Resensie: ‘Seepgladde’ Deon Meyer-speurverhaal kry gestalte op kleinskerm

DEVIL’S PEAK
⭐⭐⭐⭐⭐⭐⭐⭐ (8/10)    
Met Hilton Pelser en Sisanda Henna
Regisseur: Jozua Malherbe
Op M-Net, DStv CatchUp en DStv Stream

Ek dink nie ek hoef te verduidelik wie Bennie Griessel is nie. Almal wat Deon Meyer se boeke ken, ken hom beter as die eindtelling van die Springbokke se onlangse oorwinning oor Nieu-Seeland.

Bennie is die geteisterde speurder in die speurromans wat reeds legendariese status bereik het. Nou kry hy vir die eerste keer ʼn gesig in M-Net se Devil’s Peak, waarin ʼn pa se seun voor sy oë vermoor word, en die vaderfiguur die wet in eie hande neem en vermeende moordenaars begin uitwis.

Hilton Pelser is Bennie Griessel in ‘Devil’s Peak’. (Foto: Verskaf)

Griessel moet dan keer dat nog moorde gepleeg word en dat die werklike moordenaars aangekeer word.

Dit is ʼn koelkop, snelbewegende, seepgladde reeks wat jou Sondagaande sal opvrolik. Die kinematografie trek vinnig aandag met Hilton Pelser se spel wat hom help om Griessel se speurderskoene vol te staan. Die storie beweeg vol kinkels en draaie deur die Kaapse onderwêreld.

Dit sal jou vir ʼn uur van die wêreld om jou laat vergeet. Devil’s Peak, nou op M-Net, DStv Catch Up en DStv Stream.

(8/10)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Ore ·

Ek is teleurgesteld. Die Bennie Griesel karakter is nie soos mens dit in die boeke visiualiseer nie. Bennie behoort mos ‘n onversorgde effe oorgewig ou te wees. Hy het dan altyd gekla dat hy te min slaap kry en dat hy onfiks is. Die klank is ook swak.Hoop dit raak beter

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.