Dit is die polisie se derde groot klopjag in ʼn kwessie van drie weke.
Lees meerAlles vir Vrydag 3 November 2023
‘Rooi kaart’ Cane op pad na Japan
“Dit het ná die Wêreldbeker net soos die regte tyd gevoel om iets nuuts te beproef en vir Suntory in 2024 te speel,” het Cane in ʼn verklaring gesê.
Só help AfriForum Laevelders
ʼn Tekort aan water in dié stad veroorsaak gereeld dat krane leegloop – ʼn probleem wat volgens die Mbombela-munisipaliteit grootliks weens onwettige waterverbindings veroorsaak word.
Huis op plaas in Limpopo byna leeg geplunder
Die verdagtes het die slagoffer met ʼn mes en ʼn skroewedraaier gedreig terwyl hulle geld en vuurwapens van hom geëis het.
Uiterste klimaat pootjie Italianers se olyfoes
Die verlaging in produksie het egter nie net Sabina geraak nie. Die meeste van die sentrale en noordelike streke van Italië se produksie het afgeneem – die wêreld se naasgrootste produsent van olyfolie.
Meeste oppervlaktes neem toe in eerste oesskatting
Grondbone is die groot uitblinker met ʼn verwagte toename van 36%.
Fase 3-, 2-, 1 -beurtkrag!
Opwekkingseenhede by die Camden-, Majuba- en Medupi-kragstasie, asook twee opwekkingseenhede by die Arnot-kragstasie is die afgelope 24 uur buite diens gestel vir herstelwerk.
Veel groter potensiaal in Agoa opgesluit – Ramaphosa
Ramaphosa het Vrydag gesê Suid-Afrika koester die verhouding met die VSA en het bande met dié land wat veel wyer strek as net handel. Hy sê ook dat Afrika ʼn belangrike bron is van kritiek noodsaaklike rou materiaal, maar dat die vasteland nie gedefinieer wil word as ʼn “blote produsent van kommoditeite nie”.
Boewe slaan toe op Pta-brandweerstasie
Dít op dieselfde dag waarin gewapende mans – wat hulle as gewone pendelaars voorgedoen het – ʼn busbestuurder van die Tshwane-metro in Olievenhoutbosch met ʼn vuurwapen gedreig en die bus aan die brand gesteek het.
Gee ons krag (en water en werk); só wil DA Gauteng ‘red’
“As Gauteng werk, sal Suid-Afrika werk.”
Kuberkrakers gooi Bloem en inwoners uit Mangaung-aanlynstelsel
Dienslewering in Bloemfontein word geraak ná kuberkrakers munisipale werkers uit die Mangaung-aanlynstelsel geboender het.
ToekomsVenster: Hy hoor ons
Wat beteken die teksvers: Op die minste troos in die wete dat wat gebeur nie by God verbygaan nie. Dat Hy die versugting van sy kinders hoor. Dat Hy Hom die lotgevalle van mense aantrek.
‘Swak vertalings’ laat leerders kopkrap met wiskundige geletterdheid
Geen mate van voorbereiding kon die matriekleerders gehelp het om deur die “swak vertalings” in die vraestel vir wiskundige geletterdheid te worstel nie, sê onderwysers.
Kommer oor moontlike afskaf van korting op mediesefondskrediete
Daar is ook sprake dat die belastingkorting voortaan gebruik sal word om die beoogde Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) te help finansier.
Akker dra no. 2-trui teen Italianers
Akker van der Merwe sak Saterdag in die middel van die Bulls-skrum wanneer die Pretorianers teen Zebre in ʼn Verenigde Rugbykampioenskap-wedstryd in Italië speel.
Nog ʼn Tshwane-bus brand
Die optrede hou vermoedelik verband met stappe wat die metroraad beoog teen busbestuurders wat aan die onwettige staking deelgeneem het.
Duisende rande se vee terug danksy private ondersoekers
Vrystaat Landbou (VL) het vroeër vanjaar in samewerking met die LGV-veiligheidsmaatskappy ʼn projek geloods wat boeregemeenskappe en die landbousektor bystaan in sake waar vee gebuit is.
Geen plan om Reserwebank se mandaat te wysig – Ramaphosa
Pres. Cyril Ramaphosa het Donderdag die onafhanklikheid van die Suid-Afrikaanse Reserwebank in die parlement verdedig nadat dit tydens die president se laaste parlementêre vraag-en-antwoordsessie van die jaar in twyfel getrek is.
Novak so byna deur Tallon ontspoor
ʼn Olike Novak Djokovic moes diep delf teen Tallon Griekspoor, maar die Serwiese ster het uiteindelik na sy negende kwarteindstryd op ʼn streep in die Parys-meesterstoernooi deurgedring.
Geen hoendervleistekorte in feesseisoen verwag
“Die noukeurige biosekerheidsprotokolle en moniteringsprogramme wat die boere geïmplementeer het, was deurslaggewend.”