‘Boete sal my nie stilmaak’

Dr. Tros Bekker. (Foto: Facebook/ Tros Bekker)

Dr. Tros Bekker, ʼn algemene praktisyn van Pretoria-Noord, is skuldig bevind aan onprofessionele gedrag ná hy hom sterk uitgespreek het teen die Covid-19-inenting.

Hy het op 3 November voor die Raad op Mediese Beroepe verskyn, nadat die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging (Sama) in Januarie 2022 ʼn klag teen hom ingedien het.

Hy is gevolglik ʼn boete van R20 000 opgelê en sal nóg R10 000 moet opdok indien hy binne die volgende drie jaar soortgelyke oortredings begaan.

Bekker sê egter dit gaan hom nie keer om sy mening oor die Covid-19-inenting te verkondig nie.

Sama het Bekker aanvanklik aangekla, nadat hy op sy Facebook-blad gesê het “elke dokter of persoon wat die Covid-19-inenting toedien, is ʼn moordenaar”.

“Ek glo dokters het ʼn plig om die waarheid te praat en pasiënte oor die gevare van die Covid-19-inenting in te lig. Elke pasiënt het ten minste die reg om ʼn ingeligte besluit te neem,” het hy in Oktober aan Maroela Media gesê. Hy het Maandag aan Maroela Media gesê dit is steeds sy oortuigings en dat hy sal voortgaan om die “waarheid te versprei”, boete of nie.

Luidens Sama se klag is die verspreiding van “onverantwoordelike waninligting” en “ongegronde kliniese opinies” van die grootste uitdagings wat dié organisasie tydens die Covid-19-pandemie die hoof moes bied. Benewens die Facebook-inskrywing is Sama ook vies oor verskeie boeke wat Bekker oor die Covid-19-pandemie en virus geskryf het. Hierin bevraagteken hy wêreldregerings se reaksie op die uitbreek van die virus, asook die doeltreffendheid van alle Covid-19-inentings. Hy wys daarop dat veel meer mense jaarliks aan griep sterf (1% van die wêreldbevolking) as die 0,05% wat sedert 2019 aan Covid-19 gesterf het.

Sama meen uitlatings soos dié kan daartoe lei dat lede van die publiek vertroue in die gesondheidsorgbedryf verloor.

Bekker het aan Maroela Media bevestig hy glo die Covid-19-entstowwe – almal van hulle – is nie behoorlik getoets nie en hopeloos te vinnig goedgekeur. “Dit is nog net op diere getoets, en dié diere het gevrek. Die Covid-19-inenting is nie doeltreffend om die virus teen te werk nie; inteendeel, dit maak mense dood.”

Hy staaf sy uitlatings met lyste akademiese artikels en navorsing wat die afgelope paar jaar in geakkrediteerde mediese joernale gepubliseer is. Dié artikels bevind ʼn skakel tussen Covid-19-inentings en dodelike siektetoestande soos trombose, Guillain-Barré-sindroom en hartsiektes.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

98 Kommentare

Truman Burbank ·

As sy enigste probleem is dat dit nie behoorlik getoets was nie, vind ek hom net so verdag soos die dokters wat dit gee. Ek kry solank die popcorn

Gert ·

jy moet mopoi optyp wat die man hier probeer verduidelik. Indien die gevaar liggies nie aangaan nie is jy maar slegs wat ons noem n staats skapie.

Truman Burbank ·

Nicolene. Ek dink dit was aspris “nie behoorlik getoets”. Want nou het hul n verskoning vir die absolute gruwel wat oppad is.

Jakes ·

Duisende mense het newe effekte van die inspuiting. Ek glo die dokter.

Marianna ·

Baie medikasie wat gewerk het was ook deur die WHO en andere afgeskiet en nog steeds het mense dit gebruik. Baie mense wat covid gekry het en in die hospitaal beland het, was met REMDISIVIR behandel wat hulle dood veroorsaak het. Vir wie kan ‘n mens deesdae vertrou????

Vriendelike Frikkie ·

Kry ‘n groot boks popcorn. Al die Google geleerdes en TikTok kenners en Instagram proffessore gaan nou deelneem.

