Dis-Chem erken ‘daai brief’ kom hom duur te staan

(Foto: Dis-Chem-groep)

Die apteekgroep Dis-Chem het vir die eerste keer erken dat die gewraakte brief – waarin ʼn moratorium op die aanstelling en bevordering van wit werkers geplaas word – hom duur te staan gekom het.

In sy finansiële resultate vir die eerste helfte van die 2024-boekjaar word daar opgemerk dat die apteekgroep “sagter prestasie” gesien het in die tweede helfte van die 2023-boekjaar (September 2022 tot Februarie 2023) weens “negatiewe publisiteit” wat oorgedra is na die eerste kwartaal van die 2024-boekjaar.

Wins voor belasting in die tweede helfte van die 2023-boekjaar het met 11% tot R560 miljoen afgeneem, van R632 miljoen. Moneyweb berig dat Dis-Chem honderde miljoene rande verloor het weens die impak van die brief.

Ruis Morais, voormalige finansiële hoof, het intussen op 1 Julie vanjaar as uitvoerende hoof by Ivan Saltzman oorgeneem. Saltzman het die maatskappy saam met sy vrou, Lynette, in 1978 gestig en bly ʼn uitvoerende direkteur in die raad en ʼn aktiewe lid van die uitvoerende bestuurspan.

Saltzman het op 19 September verlede jaar ʼn brief aan werkers uitgestuur waarin ʼn moratorium op die aanstelling en bevordering van wit werkers geplaas word. Die brief het gelui dat die maatskappy se transformasiepogings rakende sy werknemersprofiel onvoldoende bly en dat die maatskappy beboet kan word indien hy nie die transformasieteikens behaal nie.

Die inhoud van die brief is uitgelap en het ʼn herrie veroorsaak met talle ontstoke verbruikers wat gesê het dat hulle Dis-Chem vaarwel gaan toeroep.

Dis-Chem het kort daarna gesê hy is spyt oor die bewoording en toon van ʼn interne memorandum wat foutiewelik wyd versprei is.

Die raad van Dis-Chem het in ʼn verklaring gesê dié memorandum het nie “die waardes van die maatskappy weerspieël nie”. “Die vrystelling het nie ons korrekte interne goedkeuringsprosesse gevolg wat ingestel is om seker te maak dat die betrokke wigte en teenwigte uitgevoer word nie.”

Die farmaseutiese kleinhandelaar sê hy is veral spyt oor die aanstoot en kommer wat dit vir soveel mense veroorsaak het – insluitend sy personeel en miljoene lojale klante.

“Ons heg ʼn groot waarde aan al ons werknemers en waardeer hul bydraes tot Dis-Chem. Ons staan by die onmiskenbare noodsaaklikheid om ons transformasiereis voort te sit. Gelykheid, diversiteit en inklusiwiteit is regdeur Dis-Chem belangrik. Ons maak steeds goeie vordering hiermee.”

Die Dis-Chem-raad sê hy is nog altyd bewus van die noodsaaklikheid om aan alle wetgewing te voldoen, insluitend indiensnemingsgelykheid om aan transformasieteikens te voldoen, met ʼn prioriteit van indiensneming op meriete, gegrond op hul siening om voorkeur te gee aan voorheen benadeelde gemeenskappe.

“Ons vra om verskoning vir die foutiewe kommunikasie wat aanstoot gegee het aan enige Suid-Afrikaanse gemeenskap. Ons is ʼn trots Suid-Afrikaanse onderneming wat inklusiwiteit bevorder en verteenwoordiging van alle Suid-Afrikaners, in hul kapasiteit as sleutel-belanghebbendes.”

Dis-Chem het in November verlede jaar bevestig die verbod op die bevordering en aanstelling van wit werkers is laat vaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

73 Kommentare

Sakkie ·

Ek koop nou nog niks by Dis-Chem en eet nog steeds ook nie by Spur nie.

LIEZL ·

Ek ook, Sakkie. So dit help darem dat hulle ‘voel’ wat is goed vir hulle

sam ·

Hulle het nog glad nie genoeg gevoel nie laat hulle nog saffer tot hul besef wit mense Kan sonder hul klaar kom

Heila Isabella ·

Julle wou mos en ons het beslis ons voorskrif medikasie weg gevat by hulle

Martie Smartie ·

Ha ha ha, mooi broodjies bak en intussen bly hulle beleid dieselfde. Mens kan en moet hulle net systap en koop by kleiner apteke. Dis nie so moeilik nie. In ons plaaslike apteek sien ek nie dat daar so gediskrimineer word teen witmense nie. Ek sien baie van my mense agter die toonbank en ondersteun hulle graag.

