‘Waarheid moet uit’, al kos dit dokter alles

Dr. Tros Bekker. (Foto: Facebook)

ʼn Algemene praktisyn van Pretoria Noord voel só sterk daaroor dat die Covid-19-inenting uiters skadelik is vir mense, dat hy bereid is om sy beroep én sy reputasie op die spel te plaas. Dr. Tros Bekker word deur die Raad op Gesondheidsberoepe (RGB) aangekla van onprofessionele gedrag en sal in November voor ʼn paneel van die raad verskyn om sy saak te stel.

Die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging (Sama) het in Januarie 2022 ʼn klag teen hom ingedien nadat hy op sy Facebook-blad gesê het “elke dokter of persoon wat die Covid-19-inenting toedien, is ʼn moordenaar”.

Indien hy skuldig bevind word, kan hy belet word om verder te praktiseer, of ʼn swaar boete opgelê word. Hy is een van talle medici wat met soortgelyke klagte teen hulle sit nadat hulle volgens Sama “valse inligting” oor die Covid-19-entstof versprei het.

“Ek het alles om te verloor. My werk, my reputasie, selfs my huis. Maar ek kan nie stilbly nie. Ek glo dokters het ʼn plig om die waarheid te praat en pasiënte oor die gevare van die Covid-19-inenting in te lig. Elke pasiënt het ten minste die reg om ʼn ingeligte besluit te maak.”

Dit gaan hom boonop R500 000 kos om homself voor die RGB te verdedig, geld wat hy moeilik in die hande gaan kry. ʼn Datum vir die verhoor is nog nie vasgestel nie, maar dit sal “iewers in November” plaasvind.

Luidens Sama se klag is die verspreiding van “onverantwoordelike waninformasie” en “ongegronde kliniese opinies” van die grootste uitdagings wat dié organisasie tydens die Covid-19-pandemie die hoof moes bied. Bo en behalwe die Facebook-inskrywing is Sama ook vies oor verskeie boeke wat Bekker oor die Covid-19-pandemie en virus geskryf het. Hierin bevraagteken hy wêreldregerings se reaksie op die uitbreek van die virus, sowel as die effektiwiteit van alle Covid-19-inentings. Hy wys daarop dat veel meer mense jaarliks aan griep sterf (1% van die wêreldbevolking), as die 0,05% wat sedert 2019 aan Covid-19 gesterf het.

Sama meen uitlatings soos dié kan tot gevolg hê dat die publiek vertroue in die gesondheidsorgbedryf verloor.

Bekker het aan Maroela Media bevestig hy glo die Covid-19-entstowwe – almal van hulle – is nie behoorlik getoets nie en hopeloos te vinnig goedgekeur. “Dit is nog net op diere getoets, en dié diere het gevrek. Die Covid-19-inenting is nie effektief om die virus teen te werk nie, inteendeel, dit maak mense dood.”

Hy staaf sy uitlatings met lyste akademiese artikels en navorsing wat die afgelope paar jaar in geakkrediteerde mediese joernale gepubliseer is. Dié artikels bevind ʼn skakel tussen Covid-19-inentings en dodelike siektetoestande soos trombose, Guillain Barre-sindroom en hartsiektes.

In ʼn brief gedateer 21 Augustus 2021 waarsku Pfizer Suid-Afrika self dokters oor die skakel tussen die inenting en inflammasie van die hartspier, wat skynbaar veral ná die tweede dosis en veral by jonger mans voorkom.

Dokumente wat Pfizer in Maart 2022 bekendgemaak het nadat die hof hom verplig het, wys dié farmaseutiese reus se inenting kan tot soveel as 1 000 newe-effekte tot gevolg hê. Dit sluit in die moontlike ontwikkeling van koorsblare, embolisme, diepaar-trombose, epileptiese psigose, pankreatitis, longontsteking, lewerskade en lae geboortegewig. Die Suid-Afrikaanse Reguleringsowerheid vir Gesondheidsprodukte (Sahpra) het destyds egter steeds volgehou die entstof hou meer voordele as nadele in.