Ludwig Christian ·

Hy bevraagteken ten miste die toetsing en aanvaar nie eenvoudig soos al die ander skape nie… Kyk na sy rekord van Covid behandeling en kyk jy hoeveel het pasiënte het hy verloor…. as jy in navorsing werk sal jy sy kant ook beter verstaan. Hy het n punt beet as jy na statistieke kyk wat die WHO self vrystel.. hy grond sy bewerings op navorsing en nie hoorsê nie.

Goldy ·

Solidariteit het n beroepsgilde begin, laat hulle en ander gemeenskapstrukture self mense begin akkrediteer or sertifiseer en nie n korrupte nepotisties ontplooide kader wat niks van die beroepsveld weet nie.

Impact ·

You go Dr Tros Bekker. Ons stem saam jou, ons sien hoe siek mense om ons word wat nooit voorheen siek was nie en nadat die inspuiting geneem is, het hulle gesondheidstoestand verswak. Ek en my huis het geen sodanige inspuitings geneem nie, en my man is ‘n HBP lyer – daarom dat ons besluit het om nie die kans te vat nie – vandag is ons baie dankbaar daarvoor. Geen bedrag kan op eerlikheid/reguitwees geplaas word nie!

Miskruier ·

N paar weke gelede het MM berig oor my skoonsus. Sy het as verpleegster van die eerste spuite gekry. Binne 6 maande was sy in n rolstoel. My nefie in Australie het na nr 2 gordelroos blasies op sy ooglede gehad. My dogter was in Europa tydens die lockdowns, kom huis toe en kry die spuite. Haar immuniteit is kaput, sy kry covid. My 84 jarige moeder het covid simptome gehad, een dosis ontwurmer en n paar dae in bed, nou 100% gesond. Jammer ek glo nie meer Big Pharma nie.

M ·

Bitterlik baie dankie Dr Bekker …… Opreg, eerlik en reguit. Met groot waardering vir u volgehoue standpunt. Ek vereenselwig my met u bevindinge. Welgedaan.

Vettiemaragartos ·

Dankie vir waarin jy glo en opstaan Dr. Bekker. Natuurlik gaan hul jou probeer snoer omdat jy die waarheid praat.

willie ·

In hierdie land as jy skelm en oneerlik is kom jy met moord weg, indien jy die waarheid praat word jy summier vervolg.

George ·

Hy het sy opinie as “feite” deur gegee, wat op alle dokters se beleid n nee nee is, dit sluit toe nou ou tros ook in. nie

Hannes ·

Ek weet nie wat die stelling is wat jy probeer maak nie, maar dit maak geen sin nie.

Ore ·

Stem 100% saam met hom. Ek is spyt dat ek die twee inspuitings gevat het. Is nou meer siek as voorheen. Lees mens van die sterftes veral onder jongmense wat fiks en gesond was laat mens wonder. Het ‘n kollega wat superfiks was ook verloor. Wonder maar net

George ·

Net omdat iemand fiks is, beteken nie hulle is gesond nie. Ek was op my fikste, en was n roker en heavy drinker en gemors kos eter, maar kon my 5km onder 20min doen. Het aan klomp kompitisies deelgeneem, crossfit, OCR, 94.7 fiets ens. Was fiks, maar baie ongesond.

Miskruier ·

Jy weet dis die waarheid. Ek ook, luister net na dr John Campbell, oral is meer mense dood na die vaksien as tydens covid.

Raadsman ·

“Sama meen uitlatings soos dié kan daartoe lei dat lede van die publiek vertroue in die gesondheidsorgbedryf verloor”
Bogenoemde is juis hoekom ons vertroue in die gesondheidsorg bedryf verloor het.
Uitlatings soos die van Dr. Bekker, gee ons weer ‘n bietjie hoop in die bedryf. Ek hoop minder dokters laat hulle in die vervolg deur magte manupileer.

vuurvliegie ·

Ek wens Dr Bekker was my dokter. SA het meer dokters soos hy nodig want dokters maak baie mense jaarliks dood met die verkeerde medisyne.

Martin ·

Hy soek aandag in plaas daarvan dat hy sy aandag by sy pasiënte bepaal. Hy het mense wat vir hom die geld vir die boete skenk. Daar is baie spesialiste op hierdie gebied in die wêreld wat navorsing doen oor die ente se newe effekte. Ek vermoed Tros wil ook seker graag een van die “heroes” wees.

gatgogga ·

Hy het mense wat die boetes vir hom betaal? Is jy seker, Martin? Hoe weet jy dit, nogal? Of is jy een van die mense wat alles weet?

