Nuwe party wil droom vir Kaapse onafhanklikheid bewaarheid

(Foto: Janice du Plessis/Maroela Media)

Die doel van die nuwe Referendum Party is eenvoudig: Om genoeg politieke druk te skep om die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, te dwing om ʼn referendum oor Kaapse onafhanklikheid uit te roep.

Só sê Phil Craig, woordvoerder van die Kaapse Onafhanklikheidsvoorstandersgroep (CIAG) en leier van die nuwe politieke party wat Donderdag amptelik in Wellington in die Wes-Kaap bekendgestel is. Die geleentheid is regstreeks uitgesaai.

Maroela Media het vroeër berig CIAG het in Oktober vanjaar die stigting van die Referendum Party aangekondig – ʼn enkelsaakparty vir burgers van die Wes-Kaap wat Kaapse onafhanklikheid ondersteun.

Dit volg ná die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, in ʼn brief op ʼn skriftelike versoek van die CIAG – vir ʼn referendum oor Kaapse onafhanklikheid – gesê het hy glo nie dat die Wes-Kaap onafhanklik van Suid-Afrika moet wees nie.

“Wanneer regerings versuim om na hul kiesers te luister, is ʼn revolusie die enigste oplossing,” sê Craig.

“ʼn Onafhanklikheidsreferendum is nie deel van die DA se politieke planne nie, maar in ʼn demokrasie kan jy nie lank vir die stem van die kiesers wegkruip nie.”

ʼn Peiling wat in Augustus vanjaar deur Victory Research namens die CIAG uitgevoer is, dui aan dat 68% van die Wes-Kaapse kiesers, en 79% van die Wes-Kaapse DA-kiesers, ʼn referendum steun.

“Die mense van die Wes-Kaap het genoeg gehad. Die meerderheid van die kiesers in die provinsie het nog nie een keer vir die ANC gestem nie, hulle is moeg daarvoor om deur gierige, onbevoegde en korrupte politici gelei te word.

“Wanneer die DA uiteindelik toegee en ʼn referendum oor Kaapse onafhanklikheid uitroep – soos hulle uiteraard gedwing sal word om te doen – sal die Wes-Kapenaars vir hul onafhanklikheid stem,” sê Craig.

Phil Craig, leier van die RP (Foto: Janice du Plessis/Maroela Media)

Hy meen kiesers in die Wes-Kaap sal in 2024 twee moontlike vooruitsigte hê om van te kies.

“In een van die vooruitsigte bly die Wes-Kaap deel van Suid-Afrika. Dus, wanneer Suid-Afrika ʼn mislukte staat word – wat ongelukkig onvermybaar is – sal dit die Wes-Kaap saam met die res van die land vervalle laat raak.

“Die ander opsie is vir die Wes-Kaap om weg te breek van Suid-Afrika en beheer oor sy eie lot te neem. Die provinsie sal beter regeer word en beter beleidskeuses maak, waarna dit uiteindelik ʼn florerende en suksesvolle eerstewêreldland sal wees.”

Hy sê baie kiesers begin nou eers begryp dat ʼn stem vir die DA ook ʼn mislukte staat tot gevolg sal hê.

“In die Wes-Kaap sal dit net ʼn bietjie stadiger gebeur. Dit is nie omdat die DA die Wes-Kaap swak bestuur nie, maar omdat die DA – vir byna al die belangrikste besluite – glad nie ʼn sê oor die provinsie het nie.

“ʼn DA-regering in Kaapstad gaan ons nie red as ʼn ANC-regering in Pretoria al die beleidsbesluite neem nie,” sê Craig.

Muhammad Yusuf, lid van die uitvoerende komitee van die Referendum Party, sê die huidige situasie in die land is onvolhoubaar.

“Ons het al hoe meer ekonomiese migrante wat na die Kaap vlug, terwyl al hoe meer gegradueerdes, professionele persone en belastingbetalers emigreer.

“As ons nie drastiese veranderinge meebring nie, sal ons ʼn kantelpunt bereik waarvan ons nooit sal herstel nie. Die Wes-Kaap sal Suid-Afrika se lot deel.”

Yusuf sê Kaapse onafhanklikheid bied ʼn “beter” toekoms. “ʼn Toekoms waarin ons en ons kinders in die Wes-Kaap wil bly eerder as om te emigreer, en ʼn toekoms waar baie van diegene wat reeds geëmigreer het, wil terugkom.”

Yusuf sê as deel van sy verkiesingsbelofte beloof die party onherroeplik om saam met die DA te stem om hulle in staat te stel om ʼn Wes-Kaapse regering in 2024 te vorm.

“ʼn Stem vir die Referendum Party is ʼn stem vir ʼn DA-regering met ʼn referendum oor Kaapse onafhanklikheid. Ons sal seker maak dat die DA-regering na Wes-Kaapse kiesers oor Kaapse onafhanklikheid luister.”

Yusuf sê ongelukkig kan die hele Suid-Afrika nie gered word nie en dit is ook nie die Wes-Kaap se plig om dit te doen nie.

Baie meen dit is ook nie die moeite werd om te wag om te sien of die veelpartykoalisie slaag nie.

“Al die vrygestelde peilings toon dat die veelpartykoalisie op sy beste tussen 30% en 40% van die stemme in 2024 op hom sal verenig. Die koalisie sal dus ver tekort skiet aan ʼn nasionale meerderheid. Sodoende sal ons heel moontlik ons ​​laaste kans op ʼn eerstewêreld-toekoms verloor.”

