“Katar het in 2022 Suid-Afrika se vyfde grootste handelsvennoot in die Midde-Ooste geword en daar is aansienlike potensiaal vir verdere ekonomiese samewerking tussen die twee lande.”
Alles vir Maandag 13 November 2023
Polisie, pro-Palestynse betogers raak slaags in Kaapstad
Pro-Palestynse betogers het Sondag Palestynse vlae gewaai terwyl hulle diegene wat ’n pro-Israel-gebedsbyeenkoms bygewoon het, weggejaag en hul plakkate opgeskeur het. Toe gryp die polisie in.
‘Boete sal my nie stilmaak’
Dr. Tros Bekker het vroeër die maand voor die Raad op Mediese Beroepe verskyn ná hy hom sterk uitgespreek het teen die Covid-19-inenting.
Onwettige mynbedrywighede: Grootkoppe moet ook aan pen ry
Die president het die ontplooiing van duisende weermaglede goedgekeur om taakspanne te help om onwettige mynbedrywighede te stuit.
Agterstand met visumaansoeke knou ekonomie
Daar is tans ʼn agterstand van sowat 74 000 aansoeke vir alle soorte visums by die departement van binnelandse sake, maar die meeste hiervan is vir kritieke vaardighede wat tans die ekonomie terughou.
Wen ʼn Kersfeesbonus met Maroela
Vier gelukkige Maroela-lesers kan elkeen ʼn Kersfeesbonus van R5 000 kontant wen.
Twee vas wat Durban-straatligte oor grens wil smokkel
“ʼn Saak is oopgemaak en aan die Valke vir verdere ondersoek oorhandig. Die waarde van die eiendom wat verhaal is, word op R1,9 miljoen geraam,” sê Mogotsi.
Resep: Meringues
ʼn Soetdingetjie op ʼn warm dag is al wat jy nodig het.
Die mense agter die smart
Enigeen van die kinders, enigeen van die honde kon myne gewees het. Dit kon ons gewees het. Ek kon Shlomit gewees het.
Mooi soos Meiringspoort
Meiringspoort is vir party mense net ʼn landmerk op pad na die volgende bestemming. Vir my is dit heilige grond, waar ek saam met duisend vriende en vreemdeling in verwondering en nederigheid vir God kon voel asemhaal.
#JongStemme: Kniediep in oplossings
ʼn Mens moet anysbeskuit knie, laat rys, weer afknie en weer laat rys. Net so vertel die Afrikanergeskiedenis ook hoe ons keer op keer geknie is en weer moes rys.
Mediese span ‘monitor’ Bavuma
Temba Bavuma toon vordering nadat hy sy dyspier in die Proteas se laaste Wêreldbeker-groepwedstryd seergemaak het.
SA heg groot waarde aan verhouding met VSA, sê Ramaphosa
Solidariteit glo die Suid-Afrikaanse regering sit die pot mis as hy dink die land se betrokkenheid by Agoa is veilig en behoue.
Op ʼn tennisbaan is niks Grieks vir Sinner
Jannik Sinner het met Stefanos Tsitsipas in Turyn klaargespeel, terwyl Novak Djokovic genoeg teen Holger Rune gedoen het om die jaar as die wêreld se voorste tennisspeler af te sluit.
Onwettige immigrante: Geen idee hoeveel in SA, derduisende jaarliks gedeporteer
Volgens Motsoaledi kan niemand rekenskap gee van alle ongedokumenteerde migrante nie en het sy departement geen idee hoeveel onwettige immigrante in Suid-Afrika is nie.
Verbruikersake: Soet, suur van tweepot-aftreestelsel
Verbruikers wat ekstra geld nodig het, kon nie wag vir die tweepot-aftreestelsel om in te skop in Maart volgende jaar nie, maar dit is nou met ʼn jaar uitgestel.
ANC ontken Mbalula se beurtkrag-uitlatings
Die ANC het in die bresse getree vir sy sekretaris-generaal nadat daar berig is dat Fikile Mbalula gesê het klimaatfinansiering tussen Suid-Afrika en Westerse lande is verantwoordelik vir die voortslepende beurtkrag in Suid-Afrika.
Homa seëvier by Sun City
“Dit was ʼn onvergeetlike ervaring gewees en die oorwinning is die kersie op die koek,” het Homa gesê nadat hy die Gary Player-baan getem het.
Jong man verdrink in Silwermyndam
“Die familie het die liggaam positief uitgeken en ondergaan nou berading.”
Gedagte vir die dag: Die Here is genadig
En Ek sal tussen jou in laat oorbly ‘n ellendige en geringe volk wat by die Naam van die Here skuiling soek.