Truman Burbank ·

Nee Martin. Die uitvinder van MRna het gewaarsku daarteen. Net so het die ontwikkelaar van die PCR toets, gewaarsku daarteen. The lucky ones died

Nicolene ·

Ek sal met groot graagte ‘n bydrae maak. Dis vir my deesdae makliker om diegene te glo wat alles kan verloor as diégene wat alles kan wen.

Ansa ·

BRAVO DOKTER! Gesonde verstand help baie…
Martin, ek stel voor jy doen bietjie navorsing.

DJ ·

Nee wat Martin, Dr Bekker soek nie aandag nie. Hy is net ‘n ligdraer van die waarheid.

Luckykat ·

Martin, gaan lees bietjie wie betaal vir al daai studies wat kastig wys die gif is goed vir jou. Dis dieselfde skelms wat dit verkoop. Hoekom nou die dr slegse? Hy probeer net die publiek waarsku teen die gevare van die entstof. Jy is vry om nie na hom te luister nie.

Lizanne ·

Weet jy hoeveel mense ken ek wat op jong ouderdom skielik siektes het wat eimtlik vir ouer mense bedoel is. Almal sê dis na die sogenaamde veilige Jab…
Dr Bekker. Dankie dat jy die guts het om teen die mag van geld op te staan. Gaan lees bietjie die verhaal van Painkiller op Netflix… ware verhaal…dokters en die mediese industrie gee nie om oor ons nie… net die geld wat ons vir hul kan gee…

Pieter ·

In die staat hospitale het niemand meer vertroue in die gesondheids stelsel nie ,sterkte Dok daar is bitter baie wat saam met jou stem en een van hulle is my huis dokter n mens hoef nie baie skerp te wees om te verstaan dat daai entstof n klomp twak is Sterkte

George ·

Truman Burbank, jy is net n vreeskweeker, mens kan dit sien op AL jou kommentaar, maak nie saak wat nie.

Truman Burbank ·

George. Ek is maa net n mal man wat in Julie 2019 gewaarsku het teen n lockdown met verdagte redes. Ek sou graag met die dokter n one on one gesprek wil voer. Want die media laat nie my vrae en kennis toe nie

Gaitsigubib ·

Ek kan nie sien hoe Truman ‘n vrees kweker is nie. Moet mens nie eintlik jou kop laat lees as jy net sonder enige langtermyn navorsing aan jou RNA (imuunstelsel) peuter nie? Sonder dat ek resultate gesien het sou ek versigtig wees. Spuit jy die goed net omdat Oom Cyril, Bill Gates en Anthony Fauchi gese het jy moet? Die 2 laastes is rojaal vergoed met royalties en eengenoemde se hele kabinet het probeer skep tydens die lockdowns. Moet mens nie bietjie vir jouself kan dink nie?

Leona ·

Baie dankie Tris. Ons staan steeds saam met jou! Ons sien tans die groot nagevolge van persone wat met ander erger siekters gediagnoseer is, en gedwing was deur hulle werkgewer. Aanhoudende hoofpyne, lyfseer, TIA’S, insomnia, altyd moeg, en soveel meer. Laat hulle ons almal maar aankla. Ek het baie deur Steve Biko Hospitaal beweeg, glo my die hele gedoente was ‘n klug. Net geldmors gewees

Gert ·

Daar is n leeuse “Moenie laat die waarheid in die pad staan van n goeie storie nie” Die wereld spin ons hul storie en sal enige waarheid wat weerstend bied , verdelg of beboet.
Staan sterk Dr Bekker.

Truman Burbank ·

Scientists have discovered, that people will believe anything when you say “scientists have discovered”

Nici ·

Sama hoef nie te bekommer nie, ons het lankal vertroue in hul en die regering verloor.