Johan ·

Ja Martie, ek gebruik ook eerder my plaaslike apteek. Daar is van ons mense wat jou help, ek ondersteun hulle eerder.

Murray ·

Ek stem saam. Hulle beleid is nog presies dieselfde. In Worcester gaam jy lank soek om ‘n blanke te kry om jou te help en so is daar baie ander maatskappye wat geen blankes in diens het nie een so bevorfer hulle rsssisme in ons dorp. Ek ondersteun net die wat my eie volk goedgesind is.

Zollie ·

Ek wil ook graag ons plaaslike apteek ondersteun maar hy is ongelukkig te duur.

Ella ·

Beslis. En ons kleiner apteek in ons woonarea is nie solveel duurder nie. Ons ken al die aptekers en assistente wat daar werk op die voornaam en dit is net lekkerder!

Misky ·

“voorkeur aan voorheen benadeeldes”. Ai Dis-Chem, julle skiet julself oor en oor in die voet neh

Di ·

Ja en die “huidige benadeeldes” moet nog steeds die land se “meerderheid” dra met ons belasting geld. Hulle staan almal net bakhand soos die ANC Kaders

Inge ·

“…ons staan by die onmiskenbare noodsaaklikheid om ons transformasiereis voort te sit…”
Dis goed om te weet… dan staan ek seker maar by my onmiskenbare noodsaaklikheid om my aankopies steeds elders te doen.

Surfer ·

Is die verbod rerig laat vaar?? Ek twyfel. Laat hulle “suffer”, net lee beloftes nou.

A.S ·

Ek het nog nie, en sal ook nooit weer by hulle koop nie!!!!
Jammer doen dit nie vir my nie. As julle ‘n “trotse Suid-Afrikaanse onderneming” was sou julle nie probeer doen het wat julle wou nie!

Fontein Tannie ·

Ek stem hellhartig saam, ek het nie van daar af by hulle selfs n pleister gekoop nie en sal ook nie weer nie. Ek ondersteun my plaaslike klein apteker eerder.

Pieter ·

Ek verstaan nie lekker hoekom dit impak het nie. Daar is maar min groter besighede in SA wat nie hieraan voldoen nie. Dischem volg maar net die reels, dis die cANCer wat die reels maak.

Jy hoef elkgeval net jou oe te gebruik om te sien waar sekere mense meer werk kry as ander…

Kokkie ·

Sedert die gewraakte brief, het ek nog nie weer my voete in Dischem gesit nie. Hoewel my ‘boikot’ hulle nou nie heeltemal op hul knieë sal dwing nie, verskaf dit onbeskryflike genot aan my.

Fluisterwind ·

Ek hoop dat ander groot handellaars sien dat as jy jou teiken mark mis skiet, jy ‘n helse verlies gaan lei. Die verbruiker is nie meer daar om politiek, politiek te speel nie en ek is van mening dat die meerderheid koopkrag lê by blanke verbruikers. Gaan speel politiek politeik op julle eie stoep en moenie ONS stoep vuil maak nie!

Chopper ·

“Ons vra om verskoning vir die foutiewe kommunikasie wat aanstoot gegee het…” Foutiewelik uitgelek ja, op daai stadium was dit julle besluit. Spyt kom altyd te laat, maar kry maar nog vir julle….

AH ·

Al waaroor Dis-Chem jammer is is dat die brief uitgelek is en dat hulle derhalwe geld verloor het. Hul siening bly egter presies dieselfde. Ek boikot hulle ook al beteken dit ook net ‘n skamele paar rand wat ek by ‘n ander apteek bestee.

Schalk ·

As mens jou besigheid volgens politieke riglyne en nie eerlike bekwaamheid nie kan dit seer maak Dischem. Daar is nog sulke besighede wat polities korrek wil wees

Dup ·

Ongeag wat hulle nou sê,sal Dischem een van die dae net swart werknemers in diens hê.Die regering,(en EFF),dwing hulle om 100% te transformeer.Die alternatief is dat al hulle winkels afgebrand sal word!

Johan ·

Dit is ongelukig so dat alle groot maatskappye moet voldoen aan die regering se teikens. Die groot maatskappye gaan maar net saam met die stroom en maak nie hulle rug styf nie.
Daarom verkies ek om my geld sover moontlik te spandeer waar ons mense werk en nie by die groot ketting winkels nie.

