Kaapse onafhanklikheid: Nuwe party gestig

Kaapstad (Argieffoto:
Pixabay)

Die Kaapse Onafhanklikheidsvoorstandersgroep (CIAG) het Donderdag die stigting van die Referendum Party aangekondig, ʼn enkelsaakparty vir burgers van die Wes-Kaap wat Kaapse onafhanklikheid ondersteun.

Phil Craig, woordvoerder van CIAG, sê die Referendum Party sal in die komende weke bekend gestel word.

Craig het wel reeds gesê die party se hoofboodskap sal wees dat dit nie saak maak hoe goed ʼn DA-regering in Kaapstad presteer nie “as al die belangrike besluite deur ʼn ANC-regering in Pretoria geneem word”.

“As jy nie die beleid beheer nie, kan jy nie die uitkoms beheer nie. Sonder Kaapse onafhanklikheid sal die Wes-Kaap uiteindelik Suid-Afrika se lot deel,” verduidelik Craig.

Maroela Media het vroeër berig ʼn peiling wat in Augustus 2023 deur Victory Research namens CIAG uitgevoer is, dui aan dat 68% van Wes-Kaapse kiesers, en 79% van Wes-Kaapse DA-kiesers, ʼn referendum ondersteun.

Die Wes-Kaapse premier Alan Winde glo egter nié dat die Wes-Kaap onafhanklik van Suid-Afrika moet wees nie.

Die Referendum Party gaan voorstel dat die DA aan bewind bly in die Wes-Kaap (deur dit as ʼn koalisievennoot te ondersteun), maar wil ook die DA dwing om na sy kiesers te luister en ʼn referendum oor Kaapse onafhanklikheid uit te roep.

“Die pad vorentoe is baie duidelik,” sê Craig. “As die kiesers van die Wes-Kaap wel Kaapse onafhanklikheid wil hê, sal hulle in 2024 daarvoor moet stem. Dit beteken dus dat hulle teen die DA moet stem vir ʼn party wat bereid is om ʼn referendum uit te roep.”

Die Referendum Party sal spesifiek fokus op ekonomiese beleid, polisie, belasting en besteding, asook grense.

“Die Wes-Kaap kan nie sy ekonomie genoegsaam laat groei om welvaart vir almal te skep as dit nie daaroor beheer het nie. Die Wes-Kaap kan nie wet en orde afdwing sonder beheer oor sy polisie nie.

“As die Wes-Kaap nie sy grense kan beheer nie, sal die stroom van onwettige grondbesetters wat wettige inwoners van beperkte provinsiale hulpbronne beroof ook nie gestuit kan word nie.

“Indien die Kaap onafhanklik is, sal die Wes-Kaapse regering beheer oor dié kwessies hê en sodoende ʼn beter toekoms vir die mense van die Wes-Kaap kan skep,” sê Craig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Frikkie ·

Sal my kruisie trek vir die Referendum Party.
Die DA sal ek nie meer ondersteun.
Alan Winde, jy moet luister as die mense praat.

Frikkels ·

Mr. Winde sal maar inskiklik moet wees. Hier kom groot probleme vir die DA!

Kosie ·

Is Wnde nie under cover anc nie, hoekom wil hy nie onafhanklik word nie?

Staal ·

Ja, en sò gaan julle uiteindelik beheer aan die ANC afstaan- deur julle stemme te verdeel. Vergeet van jou emosies en dink nugter! Wes- Kaap is die enigste provinsie wat nog goed beheer word. Hou dit so of erf chaos.

Frikkels ·

Daar is nie ñ manier waarop enige premier swak besluite mag neem wat teen die wense van sy mense is om sy persoonlike siening te laat geld nie. Mnr Einde het nie op eie stoom gekom tot waar hy is nie. Sy kiesers het vir hom gestem. As hy skeeftrek gaan hy uitgestem word.

Frikkels ·

Wonder net wat mnr Steenhuisen sal sê oor die nuwe party. Hy neem die leiding om ñ pakt te vorm teen die anc dan kom sy partylede met dwars uitsprake. Dit gaan veroorsaak dat daar ernstige verdeling kom en dan kan ons maar vergeet om ontslae te raak van die anc in die 2024 verkiesing. Of het mnr Winde dalk ñ dubbele agenda?

Kosie ·

Steenhuizen mies daaraan gedink het en winde se siening verander het.

Elma ·

Hierdie vraag is n vraag wat ek as leek vra, so moenie my stenig nie. Kan n PARTY n referendum roep of kan net n REGERING?