Kokerboom ·

Ondersteun Dr Bekker
Ons het ook nie inspuitings geneem. Woon in buiteland. Duisende rande aan onnodige toetse spandeer. Selfs op ‘n keer sogenaamd positief getoets in Pta met GEEN simptome om 3 dae later negatief te toets! Belaglik

latie ·

dink ander dr doen die waarheid of hul bang word boete betaal of hoe ???????of verloor die geld in dienste en daar baie dr wat geld soek en nie waarheid wil wees nie

Ronel ·

So jammer ons het nie eerder na hom geluister nie. Ek is bitter bitter bitter spyt ek het ooit die inenting gekry. Het dit gedoen op aandrang van my fanilie, en glo my ek kan agterkom aan my gesondheid dat dit nie die regte ding was om te doen nie. Ek was nog altyd ‘n gesonde persoon, niks aangesteek by niemand, gaan so een keer elke 10 jaar dr toe. Net na ek die inenting gekry het, was ek die siekste wat ek nog in my hele lewe was, vandag nog is my gesondheid nie wat dit was nie. Ek was van die begin af daarteen gekant en is so spyt ek het dit ooit gekry!!!!

Leeubekkie ·

Ronel, ek is nie spyt ek het altwee gekry nie. Geen newe effekte tot op dag en datum nie. Ek glo enige mens kan enige tyd siek raak al is jy baie fiks en gesond. Jammer om te hoor van jou gesondheid. Sterkte.

Lukas ·

Dankie dat jy opstaan vir waarin jy glo en nie soos die res van die skape is nie. Ek steun jou honderd persent!

Frikkels ·

Diegene wat so liggelowig was om hulle te laat inent, het hulle beskikbaar gestel as proefkonyne. Daar was nêrens sekerheid of dit wel werk en wat die newe effekte sal wees nie. Stelselmatig kom die newe effekte nou na vore en mense gaan dood as gevolg daarvan dat hulle hul ore uitleen aan wetenskaplikes wat net daarop uit is om geld te maak enregerings wat nie omgee hoeveel mense hulle deur hul optrede vermoor nie. Ek is dankbaar dat ek nooit enige van die sogenaamde entstowwe in my liggaam laat inpomp het nie, en ook my kinders en kleinkimders verbied het om enigsins aan hierdie wetenskapfiksie riller deel te neem. Bou voort op jou goeie werk Tros!

Leeubekkie ·

Frikkels, ek het soos bo genoem, altwee inspuitings gekry en tot dusver was ek ‘n goeie proefkonyn. Kom ons los nou maar die heen en weer gif spoeg en respekteer die wat dit gekry het en die wat daarteen besluit het. Groete!

Anel ·

Sama sê dan mense mag nie vals inligting versprei nie, maar my goeiste die hele pandemie was ‘n klug met vals inligting. ‘n Geldmaak skeema. En die die dokter prast die waarheid. Geluk het ons ook nie vir hul grap geval nie en ons nie laat spuit nie. Sterk staan dokter, jy staan by wat jy sê.

Gerhardus ·

Luidens Sama se klag is die verspreiding van “onverantwoordelike waninligting” en “ongegronde kliniese opinies” van die grootste uitdagings wat dié organisasie tydens die Covid-19-pandemie die hoof moes bied.

Wie het die meeste van hierdie “onverantwoordelike waninligting” en “ongegronde kliniese opinies” versprei? Regerings, WHO, CODC, SAMA en ook die vervaardigers van die entstowwe. Hulle het gewéét dat die nadele en sterftes baue méér is as enige voordele wat die entstowwe inhou. Hulle het selfs probeer om die uitslae van hulle toetse vir 75 jaar geheim te hou, wat gelukkig in die howe misluk het.

Ek het die statistieke van die “covid sterftes” daagliks gevolg en daar was nie ‘n beduidende styging in sterftes nie, al het hulle probeer om alle sterftes as “covid sterftes” voor te hou.

Daar kom deesdae al meer-en-meer bewyse uit dat daar ‘n toename is in sterftes van mense wat die entstowwe (en boosters) ontvang het. Daar is ‘n 30 persent toename en daar word daarna verwys as “excessive deaths”. Dié inligting is nou vir die publiek beskikbaar.

Annelize ·

Na wat ek met my eie 2 oe gesien het, glo ek hierdie Dokter volkome.

Mense wat ek persoonlik ken, wat op hierdie aarde niks makeer het nie, sit nou met allerlei gesondheidsprobleme na hulle die enstof ontvang het. Rug-, hart- en nierprobleme net om so vinnig te noem.

LIEZL ·

Ek stem ook volkome saam met die dokter. Net wat ek weet van en mense wat ek ken, is daar menige sterftes die jaar, onder andere, kanker wat nou eweskielik uitge’pop’ het, van geen geskiedenis tot binne paar maande oorlede.