Di ·

Ja nee as jy oorboord wil gaan met die kaders se absurde wette, moet jy maar die gevolge dra. Daar is baie teenstrydigheid tans aan die gang oor hierdie wetgewing en die veranderings wat hulle wou instel. Weet dat die nuwe aanpassings wat hulle onlangs wou afdwing op werkgewers, BAIE weerstand van alle oorde af ontvang het, DAAROM is die wysigings vir eers “op hold” gesit.

Meisie ·

Ek sal hulle ook nooit weer ondersteun na dit nie.

Hulle wil kom stories vertel van “dit het nie die regte prosedure gevolg nie”, of dit nou het of nie, dit was daar, nou weet ons net daarvan.. nou is hulle vreeslik jammer omdat hulle bank balans dit wys..

Tokkel ·

Hoogtyd dat alle instansies hierdie boodskap kry, want ons sien nie Meer bruin of witmense in winkels werk nie.

Lizelle ·

lekker man. net ‘n bewys dat ons moet saamstaan en opstaan teen sulke dinge, dit het wel ‘n effek.

Suzette ·

Stem saam Lizelle. Gelukkig het ons Christelike opvoeding en waardes in ons DNA. Ons toi-toi nie soos n klomp narre slaan alles flenters en steek als aan die brand as ons te na gekom word nie. Dit vat wel langer maar stil, rustig en wettig verhef ons, ons stemme. Hulle voel dit klaar en ondanks hulle verskonings sien jy nog steeds feitlik geen blankes in Dischem werk nie.

Aai ·

Hou so aan hulle koop nou al die apteke en maak ons betaal bly boukot.

George ·

Each to their own. Ek eet nog spur, ek kyk nog dstv, ek koop nog by dischem.

Gaitsigubib ·

………..en alles om jou gaan tengronde en dit is jou volste reg om niks daaraan te probeer doen nie, of hoe?

Republikein in die Wes Kaap ·

Die toue is seker korter en by die eetplek word jy vinniger bedien. Is hul kos nog so duur?

Gertdup ·

Lekker man! Hulle moet maar vir hulle kry.ons ondersteun ons apteek en word baie vriendelik in afrikaans gehelp.

Manie ·

560 Miljoen rand wins vir die 2de helfte van die boekjaar. Dit beteken hulle maak meer as ‘n miljard rand wins per jaar. Dis nog hopeloos te veel, meer mense moet hulle boikot. Ek sal ingenome wees wanneer die halfjaar wins op R560 000.00 staan, dan weet ek die boikot het sy werk gedoen.

Gaitsigubib ·

Sowat n jaar terug het iemand geskryf dat die boikots niks help nie en ander kommentators het dit beaam. Waar is hulle skrywes nou?

Tewis ·

Dischem ek koop maar Ma se kroniese med by julle het nie veel van ń keuse nie maar dit daar gelaat.
As ek so deur julle winkels hier in Pta stap kry ek van A tot Z geen of so enkeling wat wit is so julle is totaal reeds waar die regering julle wil hê!
Asb hou eerder op verskonings maak dit versleg net jul besigheid.

Kosie73 ·

So ver ek kan. Sal hulle nooit weer my geld kry nie.
Hulle brief verander dalk.
Hulle beleid op ras kwotas nie.
Shame op hulle wat dink boikot werk nie.
Vra vir Spur hoeveel takke het toe gemaak.
Goei goei mielies. wegbly aksie bo !

Net-my-opinie ·

….nie net die brief nie, maar Mnr. Salzman se arrogansie en wieiering om te erken hulle het fouteer. Ek hoop lesse was hieruit geleer. As jy nie wil luister nie, moet jy voel en dit dikwels met die gatsak!

MC ·

Nee wat, my privaatapteker lewer uitmuntende diens en dit verskaf my oneindige vreugde om my eie mense te ondersteun.

Billy ·

Words is cheap… en “sorry”… die cheapste van almal… nie n dooie sent werd…Tuffies dischem…once bitten … twice shy…daar is ander keuses… vir nou is ek nog vry en sal ek my keuse eerbiedig

Marius ·

Sit dit swart op wit wat jy gaan doen dan glo ons julle al wat julle gaan doen is dank mense af maar die groot KOPPE bly sit siek van julle

trotsNAMSA ·

:) die kommentare is interessant. Eerstens, jong WIT Afrikaners WIL nie en SAL nie in enige winkel werk nie. Hulle is bederf en lui.
Dis-Chem het ook Khoi en San werkers. Dié praat Afrikaans en nie soos wit Afrikaners wat ieder Engels probeer praat nie. Menige swart burgers praat ook Afrikaans. Wit Afrikaanse jongmense moet ieder aansoek doen en met hul aansoeke bewys hul is bereid om te werk.
Wit Afrikaners kan nie eers behoorlik hulle uitdruk in Afrikaans nie. Kyk net na die kommentare !

