Jaco Basson, voormalige voorsitter van die Pretoriase rugbyklub en ʼn bekende in klubrugbykringe, is Sondag in Winterveld, noord van Pretoria, doodgeskiet nadat hy op ʼn advertensie op sosiale media gereageer het.
Lees meerAlles vir Maandag 13 November 2023
Ses van Gauteng vas ná Bloem-transitoroof
ʼn Groep verdagtes in ʼn silwerkleurige Mercedes-Benz het Maandag omstreeks 06:00 met outomatiese gewere op ʼn geldwa in Bloemfontein toegeslaan.
Polisie waarsku: Gesteelde houer bevat radioaktiewe inhoud
Die publiek word gewaarsku om nie met dié houer te peuter as hulle dit sou vind nie aangesien dit skadelik kan wees.
Nog TMPD-slagoffers kom na vore
Die geskorste metropolisiebeamptes Johnson Lebombo en Aubrey Phalane het Maandag weer in die Pretoriase landdroshof verskyn.
Cope gee omstrede Jhb-speaker trekpas
“Ons was verras om die naweek op sosiale media te hoor dat die twee reeds ʼn veldtog vir ʼn alliansie begin voer het en hulself as die president en voorsitter van daardie alliansie geposisioneer het.”
Geen borgtog vir man ná Pta-vrou se branddood
“Die hof sukkel om sy [Pretorius se] weergawe te glo. Dit was nie sommer enige vreemdeling wat aan die brand was nie, maar sy vrou,” het landdros Tshepo Mokome tydens uitspraak in Stephan Pretorius se aansoek om borgtog gesê.
David Cameron terug in Britse kabinet
Cameron het sewe jaar gelede as premier bedank en selfs politieke kommentators met sy terugkeer verras.
Welwillendheid span kroon op dié Kersfeesrit
“Wat ons nou benodig is vrywilligers wat saam met die nooddienste kan ry en help om geskenkpakkies uit te deel.”
ToekomsVenster: Die Here bring vrede
Mag die Here kragtig ingryp, ware bekering bring in die harte van mense wat die besluite maak. Mag die Here vrede bring in die Midde-Ooste.
Video: Museumteater maak Afrikanergeskiedenis lewend
“Dit is lekker om te weet ons doen iets nuuts, iets uniek met ons geskiedenis.”
Woord: koekeloer
“Jy mag nie koekeloer nie!” Taaltoffie ondersoek die betekenis van die woord, “koekeloer”.
Uiteenlopende menings oor matrieks se chemievraestel
Die tweede fisiese wetenskapvraestel wat matriekleerders Maandag geskryf het, het redelik uiteenlopende opinies uitgelok, en selfs bewerings laat ontstaan dat daar foute in die vraestel was.
Gevegte duur voort by hospitaal in Gasa waar duisende skuil
Kragonderbrekings by hospitale lei tot verdere sterftes.
Byna 11 miljoen SA’ners kyk op kassie na Bok-eindstryd
Sowat ʼn kwart meer Suid-Afrikaanse kykers het na die Wêreldbeker-rugbyeindstryd gekyk vergeleke met verlede jaar se FIFA Wêreldbeker-sokkereindstryd en dit sluit nié eers diegene in wat die eindstryd in ’n sogenaamde aanhangerpark gekyk het nie.
Foto’s: ʼn Mooier stad met ʼn verfkwas
Met sy kleurvolle verfkwas omskep hy die landskap en stedelike rommel in kunswerke.
‘Te veel seksuele geweld bly ongestraf’
Drukgroepe sê ʼn benadering volgens riglyne vir menseregte vereis dat howe alle vorme van seksuele geweld verstaan, waaronder verkragting in romantiese verhoudings, en dat hulle sake in konteks ondersoek sodat daar nie tydens die hofproses teen slagoffers gediskrimineer word nie.
Rasreëls oor uitvoere dalk ‘ou nuus’, maar dit wek opnuut kommer
“Dit maak nie saak hoeveel organisasies dit steun, hoe lank dit al geld of hoeveel uitvoere geraak word nie – die beginsel dat entrepreneurs op grond van velkleur beperk word tot ʼn sekere omsetplafon bly ʼn fundamentele ongeregtigheid.”
Vier oornag in Gqeberha doodgeskiet
Die polisie het die gemeenskap om hulp gevra om die verdagtes op te spoor.
Familie hoop vermeende moordenaar bly agter tralies ná ma se branddood
Dit het vroeër, tydens Stephan Pretorius se borgtogaansoek, aan die lig gekom dat hy glo doodsdreigemente teenoor Charlene Pretorius se kinders gemaak het.
Herman Lensing lewer ‘ode aan vriende’ met jongste resepteboek
“Ek het al soveel mooi goed om ʼn tafel sien afspeel. Ek het al gesien hoe mense mekaar vergewe, hoe hulle mekaar weer liefkry. Daar is min dinge wat Suid-Afrikaners sonder kos vier.”