof word gebruik. KI gaan die wêreld op sy kop keer. Base moet bykom.

Wildemien ·

My teorie is dat dit die base is wat juis nie veel werk as hulle kastig van die huis af werk nie. Daarom dink hulle die hele maatskappy maak ook so!

Althes ·

Ek glo dat waar moontlik maatskappye dit moontlik maak vir werkers om tuis te werk, ñ beter opsie is.
Daar is baie werkers wie ñ ernstige mediese kondisie het en laat hul tuis werk indien maatskappy se werksdinamika dit toelaat.
Van groit maatskappye se kollegas is soms ingebondel in klein werkspasies wat maak dat aansteeklike siektes uitbroei en afwesigheid aanhelp.

Riaan ·

Sommige mense het eenvoudig nie die werksetiek om van die huis af te werk nie, dit is een lang betaalde vakansie vir hulle.

Juanita ·

Vir die gene wat steeds van die huis af werk is dit ‘n voorreg nie ‘n reg nie. Toe jy aansoek vir jou werk gedoen het, het jy ingestem om daagliks op kantoor te werk ongeag van brandstog, verkeer en ongelukkigheid. Dit is die normale ding om te doen. Daar is baie mense daar buite wat werk soek en al te graag die verkeer sal aandurf net om ‘n werk te hê. Almal moet maar brandstof betaal en oral is mense ongelukkig in hulle werk, maar as jy die inkomste nodig het, doen jy wat van jou verwag word. Dit was vir my aaklig om terug werk toe te gaan na inperking maar ek moes maar net.

A.S ·

Ek stem 100% Juanita, jy kon dit nie beter gestel het nie. Niemand wil in verkeer sit, “ongelukkig wees op kantoor” of brandstof betaal nie maar ons moet!

Anel ·

Wat my dronk slaan is dat dit altyd die werkgewer is wat aan die agterspeen moet suig. Alles moet net volgens die werker gaan. Wie betaal die salaris? As jy nie gelukkig is nie, vat die pad en kry ander werk. Daar is duisende wat werk soek, maak nie saak wat die omstandighede. Jy het aansoek gefoen vir die werk, niemand het ‘n vuurwapen teen jou kop gesit en gesê jy moet die werk vat nie. En alle werke kan nie van die huis af gedoen word nie! Mense kla so maklik met die witbrood onder die arm!!!

Republikein in die Wes Kaap ·

Ja, daar is miljoene wat werk soek. Maar min van hulle het die skills. En dan is hulle nie noodwendig produktief nie. Firmas sal heeldag hire en fire.

Owlie ·

Sedert Covid 19 wat mense tuis begin werk het was sulke werknemers baie meer produktief aswat hulle heeldag op kantoor is. Al die vergaderings in verskeie lokale vat onnodige lang tye in beslag, diegene wat rook moet uit hul kantore gaan om te gaan rook, werknemers spaar tyd deur vroeer te begin werk en nie onnodige lang tye in die verkeer vas te sit nie en daarmee saam in werknemers gesonder want dit us sekerlik bewys dst om tussen alle kieme, aircons, geen vars lug te werk dra baie viruses. Verder het alles duurder geraak maar salarisse en voordele het konstant gebly. Besighede het nie die modems, internet koneksies en ekstra hulp middele betaal om n goed in gerigde tuus kantoor op te stel nie. Iewers is iemand wat duidelik nie werk het om te doen nie en te veel tyd hetbom hierdie nonsens van terug kantoor toe uit te dink. Roep diegene wat nie hul werk reg doen nie terug kantoor toe en los die wat harder as ooit werk.

otter ·

Hulle moet nou begin besef dat tye het verander. Jy kannie nou net vir die mense se , hey pakop en kom terug werk toe nie. Lewe is baie anders as was dit was voor Covid. Ons was daai tyd geforseer om van die huis af te kom werk toe kon jy nie kies nie. Nou het dinge so verander dat as jy kinders op skool het , moet hulle gehaal word en na gekyk word . Lewe het intussen so duur geword dat die luxury vanafter care nie meer bestaan nie . Ons moes aanpas , dit is nou tyd dat die werke aanpas en besef dat dinge nie meer dieselfde is nie. Hybrid werk vir baie mense en om dit nou eweskielik weg te vat gaan nie goed afgaan nie juis omdat die lewe so duur geraak het en juis omdat mense moes pay cuts vat net om hul werk te hou. So indien julle n sucker het om daai mense te replace sal ek se hou vas julle getroue werknemers want die jonger geslag van vandag , gaan julle mee sukkel !!!