Uitvoerende komitee van die Referendum Party. Van links: Jordan Schouw, Phil Craig, Muhammad Yusuf, Donald Brown (Foto: Janice du Plessis/Maroela Media)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Andre ·

…daar is ‘n beter kans dat Julius ‘n verantwoordelike burger sal word!

ekweetniks ·

gee kans kerels ek wil eers vir my ‘n huisie daar koop voor julle nou die hoener wil ruk

electricmango ·

Sterkte hopelik sal julle slaag met dit wanr die res van die land is nog op die bucket system

Anonymouse ·

Kersfees kom vroeg vir die ANC die jaar. ‘n Nuwe Wes Kaapse party om die DA se stemme te verdeel.

Staal ·

Ag liewe Vader ja, nou dink hy seker hy is Moses. Presies wat die ANC wil hê. Waarom is party van ons mense so ” gullible” om die bollie van al hierdie nuwe pikkewyntjies te glo nie. As julle ou nuwe partytjie nie tevrede is hoe dit in die Wes-Kaap gaan nie, kom bietjie Bloemfontein toe en ervaar werklike verval. Skud daai lot tog ‘n bietjie wakker!!

annie ·

Mr Craig hoop ons Afrikaners het die afgelope eeubop ons kop geval. Nee ons het nie!

Stephen ·

Dit is nie n vergesogte idee nie. Solank die party nie die stemme verder verdeel nie, wat sal veroorsaak dat die ANC en EFF eerder bevoordeel sal word.

tweeling ·

Julle het natuurlik al die mense op die Kaapse Vlakte ingesluit in julle opname, hiu op om julle hooghartig te hou en pas aan

Republikein in die Wes Kaap ·

Tweeling, wat bedoel jy met “pas aan”? Dat ons maar net ons lot aanvaar? Geen soeke na moontlike oplossings nie. Indien ons by daai punt is kan ons ook ophou kla oor alles wat verkeerd gaan in die land. Solank ons net belasting betaal. Selfs Solidariteit kan dan sy deure sluit. En Orania moet boedel dan oorgee. Nee, ons moet oplossings vind en bly veg.

Kneh Mokenah ·

Ek stem saam met die beginsel van onafhanklikheid, maar oeps…….nee dankie.

annie ·

Craig probeer om stemme in volgende jaar se verkiesing te verwar. Die Kaap gaan die groot twispunt word waar rus en vrede nooit weer sal heers nie… Die Kaap van Storms.

Rounette ·

Dit gaan nir maklik wees nie, maar sal dit nir fantasties wees indien dit WEL sal kan gebeur nie? Hulle dui juis spesifiek aan dat hulle deel sal uitmaak van DA. Dis was ons nodig het. Hoop! Hoop vir ‘n beter toekoms vir ons kinders …

gatgogga ·

Dit sal nie die stem verdeel nie. Na die verkiesing kan die afstig-stemme tog saam met DA gevoeg word, net soos al die ander alliansie vennote s’n. As ons die Kaap onafhanklik kan kry, dan het ons ‘n heenkome vir ons kinders. Goed. dit sal nie maklik wees nie, daar sal baie teenkanting oorkom moet word, ook vanuit eie geledere. Maar die dae dat die Afrikaner alles maklik en sonder moeite gaan kry, is verby. Besef dit, en probeer dinge regmaak, vir ons nageslag.

Republikein in die Wes Kaap ·

Die stryd vir onafhanklikheid word vanuit verskeie fronte gevoer. Craig en sy span wil net die DA, en Winde in besonder, in ‘n blik druk. Die sal steeds die WK behou. Maar die boodskap is dan uit. Die RP wil ook aan die nasionale verkiesing deelneem en wil federalisme daar bemark. Veral etniese gemeenskappe in die Noord-Kaap stel belang. Daar is ander organisasies wat aan die detail vir onafhanklikheid werk, ook sakemense en boere. Migrante stroom na die WK vir ‘n beter lewe. Die WK is ‘n genadelose streek en niemand hier wil aan die elemente uitgewer wees nie. Die steun vir onafhanklikheid groei. Selfs MM se peiling toon dat 72% lesers dit steun.

Goldy ·

Die Zoeloes in Natal is baie lus vir selfregering ook. So ook boere en baie gemeenskappe in beskaafde stukke, die party kan die hele land se beskaafde gemeenskappe wat gered wil word nog red.

Goldy ·

Die DA gaan boet vir Winde se skielike besluit om hulle belofte te breek. Weskapenaars met geld wat nie wil emmigreer nie gaan nie weer vir die DA se beloftes val nie.

Kokkie ·

Die DA in die Weskaap wil steeds aan die ANC se rokpante bly vasklou. Kan iemand dalk vir ons sê watter persentasie van die belastinggeld van die WK gaan na die nasionale regering ? As ons die status quo behou, kan ons ons nie losmaak van die ANC se oorhoofse regering nie. Met ander woorde sleutelbesluite soos onderwys, polisiëring, en talle meer, sal steeds deur korruptes soos Angie Motshekga en Cele aan ons opgedwing word. In die verkiesing van 1983 het Suid-Afrikaanse kiesers die land op die pad van verval geplaas. Nou het ons ‘n finale geleentheid om toestande in ons land te begin omkeer. Gaan ons dit sowaar weer verspeel ?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.