Frikkels ·

Ñ party kan nie ñ referendum uitroep nie. Dit moet van die regering se kant af kom. Maar hierdie party voorspel groot probleme vir die DA as hulle nie gehoor gaan gee aan die eis om ñ referendum uit te roep nie.

gatgogga ·

Ek het altyd gedink ons sal teenkanting vanaf die anc moet oorkom vir onafhanklikheid. Nooit gedroom daardie teenkanting sal vanaf die DA kom nie.

Zonnebloem ·

Ek is maar skepties….net nog’n klein party…Sal definitief weer v DA stem.

Frikkels ·

En toegee aan een man se sienswyse, teen die mense se sienswyse. Ag nee komaan.

Truthful ·

Ek Sal eerder nog vi DA stem.. Nog. N party vi 2024 Sal dit net nog moeiliker maak om die Anc uit testem

Marthinus W ·

Indien die Kaap onafhanklik sou word, sal dit soos Oekraine en Rusland wees, en ons sien wat nou daar gebeur. Amerika sal die Kaap aanmoedig om die res van SA aan te val, en dit gaan net hartseer en verdriet beteken. Hoeveel goud produseer die Kaap? Hoeveel mangaan produseer die Kaap? Hoeveel mielies? Wat van die groot industriee in Gauteng? Dit sal alles ingevoer moet word.

Republikein in die Wes Kaap ·

Marthinus, ons het koring, Canola, hawermout, sagte vrugte, wyn en vis. Terloops, maatskappye denoteer van die JSE op groot skaal. Johannesburg is ‘n vervalle leë bankkrot dop wat gebou is op ‘n goudstormloop wat hoeka verby is. Die Vaal gebied is ‘n ashoop. Die industrieë in die binneland is energie intensief wat nou sonder Eskom moet klaarkom. Die infrastruktuur daar gee in. Ons wil nie oorlog maak met SA nie, maar sal ons weermag op Israel se model baseer.

Delia ·

En die ANC lag breed. Weereens word die Afrikaners verdeel. Gaan ondersoek dalk mooi wie is die nuwe party waaragter mense nou hulle steun wil ingooi. In ons verdeeldheid, sal ons noooooit weer aan bewind kom. En ons dink ons is slim. Dalk sit die ANC/EFF nog agter die nuwe party. Julle teken die Kaap se doodsvonnis

Republikein in die Wes Kaap ·

Daar is nie meer Afrikaner eenheid nie. Volgens ‘n MM peiling beskryf 54% van die deelnemers hulself eerstens as Suid-Afrikaners, en net 20% as eerstens as Afrikaners. Binnelands het ons verwysingsraamwerke en ambisies oor die afgelope 30 jaar drasties verander.

tweeling ·

Onafhanklik bly ‘n droom, sal nie werklikheid word nie. Hou op om energie te mors op onbenullighede.

Republikein in die Wes Kaap ·

Die nuwe Suid-Afrika was ‘n droom wat die destydse regering aan ons voorgehou het. Dit werk nie en nuwe planne moet gemaak word of ons is die volgende Somalië.

Pieter ·

Waar sal jy nou hoor dat daar soiets gedoen moet word. Daar sal nie ‘n cm van hierdie land verander word as dit hulle nie bevoordeel nie… Soos dinge nou staan bevoordeel dit hulle… As die Kaap wil weg, Maak hulle lewe HEL…

Gordon ·

It is doubtful whether splitting the DA/ Referendum Party vote is the right way to go. The anc must be kept out by keeping the DA in power at the coming elections and afterwards use whatever means to achieve a majority vote for independence.

Cassie Carstens ·

Jip Gordon, you are quite right. Thanks for a positive input.

Cassie Carstens ·

Hierdie persone wat nou nog ‘n party wil stig, gaan vir die Weskaap baie probleme vorentoe besorg. Luister na Allan Winde – hy weet waarvaan hy praat. Die ANC regering gaan dit bloot nie toelaat nie. Steun liewers die DA en wees deel van die huidige suksesvolle bestuur van die Weskaap onder DA. Hierdie ding is te groot en gaan nie werk nie. Ek wens soms ons Suid Afrikaners wil net saamstaan – dis al manier hoe ons die ANC regering gaan pootjie om pad te gee of in koalisie te reageer. Asseblief mense – dink BAIE mooi. Julle gaan nog spyt wees.

Republikein in die Wes Kaap ·

Cassie, niemand hou van verandering nie. Dit lyk soms ondenkbaar om iets nuuts te begin. Maar na 30 jaar van “demokrasie” het die land misluk en dit sal nie verander nie. Die ANC en hul kollegas gaan nog vir dekades regeer. Hulle beleide en buitelandse vriende gaan nog ‘n nagmerrie word vir almal van ons. En die stembus gaan nie werk nie. Ongelukkig is ons ook verby die punt van saamstaan. Vergeet wat die Moonshotter politici jou belowe.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.