Republikein in die Wes Kaap ·

Korrek! Die werkplek verander en firmas gaan oor ‘n dekade anders lyk en funksioneer. Diè wat aanpas sal die room van die werkerskorps kry. Die res sal met die tweede span tevrede moet wees. Van hierdie werkers sal nie eers behoorlik op kantoor onder toesig kan funksioneer nie.

KB ·

Suid-Afrikaners oor die algemeen het nog nie geleer wat “verantwoordelikheid” is nie. Mens behoort slegs van die huis af te mag werk indien jy verantwoordelik is, anders behoort jy deurentyd onder direkte toesig te werk. Verantwoordelikheid loop hand aan hand met goeie opvoeding en positiewe beginsels. Dis juis hier waar die deursnee Suid-Afrikaner tekortskiet.
Ek het net een boodskap vir Suid-Afrika:
“Word wakker, gee jou beste!”

A.S ·

Ek kan gladnie verstaan hoekom mense nogsteeds van hul huise werk nie….ons het net vir ‘n maand (in lockdown level 5) van die huise af gewerk en daarna het almal terug gekeur werk toe, seker maar baie gelukkig maar ons het nie een werknemer verloor nie… Daar is beslis baie van julle… maar ek twyfel of almal so produktief is by die huis soos op kantoor. Vir BAIE is dit basies ‘n vakansien waarwoor jy betaal word!!

Misky ·

Ek stem saam met jou A.S. My bure (man en vrou) werk vanaf Covid af by die huis en ek hoor tydig en ontydig is hulle by die mall of strand gedurende werksure. As ek middae na werk by die huis kom, hoor ek hulle is al lekker onder die prop. Geoonlik verskoning van “loadshedding en sein swak” en dan sal hulle terugkom na kliente wat nooit gebeur nie. Ek weet daar is baie wat nie misbruik maak van die geleentheid nie, maar ongelukkig is daar baie kansvatters in die lewe.

Manie ·

Die inperking was buitengewone omstandighede waartydens mense toegelaat is om vanaf hul huise te werk indien moontlik, maar alles is terug na normaal. Werkgewers kan nie uitsonderings maak oor wie vanaf die huis kan werk en wie op kantoor moet wees nie, anders gaan hulle met groot ongelukkigheid in die werksplek opgeskeep sit. Ek wil nie agter ‘n werknemer aan bel om aangeleenthede te bepreek nie, ek wil hom/haar in die oë kyk.

Maryke ·

Met behulp van MS Teams kan jy nog steeds jou werknemer in die oë kyk.

Smirre ·

My vervoer koste werk toe en terug het maklik met 30% plus toegeneem (brandstof pryse, tolgeld, motor onderhoud en so meer) my salars het nie soveel gestyg, dus gaan ek slegter af wees. Ek werk baie langer ure nou van die huis af as op kantoor want ek is mos beskikbaar. Mens moet maar kyk na individuele gevalle en nie almal onder dieselfde kam skeer. Interaksie met sekere kolegas wys my egter eerder dat hulle eerder op kantoor moet wees onder toesig.

Theresa ·

Ek het voor die epidemie van die huis gewerk, en het verkeersknope so ontduik, my afsprake word vanaf my huis gedoen, en is steeds in my eie kantoor in my huis, ons kantore bestaan nie meer nie, almal werk tuis en dit gaan goed…

Maryke ·

Dit wil voorkom asof bestuurders nie gelukkig is tensy hulle heeldag in jou nek blaas nie. Micromanagement dryf my teen die mure uit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.