Meer as 3 000 soldate is ontplooi om misdaad met betrekking tot onwettige mynbou te help bekamp.
Lees meerAlles vir Donderdag 9 November 2023
Lichtenburg-erfenisskatte nou deur FAK bewaar
Verskeie kosbare kultuurskatte is weens die brand verlore, onder meer briewe van Siener van Rensburg en ʼn bronsbeeld van genl. Koos de la Rey wat in die slag gebly het.
Vrae oor oorsprong van EFF-geld aan AfriForum
Die bewys van betaling van meer as R300 000 vir AfriForum se regskoste is volgens AfriForum duidelik vervals.
Witseerkeel breek uit in tronk
ʼn Gevangene van die Pollsmoor-gevangenis in die Wes-Kaap is dood en verskeie ander het intussen positief getoets vir die siekte.
Phala Phala: Soedanees se buffels teel al aan
“Sodra die stof oor hierdie hele ding gaan lê het, sal daar na Mustafa uitgereik word oor sy buffels en die deposito wat hy daarvoor betaal het.”
ToekomsVenster: Sy guns speel verskillend uit
Dit beteken nie dat God gunstelinge het nie. Sy guns speel verskillend uit in verskillende mense se lewens.
Korrupsie is ‘ANC se grootste mislukking’ – Ramaphosa
Pres. Cyril Ramaphosa het vandeesweek erken dat die ANC misluk het om ná apartheid ʼn “nuwe era van integriteit, eerlikheid en etiese optrede in te lui”.
Nuwe party wil droom vir Kaapse onafhanklikheid bewaarheid
“Wanneer regerings versuim om na hul kiesers te luister, is ʼn revolusie die enigste oplossing.”
Wiele2Wiele ry met Omoda, Vitz en GLC Merc
In hierdie week se episode van Wiele2Wiele was daar drie uiteenlopende padtoetse – die futuristiese Chery Omoda C5, die bekostigbare Toyota Vitz-buksie en die Mercedes-Benz GLC 300d, met sy uitstekende dieselenjin.
Proteas moet terug op momentumtrein teen Afghanistan klim
“Dit is baie lekker om Afghanistan se vordering in die Wêreldbeker-toernooi dop te hou. “Hulle het reeds ʼn paar van die groter spanne ore aangesit.”
Dis-Chem erken ‘daai brief’ kom hom duur te staan
Die apteekgroep Dis-Chem het vir die eerste keer erken dat die gewraakte brief – waarin ʼn moratorium op die aanstelling en bevordering van wit werkers geplaas word – hom duur te staan gekom het.
Hoe verklaar ons skielike gelaatsverlamming?
Daar is baie siektes en kondisies waaraan mense kan ly waaroor ons moontlik net so onkundig is as die ouer garde. Al wat dit van ons vra, is ʼn bietjie moeite om onsself beter in te lig en empatie met die lyers. Dit kan met enigeen van ons gebeur.
Polisie weier glo om sterwende toeris te help
Familie van die Britse sjirurg wat in Suid-Afrika vermoor is, sê die polisie in Nyanga het geweier om ʼn ambulans vir die sterwende dokter te ontbied óf die familie na veiligheid te help.
Dorp wil hê inwoners moet mekaar begin groet
“Om hallo te sê vir jou bure is iets klein, maar navorsing wys dit kan ʼn bydrae lewer tot vriendskapsbande en het ʼn positiewe impak op gesondheid, veiligheid en welstand.”
Jy moet oopkop vir stomende ‘Oop deure’ wees
Hulle is twee heeltemal uiteenlopende persoonlikhede maar hulle het heerlik saam aan hul nuwe verhoudingsroman “Oop deure” geskryf.
Taaltoffie: Hoe gemaak met taalboelies?
Sommige mense is so op keurige taal gefokus dat hulle salig onbewus van die tientalle foute is wat in hulle eie taalgebruik opduik. Karien Brits noem hulle “taalskoorsoekers”.
Jake, Bulle gee Duane klop op skouer
“Duane Vermeulen is ʼn speler wat nie net met ongelooflike werketiek spog nie, maar ook oor die vermoë beskik om die gang van ʼn wedstryd binne ʼn oogwink te verander.”
Fikile lê klag oor omkoopbewerings teen hom en ministers
Die omkoopbewerings hou verband met ʼn Werkloosheidsversekeringsfonds (WVF)-kontrak vir ʼn werkskeppingsprojek ten bedrae van R5 miljard.
Galthié sê Frankryk ‘rouְ’ ná Bok-nederlaag
In een van sy min mediasessies ná Frankryk se kwarteindstryd-nederlaag teen Suid-Afrika op die Stade de France, het Fabien Galthié erken dat die uitslag nog vir lank by hom gaan spook.
Charles blaas verjaardagkersies uit sonder Meghan, Harry
Dié nuus kom te midde van die voortslepende vete tussen prins Harry en lede van die koninklike familie.