OU SAAR ·

… en die spelling. Dis verskriklik.
Ek skaam my dood as ek op ń openbare platform sulke liederlike spelfoute moet maak.
Dankie Mamma dat Mamma my so gemoor het met my spelling op skool.
As ek kyk na vandag se jong kinders wonder ek hoe kom hulle skool deur met al afgryslike spelfoute…
Wat discem en spur betref…
TATTA JULLE…
Al is my plaaslike klein aptekie bietjie duurder, ondersteun ek hulle met graagte.
Gelukkig het ons dorp ook nie ń discem of spur nie, so dit pla ook nie so baie nie.

Jaco ·

Maar Dischem se grootbaas is self wit. So gaan hy homself ook afdank? Hoe dan nou?

Gaitsigubib ·

Jaco dit las aan by wat ek nou net vir Namsa vra. Raai wie is deurlopend die meeste teen blanke Afrikaanse mense? Dis nie die ANC nie hoor. Daar is n gif tussen ons volksgenote en dit is vir my so jammer want ons mense is tot baie meer instaat.

Kerrie ·

Ons klein plaaslike Aptekie word deur slegs 2x mense bestuur…die eienaar en sy vrou…dis ook al wie daar werk….ek koop al my goed daar teen baie goedkoper as wat ek altyd vir dit by Diskrimineer betaal het.

…en hulle is in ons woonbuurt in dieselfde gebou as ons kafee…hoe gerieflik….sy lewer ook gratis af, 2x keer per week.

Ek verlang lankal nie meer na Diskrimineer.

Wonder ·

Spyt oor die bewoording so hull is nie spyt oor die brief nie maar wel oor die bewoording, as of dit nou n verkil gaan maak, want hull bly by hull transformasiepogings.
Ek het altyd by Dis-Chem gekoop maar glad nie meer nie en gaan ook nie weer met die mooi praatjies wat hull nou spin nie.

Barry ·

Ons het ook nog nooit weer Dischem of Spur ondersteun sedert hul nonsens. Vermy hulle soos spreekwoordelike pes. Plaaslike klein apteek is nou soos familie. Ook baie beter eetplekke ontdek vir jare al. Lekker gevoel om te hoor dit het die arrogantes se sakke geroer.

Skadu ·

Dischem is wel uitgevang, maar baie ander groot en populêre besighede doen presies dieselfde, hulle haal net nie die nuus nie.

As ons teen rasisme wil opstaan, moet ons eenvormig teen almal opstaan.

Truman Burbank ·

Nie genoeg. En die probleem is, meeste wat weg is van Dischem, het oorbeweeg na Clicks, wat dieselfde probleem is. Pleks hulle gaan na hul lokale, privaat apteek, wat in baie gevalle selfs goedkoper is. Want mense is verslaaf aan punte kaarte

bolletjie blom ·

Ja wys jou net. Moenie ons blanke mense onderskat en onderdruk nie. Ons kan ook soos een man opstaan teen julle. Julle jammer kom bietjie te laat.

Maries ·

Ek bly in Brits, en jy kan in enige supermark, Bank, waaronder DIS-CHEM is, ens. inloop en daar is geen blankes, wat die publiek bedien, nie ‘n enkele een. Daar is nie meer ‘n enkele verkeers konstabel en so kan ek aangaan. Was dit omgekeerd en Brits was afgebrand, maar nou is dit fine. As ons nie gaan opstaan en sê genoeg is genoeg, soos met Dis-Chem en Spur en hulle raak waar dit saak maak gaan dit net erger word, nie dat dit nie reeds baie erg is.

vuurvliegie ·

Ek kan amper met my tone klavier speel so lekker kry ek. Dit gebeur as die wit gemeenskap saamstaan teen rassisme. Spur, DSTV, Woolworths en ander besighede is hard geslaan waar dit saakmaak. Tyd dat daar nou weer teen die volgende arrogante besigheid wat wittes uitsluit opgetree moet word.

Sue ·

Sal nooit weer by Dis-Chem koop nie. Ek koop sover Ek kan by klein besighede, by gewone mense op Yaga en plekke soos “Save the Sheep”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.