Die voorloper het nog ʼn bietjie geluk gehad op die 17de putjie waar hy ʼn arend 2 aangeteken het toe sy bofhou reg gebons het en die balletjie enkele meter van die blikkie af geëindig het.
Alles vir Vrydag 3 November 2023
Cachalia uit DA se skadukabinet geskop
Die party het gesê daar is ooreengekom dat lede van die party hulle sou weerhou van “openbare uitlatings wat daarop gemik is om verdere verdeling aan te blaas” insover die konflik tussen Israel en Gaza, maar dat Ghaleb Cachalia versuim het om dié ooreenkoms na te kom.
Sharks kies Dyantyi op vleuel
“Ek belowe om my heel beste te gee wanneer ek die trui oor my kop trek. Ek is nou al geruime tyd in Durban en ek het gesien wat die Sharks vir baie mense beteken.”
Australiese vrou in hof oor ‘sampioen-moorde’
Erin Patterson (49) word daarvan verdink dat sy haar skoonfamilie met ʼn giftige sampioen- middagete vermoor én vier pogings aangewend het om haar vervreemde man om die lewe te bring.
Resensie: ‘Seepgladde’ Deon Meyer-speurverhaal kry gestalte op kleinskerm
Hilton Pelser se spel help hom om Griessel se speurderbroek vol te sit, en die storie beweeg vol kinkels en draaie deur die Kaapse onderwêreld.
Organisasie neem bedreigde arend onder sy vlerk
Birdlife South Africa sal in 2024 die kollig op die bewaring van dié charismatiese roofvoël plaas.
Burgers óók met SAUK-mislukkings belas
Kan daar werklik van vuisvoos belastingbetalers verwag word om die ondoeltreffende SAUK verder te finansier? Moet belastingbetalers regtig bykomende belastings soortgelyk aan die heffings op brandstof betaal?
Suid-Afrika voor en na die 2024-verkiesing lll
Suid-Afrika staan op die vooraand van een van die belangrikste verkiesings sedert 1994, met verreikende implikasies vir die regerende ANC se politieke elites.
Resep-video: Kitsnoedels met ʼn kinkel
Hierdie is ʼn sakpasresep vir enigiemand wat ʼn heerlike ete wil voorberei, wat nie die bank sal breek nie.
Regstreeks: Welkom in die Moederstad, Bokke!
“Hulle is hier! Welkom in Kaapstad, kampioene!”
Jansen se krieketster skitter in Indië
Die 23-jarige hemelbesem – hy laat die maatband tot 2,06 m rek – slaan gereeld sesse teen die einde van ʼn kolfbeurt, terwyl hy ook paaltjies in die belangrike kragspelfase neem.
Ingryping nodig by hospitaal op De Aar
Benewens personeeltekorte ondervind die hospitaal ook tekorte aan chroniese medikasie, insluitend ʼn reeks noodsaaklike medisyne.
Hammanskraal: Tshwane takel drinkwaterprobleem
“Die stad kan nie verander wat in die verlede gebeur het nie, maar ons kan daaruit leer en verantwoordelikheid aanvaar om die probleem reg te stel.”
Binnelandse sake Saterdae oop voor kiesersregistrasie
Die bykomende diens wat gelewer word, is egter uitsluitlik vir die afhaal van slim ID-kaarte en paspoorte.
21 beseer toe balkon in Kaapstad meegee
Dit is in hierdie stadium onduidelik wat tot die ineenstorting van die struktuur gelei het.
Gedagte vir die dag: Lewe jy met ʼn oop hart en hande?
Alles wat jy het, ja, elke besitting is die Here sʼn.