Gevegte duur voort by hospitaal in Gasa waar duisende skuil

Benewens die Al Shifa-hospitaal moes nog hospitale in die noorde van Gaza noodgedwonge hul dienslewering weens tekorte en geweld staak. (Foto: Jack Guez / AFP)

Duisende mense was teen Maandag steeds in Gasa se grootste hospitaal vasgekeer waar ontruimings  deur voortslepende gevegte tussen Israelse en Hamas-magte verhinder word.

Ooggetuies buite die Al Shifa-hospitaal het Sondag aan AFP gesê dat “gewelddadige gevegte” regdeur die nag gewoed het.

Intussen versleg die toestande in die hospitaal.

Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) en verskeie VN-agentskappe waarsku dat soveel as 3 000 pasiënte en personeellede sonder voldoende kos en water in die hospitaal gestrand is. Daar is ook brandstoftekorte, wat volgens die Hamas-beheerde departement van gesondheid in die Gasa-strook tot die dood van ʼn vroeggebore baba en twee ander pasiënte gelei het.

Die jongste sterftes bring die dodetal in die hospitaal te staan op ses vroeggebore babas en nege pasiënte. Die hospitaal het die afgelope paar dae al meer kragonderbrekings ondervind. Die kragprobleme het volgens die departement onder meer kragtoevoer na babas se broeikaste afgesny.

“Die hospitaal funksioneer ongelukkig nie meer as ʼn hospitaal nie,” het Tedros Adhanom Ghebreyesus, direkteur van die WGO, gesê nadat hy kontak gehad het met personeellede by die hospitaal.

“Daar is nou al drie dae lank geen elektrisiteit of water nie.”

Hy beskryf die toestande in die hospitaal as “haglik” en “gevaarlik”.

Ander hospitale ook geraak

Benewens die Al Shifa-hospitaal moes nog hospitale in die noorde van Gaza noodgedwonge hul dienslewering weens tekorte en geweld staak.

Volgens Youssef Abu Rish, adjunkminister van gesondheid in die Hamas-beheerde Gasa-strook, is “alle hospitale” in die noorde nou “buite werking”.

Die VN het voorheen gesê 20 van die 36 hospitale is heeltemal ontwrig.

Israel het vroeër ingestem tot onderbrekings in sy aanvalle op die noorde van Gasa wat sal toelaat dat sommige burgerlikes van die hewige gevegte kan vlug. Eerste minister Benjamin Netanyahu het egter enige skietstilstand op die grens verwerp as “oorgawe” aan Hamas.

Netanyahu sê Israelse troepe vaar “uitsonderlik goed” in die teenaanval wat geloods is nadat Hamas-vegters op 7 Oktober die grens oorgesteek en 1 400 mense, die meeste van hulle burgerlikes, doodgemaak het. Nog sowat 240 mense is as gyselaars geneem.

In die onderneming om Hamas te vernietig het Israel teruggekap met lugaanvalle en ʼn grondaanval. Volgens die gesondheidsdepartement is meer as 11 000 mense reeds dood. Die meeste is burgerlikes en talle slagoffers is kinders.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

ES ·

Ek voel vreeslik jammer vir die mense wat nerens heen kan gaan nie. Intussen skiet Israel en Hamas op mekaar en die mense tussen-in is die eintlike slagoffers.

annie ·

Aangesien jul my opinie dat Hamas jok oor die aantak dooies vir simpatie, uitvee, moet AFP vir ons foto’s van die 11 000 grafte van Palestyne wys.

Deon ·

Hamas het n stok in n bynes gesteek. Nou is daar groot moeilikheid vir almal daar naby! As jy so dom is, moet jy nie huil nie.

popsa ·

Juis. Hartelose base hou elders gerieflik samesprekings in luukse hotelle, terwyl die bedwelmde klase in Gaza wegkruip agter rokspante van verpleegsters en siekbeddens van pasiënte. Lafhartig verby. Dit terwyl geen enkele woord gerep word aangaande die weerlose Israeliese gyselaars wat reeds langer as ‘n maand deur Hamas gevange gehou word nie. En wat van dié wat koelbloedig deur Hamas vermoor, verkrag en verbrand is? Maar almal wil hê Israel moet stop; Israel wat Palestynse burgers waarsku, vir hulle pad maak, tyd gee en hulle hospitaalpersoneel ondersteun. Want noodvoorrade en brandstof bereik nie burgelikes nie; dit bereik slegs die hande van Hamas. Verstommend dat massas sulke duisternis hart en siel kan ondersteun. Maar so word die harte van vele dan ook nou wêreldwyd geopenbaar.

Sê maar net ·

Vanoggend op Israel nuus gehoor dat Israel se soldate 300 liter brandstof na die hospitaal geneem het, maar dat die hospitaal owerhede geweier het om dit in ontvangs te neem.

Republikein in die Wes Kaap ·

‘n Waarskuwing vir almal. Indien jou regeerdes droogmaak moet jy optree en hulle uitskop óf die gevaar loop om geklap te word deur hul vyande.

Marcha ·

Ai jinne. Ek wens net hulle wil ophou met die moord van kinders. Dis erg.

Boatsie ·

Maroela Media, wat my bekommer is die berig en van jul vorige berigte gaan uit en uit oor omstandighede vanuit ‘n Hamas perspektief. Dink jul dis onpartydige beriggewing of gaan daar een of ander tyd oor berig word oor Israel, wat aan families, vroue, kinders en babas gedoen is en hoe dit hul affekteer. Jul hamer ook net op Gaza, maar wat van Noord Israel, Hisbollah en die effek daarop die Jode!!!!!!!!!!!!

annie ·

Die hospitaal-fiasko is the biggest show on earth vir reklame om die oorlog te laat eskaleer. Hamas wil Iran en ander lande se woede laat ontvlam. En dit gaan gebeur. Om met mense se lewens so te speel is siek verby.

Manie ·

Korrek, as Hamas enigsins iets vir hulle mense gevoel het, sou hulle die gyselaars vrygelaat het waarop Israel aangedring het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.