Francois ·

Ek ken n man wat sy Covid inenting gekry het, en oppad na sy motor in die parkeerterrein omgery is en net daar dood is. Was dit nou nie vir die inenting nie, was hy vandag nog lewendig.

Bolandse Nooi ·

Ai Francois, ek moet nou lekker lag! Jy praat nogal die waarheid – was dit nie dat hy vir die inspuiting gegaan het nie, het hy dalk nog gelewe (al was dit ‘n kwessie van “being in the wrong place at the wrong time”).

bolletjie blom ·

Dokter jy is n ie verkeerd nie. Ons almal is soos ‘n klomp skape ter slagting gelei en was half geforseer om die inenting te vat.

Arno ·

Staan bankvas agter jou Dr. Al hoekom hulle jou wil stop om die waarheid te verkondig is oor hulle weet jy is reg en dan gaan hulle geldjies verloor. Inteendeel massa aksie moet geneem word sodat hulle aan die pen kan ry vir wereld moord!

Papsak ·

Dankie Dr jy darem eerlik ek stem saam jou staan agter jou dit is waarheid daai baie mense al gesterf wat in enting gevat het en daagliks sien jy nog hoe mense val net siek word en dood is hulle hierdie Dr moet n medalje kry regtig dankie dok

Charl Albertus ·

Daar is al hoe meer dokters wat op staan teen die ent. Ek het ‘n vriend van my,’ n dokter, gevra om my in leke taal te verduidelik is vout met die ent. Na hy my verduidelik het staan ek ook teen die ent. In Namibië vat hulle nou die staat hof toe. Die staat in Namibië het Suid Afrikaanse gereg span aan gestel.

En al wat hulle wou sien is die dokumente waarop die staat hul besluite geneem het. Maklik genoeg, maar die staat kan nie die dokumente verskaf nie.

So, as dit alles soooo reg was, hoekom trap die staat water?

ES ·

Hoekom ‘n Suid Afrikaanse regspan? Die Suid Afrikaanse regstelsel en Namibiese regstelsel is dalk eenders maar dis nie dieselfde nie? En terloops kan Suid Afrikaanse regslui nie net sommer in Namibie regte praktiseer nie?

En hoekom sal die staat ‘n privaat regspan aanstel? Die staat se doel is om kriminele aanklagte names die staat (en die mense van Namibie) te voer. Die staat het aanklaers wat hierdie werk doen. As regslui sluk ek bietjie swaar aan hierdie bewering.

annie ·

Destyds is die hartspesialis van die Kaap ontrent geslag oor haar opmerkings en waarskuwing. Die regering is bang vir groot eise en natuurlik wil hulle weer die volgende virus benut om die volk en nasie soos soet kinders te hok en te teer en veer as hul lekker kan baat uit skenkings wat altyd mos so ongevraag oor Afrika se pad kom en hul nie nee dankie mag sê nie.

Grietha ·

Ek is baie seker dat ek ook een van die Covid inspuiting slagoffers is. Het nooit Covid gehad nie.
In Mei’21 sien ek n hartspesialis. Roetine ondersoek. Volgens hom het hy lanklaas iemand van my ouderdom gesien wat so n gesonde hart en oop are het. Die Augustus en Sept gaan ek vir die inspuitings. In Nov een oggend net voor oefeninge begin my hart verskriklik klop en my bloeddruk styg tot 168 oor 130. ( My bloeddruk is altyd 120 oor 80 en ek drink geen pille). Ek beland in die noodeenheid. Hart senuwees raak aanmekaar. n 4 uur lange prosedure volg. Lees later dat 1 uit elke 200,000 mense gebeur dit mee agv die inspuiting. So ja ek glo die dokter

Nettie ·

Ek is jammer dat jy geraak was, Grietha. Klink na ‘n erge ondervinding, en ek hoop en bid jy is nou beter. Dankie dat jy met ons gedeel het.