Bekker maak ook staat op dit wat hy in praktyk sien en by talle ander dokters, plaaslik én internasionaal, hoor. Hierdie dokters, sê hy, is spesialiste en kenners in hulle veld. “Ons almal sien dieselfde ding: ʼn Skielike toename in hartsiektes, longprobleme en infertiliteit by pasiënte wat die inenting gekry het. Ek sien dit elke dag in my praktyk.”

Maroela Media het onlangs berig oor verskeie slagoffers wat siviele eise teen die departement van gesondheid ingestel het nadat hulle ernstige newe-effekte ontwikkel het nadat hulle teen Covid-19 ingeënt is. Dit sluit Pfizer- en J&J-entstowwe in.

Bekker sê baie dokters voel soos hy, maar is te bang om hul mening te lug, uit vrees vir vervolging.

Ek is dankbaar vir die medici wat opgestaan en rug styf gemaak het teen die mRNA [die aktiewe bestandeel in die inenting] -inspuitingsveldtog,” skryf ʼn mikrobioloog in ʼn selfoonboodskap aan Bekker. “Ek het saam met van my kollegas ons sterk uitgespreek oor die aanwending van mRNA en ander bestanddele, om die geskepte ‘pandemie’ te beheer,” lui die boodskap wat Maroela Media gesien het.

Nadat die RGB oor sy lot besluit het, droom Bekker van ʼn sentrum in Johannesburg waar mense met Covid-19 én newe-effekte van die entstof, behandel kan word. Dit sluit in die gebruik van natuurlike medikasie en die beoefening van ʼn gesonde leefstyl.

“Dit is nie alles verlore nie. Daar is hoop en maniere om die skadelike effek van die entstof teen te werk. Die mediese wetenskap is ongelooflik.”

Klik hier of hier vir meer inligting oor Bekker se saak of om hom te ondersteun.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Gaitsigubib ·

Dr jy doen wat jy doen, nie net vir jouself nie, maar vir almal vir wie vryheid nog belangrik is. Mense sal hulle nie kan indink watter moeilike stryd jy nou moet stry nie. Vir jou is alles op die spel. Bly asseblief vasberade en heldhaftig. Soos hulle se: “the truth will set you free.”

Gaitsigubib ·

Christine, alles wat in daardie lab gebeur het is betaal beplan en uitgevoer deur die VSA. Mens behoort eintlik te luister na die vrae wat in die VSA in die parlement gevra word, dan kan jy nie verstaan dat niemand nog tronk toe is nie.

Bekkie ·

Ek het hoog waardering vir iemand wat vir dit opstaan, Dokter jy het ruggraat wat meeste dokters nie het nie, almal is te bekommerd oor geld en hul reputasie veral……ek voel as jy die covid inspuiting kan vat dan sal jy die merk van die dier ook vat……… al hierdie goed en wat in Israel gebeur staan in die Bybel, die government wag net vir die mense om te begin beswyk aan hulle harte van die gemors wat ingespuit is. Daar is ook nie eers stickers met die “ingredients” op die botteltjies nie…….wat se hulle steek mos iets weg………. Sterkte vir jou en jou gesin!!

Hendrik Daniël ·

Sedert einde 2022 wys statistieke van Our World in Data en Worldometer, wat meestal aanvaar word, dat hoër ingeënte lande meer oormaat sterftes per miljoen het, as lande wat laer ingeënt is.
Dit kan gesien word as alle lande se oormaat sterftes per miljoen oor die pandemietydperk getrek word teen hul vol-inentingspersentasies van einde 2022, en ‘n geweegde gemiddelde kromme bepaal word.
Ek het dit gedoen, dit gepubliseer waar ek kon, en selfs ‘n video daaroor gemaak.
Dr Bekker is reg – Covid-19-inentings was eerder dodelik as lewensreddend.
My publikasies hieroor is te vinde op Waarheid in Liefde Produksies onder die kategorie Wetenskap.

Marietjie ·

As die mense dit wil vat en nie wil luister nie, los hulle, hulle dra die gevolge van hul aksies.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.