Glenn Phillips, die Nieu-Seelandse krieketspeler wat in Oos-Londen gebore is, het Woensdag ʼn sleutelrol in die Swartpette se Wêreldbeker-oorwinning teen Afghanistan gespeel.
Alles vir die sleutelwoord "Krieketwêreldbeker 2023"
’Hoe zijn de helden gevallen’
“Ons sal die emosie moet laat insypel; dit dien geen doel om te probeer vergeet wat gebeur het nie. Die nederlaag gaan seermaak en dit moet ook seermaak.”
Reën speel ʼn rol in Protea-stryd
In bewolkte toestande kan die Protea-snelbattery van Marco Jansen, Kagiso Rabada, Lungi Ngidi en Gerald Coetzee bitter gevaarlik wees. Mits die reën dit natuurlik toelaat.
Aussies uiteindelik op die wenpad in Indië
Adam Zampa het vier paaltjies teen Sri Lanka geneem, terwyl Josh Inglis en Mitchell Marsh se vyftigtalle die Aussies se lopiejaagtogwa deur die drif getrek het.
Afghanistan se draaiers betower Engelsmanne
Rashid Khan en sy draaierbondgenote het uiteindelik agt Engelse kolwers terug na die kleedkamer gestuur om ʼn geskiedkundige Wêreldbeker-oorwinning in Delhi te vier.
Proteas boaan WB-punteleer
Soos wat Quinton de Kock egter tereg gesê het: Daar moet eers nog baie water in die see loop; ʼn Wêreldbeker word nie ná die eerste twee wedstryde gewen nie. Tog is die Suid-Afrikaners op dreef in Indië.
Proteas weer Aussies se krieketmeesters
Die Proteas het nóg ʼn eendagkrieketwedstryd teen Australië gewen. Dié keer het hulle ʼn Wêreldbeker-ontmoeting met 134 lopies in Lucknow beklink.
Quinny moker nóg ʼn 100-tal!
Quinton de Kock het sy tweede Wêreldbeker-honderdtal op ʼn streep met ʼn sierlike ses van Pat Cummins se boulwerk bereik.
Malan skakel oor na die hoogste rat
“Dit was ʼn lang pad om tot hier te kom,” het Dawid Malan gesê nadat die Suid-Afrikaans gebore kolwer 140 lopies vir Engeland in ʼn Wêreldbeker-wedstryd teen Bangladesj gemoker het.
Engelsmanne kla oor hobbelrige buiteveld
“In ʼn Wêreldbekerwedstryd wil jy jou nie daarvan weerhou om op die veld te duik nie. Jy wil jou lyf op die spel plaas om elke liewe lopie te probeer keer.”
Proteas laat rekords in Delhi spat
“Daar is baie passie in die span en ons wil bitter graag ons beste in dié toernooi gee,” het Aiden Markam ná sy speler van die wedstryd-vertoning gesê.
Proteas begin WB-veldtog op ʼn goeie wennoot
“In die geheel was dit ʼn goeie kolfblad, die bal het oor die grenstou geseil en dit was ʼn wedstryd wat vir hope aksie gesorg het,” het Aiden Markram gesê.
Markram en kie moker manjifieke honderdtalle
Aiden Markram het sopas die vinnigste honderdtal in Wêreldbeker-geskiedenis teen Sri Lanka geslaan.
Krieketkollig skyn op Klaasen en Miller
Heinrich Klaasen en David Miller se flitsende kolwe kan ongetwyfeld Wêreldbeker-wedstryde vir Suid-Afrika in Indië wen.
Kiwi’s soek WB-weerwraak teen Engelse
Nieu-Seeland het gereeld paaltjies geneem om Engeland tot 282/9 in sy toegelate 50 boulbeurte in die eerste wedstryd van die Wêreldbeker te beperk.
Temba sê Klaas Vakie het nie kom draai
“Ek blameer die hoek van die kamera,” was Temba Bavuma se reaksie nadat foto’s van hom op sosiale media gedeel is waar hy oënskynlik ʼn uiltjie knip tydens ʼn amptelike mediasessie.