Bolandse Nooi ·

Grietha, daar was iets verkeerd met daardie spigmanometer. 168/130 … jou diastool lesing is hopeloos te naby aan die sistool lesing. ‘n Normale bloeddruk is iets soos 120/70. 168/30 is nog glad nie naby werklik-gevaarlik hoog nie. Vat dit van my – my bloeddruk (mét pille) draai so by die 190/110. Jou “hartsenuwees wat aan mekaar raak” dui daarop dat jy iets soos tagikardie of kardiale arritmie het, wat heel normaalweg onder baie ouer pasiënte voorkom (jy sê nie hoe oud jy is nie). Jy het waarskynlik ‘n hartomleiding ondergaan en ek neem aan jy is nou op medikasie wat jou hartritme en bloeddruk beheer. Dit is iets wat met of sonder die COVid-19 “jab” kon gebeur het.

Bernard ·

Desmond Mulligan (of Milligan) wat R31 milj eis vanaf ons eerlike deursigtige regering … sy velamming 3 dae na die spuit is ook seker net toevallig.

Die “correlation is not causation” propaganda veldtog breinspoel net nog meer.

ES ·

Daar is net soveel dokters wat glo dat dit goed is as wat daar dokters is wat glo dat dit sleg is. En al twee kante het navorsing om hul bewerings te staaf. Al wat nou gebeur is dat die leser die kant kies van die narratief wat by hom/haar pas.

Gaitsigubib ·

Nee jy is verkeerd. Die standaard om vorige ente te toets was ten minste oor n periode van 10 jaar en as daar ENIGE newe effekte was het hulle dit dadelik van die mark onttrek. Jy kry nou, soos jy se, 2 tipe mense. Die wat die waarheid praat en die wat aanhou lieg.

Alexander ·

Almal wie ek ken wat geënt is, is nog lewendig en so gesond as wat hul voor alles was?

Gaitsigubib ·

Die wat dit nie gehad lewe seker ook almal? Wat is dan jou bevinding? Hoeveel wat jy geken het is dood aan “natuurlike” oorsake wat nog die een oomblik blakend gesond was?

Andre ·

Ek self sal twee keer dink om ‘n dokter met die naam Tros te glo. It cuts both ways I guess ????

M ·

Klim jy, en jou tros, dan maar van die Wa af …… en los die intelligente Dr Bekker, Tros en al, op die Wa van goeie gesondheid en die waarheid.

Bernard ·

Logika kan nogal help tot gesonde gevolgtrekkings. Ons gavamênt vernietig Eskom … Transnet …. SAA … staatshospitale en baie andere …. kom weg met al hulle korrupsie en misdaad …. benadeel burgers met wetgewing … dryf SA in die grond in ……. en dan kom covid …. hok toe vir almal ….. want die gavamênt “wil SAners beskerm” ….. wow …. en dan in 2021 en 2022 forseer die gavamênt die “safe and effective” inspuitintjie op SAners …. en Phizer se deal met die kANCer kom toe onlangs op die lappe … gelukkkig is SAners meer streetwise as die “intelligente” Europeërs. Tot watter gevogtrekking kom gesonde logika?

Ian ·

Dankie dr Tros. Staan sterk. Daar is duisende ordentlike drs en wetenskaplikes wat soos jy dink. 75% van SA het dit nie geneem nie en makeer niks.
Baie dokters in SA weet dat dit gif is maar sê maar liewer niks terwille van ‘n valse vrede. Kinders en jongmense kry skaars verkoue van Covid. Hoekom word hulle dan gespuit? Hoekom het covid en alle sterftes in lande wat meer as 80% gespuit is die hoogte ingeskiet. Hoekom het lande wat hulle niks hieraan gesteur het nie niks oorgekom nie. Hoekom word Bill Gates wat as ‘n geldjagter besigheidsman bekend staan deur die media gebruik om ons oor covid in te lig. Veel eerder vertrou ek dr Bekker se opinie.
Dit is net ‘n moroon wat nie die olifant in die vertrek raaksien nie.

Marius ·

Sien dat groot Farma het al weer sy kop uitgesteek. Wonder eie versprei “oningeligte inligting” . Die hele covid19 is een helse hoax.. Farma het lekker geld gemaak.

Nettie ·

Nee SAMA. Wat ons vertroue laat verloor het, is toe daar vir ons gelieg is.
En wanneer julle mense wat probeer opstaan vir reg en geregtigheid, soos die Bybel ons verplig om te doen, demoniseer, beboet, dreig en probeer stilmaak.

Julle vergeet. Vandag kan mense self ondersoek instel. Ons is nie meer almal die oningeligte plebs van 500 of 200 jaar terug nie.

