Mediese span ‘monitor’ Bavuma

Temba Bavuma – Suid-Afrika se eendagkrieketkaptein. (Foto: Dibyangshu Sarkar/AFP)

Temba Bavuma toon vordering nadat hy sy dyspier in die Proteas se laaste Wêreldbeker-groepwedstryd seergemaak het.

Volgens Krieket Suid-Afrika (KSA) is die omvang van sy besering deur die Proteas se mediese span ondersoek.

“Temba het oornag verbetering getoon en die mediese span sal voortgaan om hom te monitor,” het die nasionale krieketbeheerliggaam in ʼn verklaring gesê.

Die 33-jarige speler het die besering vroeg in Afghanistan se kolfbeurt opgedoen en hy was glad nie sy energieke self in die veld nie.

Hy het met sy beweeglikheid gesukkel en kon nie op volle vaart ʼn bal agternajaag nie.

Later het hy ook gesukkel om tussen die paaltjies te hardloop en hy het 23 lopies tot Suid-Afrika se suksesvolle lopiejaagtog bygedra.

Die Suid-Afrikaners het reeds vóór die Afghanistan-wedstryd vir die halfeindstrydronde gekwalifiseer, maar Bavuma wou graag deel van die aksie bly.

“Dit was ʼn geleentheid om tyd voor die paaltjies deur te bring en ek wou dit nie prysgee nie. Ja, dit was ʼn risiko om op die veld te bly, maar ek het gedoen wat vir my reg gevoel het.”

Die Proteas speel Donderdag in die halfeindstryd van die Wêreldbeker-toernooi teen Australië op Eden Gardens.

Indien Bavuma nie voldoende van sy besering herstel nie, kan Aiden Markram die kapteinskapleisels vasvat, terwyl Reeza Hendricks die kolfwerk kan open.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Witbaard ·

Of hy nou beseer is of nie, hy presteer in elk geval nie soos dit van hom verwag word nie.

George ·

In world cup taal, presteer hy beter as enige ander kaptein van 1999 – met 2015 as uitsondering. Hys steeds ons top ODI speler. Gee hom ook 6 jaar om te perform soos met Aiden.

Manie ·

Maak nie saak wie dit is nie, jy kan nie met beseerde spelers sukkel nie, want elke lopie tel in die uitklop fase en ons kon in die laaste wedstryd sien hy kon nie 2 en 3 lopies hardloop nie.

Frank ·

Al sit hy met ‘n goeie eendag gemiddeld oor sy loopbaan, was sy gemiddeld tydens die WB is nie so lekker nie. En nous hy nog beseer ook. So, speel vir Reeza

Anel ·

Geen regdenkinde afrigter behoirt ‘n beseerde speler in span toe te laat nie. Net soos ‘n onfikse speler!!!! Sit maar op die kantlyn.

Jan ·

Hy het nie net sy dy-spier seergemaak in daardie spel nie. Hy was reeds beseer toe hy begin speel het. Ek kan nie verstaan hoe dit toegelaat kan word nie. Veral as dit een van jou openings kolwers is. Ons het in werklikheid een minder kolwer gehad in daardie spel.

JN ·

Asb hy is bie fit genoeg nie..laat hom rus…
Die span het nog altyd n beter kans sonder politiek wat bepaal wie daar moet wees…

George ·

Ek stem JN, nou verduidelik jy vir my hoe het Aiden in die span gebly vir 6 jaar, hyt sy eerste 100 in sy SESDE jaar as protea geslaan, met n avg van 24-28 vir die 6jaar, slegs nou gekruip tot bo 32. Hoe bly hy in die span, maar julle eis die kop van speler wat tans steeds 48avg.

Frank ·

George, omdat ons weet Aiden se gemiddeld by die WB is aansienlik beter as Bavuma s’n. EN Bavuma is beseer (of het ‘n onderliggende besering). Hy is nie groter as die spel nie. Ons krieket het Bavuma nodig, maar nie ‘n beseerde Bavuma nie. Ons het ELF fikse spelers nodig

Kirst ·

Onthou wat het gebeur in 2015 toe politiek aangedring het daarop dat ‘n beseerde speler ingesluit moet word in die span in die halfeind…

Frank ·

Hulle het ons 2de beste WB bouler, Abbot, nie laat speel nie en ‘n speler wat nie daar die mas kon opkom nie, laat speel

Hennie Biebouw ·

As mens na die uitslae van die Proteas in dié toernooi kyk, dan blyk dit te wees dat hul beter doen wanneer hul “kaptein” beseer is.

Jean ·

Hier is bavuma se lopies vir die Wereldbeker:
8, 35, 16, 28, 24, 11 en 23

Hy moet mar net weer so bietjie slaap in die volgende wedstryd.

George ·

@Jackie, nes julle met Bavuma, al wat ek se is, Aiden is die kans gegee vir SES jaar met n avg van 24-28. Bavuma se avg is steeds naby aan 50. So hoekom hom nie dieselfde gun nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.