Antoinette ·

Mooi ou maat. Dis jou plig as kind van God om die waarheid uit te bring. Jy sal beloon word.

Truman Burbank ·

Weet jy hoeveel predikante het dit voorgestaan? ‘n Groot NG kerk in PTA het selfs sy gronde beskikbaar gestel sodat mense daar gejab kan word. Meer as ander Sondae

Dana ·

Tros was ons huisdoktr toe ons in Pretoria Noord gewoon het. Uitstekende dokter. Ek persoonlik is bitter spyt ek het die Covid vaccine geneem, want ek sien heelwat van my vriende wat skielik gesondheids (en veral hart) probleme ondervind.

Pieter ·

Gaan lees op oor “Turbo Cancer” dis nie ‘n mediese term nie maar ‘n etiket wat in die media pos gevat het oor die skielike verskynsel van fase 4 kanker wat in mense veral die jonger mense 20 ‘s tot laat 30’s verskyn. Iets wat totaal ongehoord is in daardie ouderdoms groep en dit neem lewens met ‘n aggressie wat onkonloëe stom slaan en die mense leef tussen 3 maande tot 12 maande na diagnose. Dit alles na die 1ste inenting en die daaropvolgende “boosters” wat geneem afgedwing was.

Die VN se WHO het voorheen gepraat oor die sterftes maar hierdie aggresiewe kanker sterftes swyg hulle nou heeltemal oor.

Bernard ·

Kom ons soek eerder oplossings. Die hele beplandemie ding gaan weer gebeur …. verseker.

https://www.bitchute.com/video/MYRcZtXDB4aX/

Elemente in SA en in meeste ander regerings druk hiervoor …. in die geheim ….. nêrens te siene in hoofstroom media …. agter ons rug ….. geen publieke deelname …. word hierdie euwel skelm beplan en deurgedruk. As dit dit by WHO deurgaan middel 2024 het elke mens op aarde groot moeilikheid. Dink terug aan die lockdown …. weg is jou vryhede … jou hele lewe verander in ‘n kort tydjie.

Wat kan ons as landsburgers doen? Die volgende ….. don’t comply ….. werkgewers hou julle besighede oop ten alle koste ….. werknemers gaan werk toe ten alle koste …. gaan aan met die lewe ….. as ons comply …. dan is dit neusie verby.

As ons comply …. dan doen ons dit tot eie nadeel ….. tot ‘n vernietigde ekonomie …. en uiteindelik tot slawerny.

Bou bietjie legkaart …. nasionale gesonheidsversekering … mmm …. hoe skakel dit in by die WHO treaty? Meer staatsbeheer …. geen private gesondheidsdienste …

Kom ons dink bietjie vir onsself.

Bolandse Nooi ·

Jene, dokter, en hier het ek in 2020 gegaan vir die “jab”, weer in 2021, 2022, 2023 … en hier staan ek vandag steeds …. talle “komorbiditeite” en al. Die enigste newe-effek wat ek gehad het na die 1ste “jab” was ‘n arm wat effe seer was. En al my kollegas, talle vriende en kennisse het siek geraak – sommige van hulle meer as een keer en heel ernstig – aan COVid-19 en ek toets steeds negatief. Nou wonder ek … dalk was daar iets spesiaal in my “jabs” dat ek nie die gedoente opgedoen het nie ……

Gaitsigubib ·

Dit is fantasties dat jy bereid was om van jouself n proefkonyn te maak. Het jy dit gedoen sodat die data vir ons ander beskikbaar sal wees, of omdat jy traak my nie agtig is wanneer jou gesondheid ter sprake kom? Dis dit tipe terugvoer wat belangrik is vir ander om ingeligde besluite ivm hul gesondheid te neem. Hou asb aan terugvoer verskaf.

Bernard ·

Die hele intentingsveldtog is deur vrees aangeblaas. Dis nou sowaar om die wolf in die skaapkraal los te laat …. kyk hoeveel mense getuig self hier van hulle jab beserings … gaan die trolle hulle leuenaars noem?

Leoni ·

Dankie Dr Bekker vir jou dat jy ongeag die omstandighede die waarheid praat. Jy is ‘n ware dokter, menigte kan by jou leer. Ons salueer jou vir jou openhartigheid.

Truman Burbank ·

Sorry. Te vinnig geantwoord. Nou gesien wat jy gedoen het. Skerp

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.