Optrede gevra teen medici wat ‘vals nuus’ oor Covid-19-entstof versprei  

(Foto: Unsplash)

Die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging (Sama) het ʼn beroep op die Raad vir Gesondheidsberoepe (RGB) gedoen om mediese beroepslui wat hul etiese pligte oortree deur die verkeerde inligting oor die Covid-19-entstof te versprei, te dissiplineer.

Volgens Sama het hy met groot kommer kennis geneem van die verspreiding van valse inligting oor Covid-19-entstowwe deur individue in die mediese beroep. “Medici wat verkeerde inligting oor Covid-19-entstowwe versprei, kan mense ontmoedig om ingeënt te word, wat tot voorkombare lewensverlies kan lei,” het Sama in ʼn verklaring gesê.

Dit kom nadat ʼn herrie ontstaan het oor dr. Susan Vosloo, Suid-Afrika se eerste vrouehartchirurg en ʼn vooraanstaande dokter wie se mening wyd gerespekteer word, se uitlatings rakende Covid-19-entstowwe.

Vosloo sê in ʼn video wat op die BitChute-platform gelaai is, onder meer dat die “entstof nie ingebring is vir Covid nie, maar dat Covid ingebring is vir die entstof”. Vosloo sê ook vlae van die virus – wanneer dit sal kom en gaan – word voorspel en dat ʼn “mens wonder hoe dit gebeur”.

Volgens Sama moet persoonlike oortuigings en menings nie inmeng met gesonde mediese bestuur nie. “In die geval van ʼn veilige, doeltreffende inenting teen Covid-19 wat deur die Suid-Afrikaanse Reguleringsowerheid vir Gesondheidsprodukte (Sahpra) vir gebruik goedgekeur is, het medici sekere pligte soos bepaal deur die RGB.

“Dit sluit in om pasiënte as individue te respekteer en hul inherente waarde, waardigheid en gevoel van waarde te erken; om nie skade te doen of op te tree teen die beste belange van pasiënte of die samelewing nie, selfs as hierdie belange met hul eie bots; om die waarheid as die basis van vertroue in hul professionele verhoudings met pasiënte te beskou; en om daarna te streef om ʼn positiewe bydrae tot die samelewing te lewer in ooreenstemming met hul professionele vermoëns en sosiale posisie.”

Sama het verder daarop gewys dat dit ʼn oortreding is om met opset skadelike, onakkurate en vals inligting oor Covid-19-entstowwe te versprei wat tot voorkombare sterftes kan lei. “Ingevolge die Wet op Rampbestuur begaan ʼn persoon wat enige verklaring deur middel van enige medium, insluitend sosiale media, publiseer met die doel om enige ander persoon te mislei oor Covid-19 ʼn misdryf en is dit ná skuldigbevinding strafbaar met ʼn boete of gevangenisstraf van hoogstens ses maande, of beide die boete en gevangenisstraf.”

Volgens Sama ondersteun hy Covid-19-entstowwe as noodsaaklik en onderskryf hy die belangrikheid van wetenskaplike integriteit, deursigtigheid en vertroue van die publiek in Covid-19-entstowwe.

“Medici het ʼn etiese plig, soos uiteengesit in die eed wat hulle afgelê het, om die gesondheid en welstand van hul pasiënte te prioritiseer; om hul beroep met gewete en waardigheid te beoefen in ooreenstemming met internasionale standaarde vir beste praktyk en om die mensdom te dien.

“Sama sal nie sy lede ondersteun wat verkeerde inligting oor Covid-19-entstowwe versprei nie. Sama keur nie onetiese en onwettige gedrag deur sy lede goed nie en doen ʼn beroep op die RGB om medici te dissiplineer wat hul etiese pligte oortree deur die verspreiding van verkeerde inligting oor Covid-19-entstowwe.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

161 Kommentare

Pieter ·

Wie bepaal wat is vals nuus? Dr Vosloo het raak punte, veral dat hartprobleme ontstaan na inspuitings en die Neurenbergkode wat vertrap word.

VaalDonkie ·

“vals nuus” hang af van hoeveel afduimpies daar op die internet is.

Wakkerslaper ·

Vals nuus of inligting kan nie met betroubare, wetenskaplike feite bewys word nie. Daar is geen mediese/wetenskaplike bewyse vir Dr. Vosloo se argumente nie – daarom is dit vals. Dit val in dieselfde klas as die groep mense wat glo wetenskaplikes lieg vir die mensdom en dat die Aarde plat is….

Werner ·

Daar is op hierdie staduim geen wetenskaplike bewyse op die entstof nie.Dit os nog om in n toetsfase en kan nie eers as entstof geklassifiseer word nie.

Perdeby ·

Jy kry hart probleme van die virus ook asook long probleme soos ek en het nog glad nie ingeent nie. So nou wat nou.

Ilze ·

Absoluut. Maar laat hul stappe neem. Dr Vosloo en kie sal wen in die hof

Wakkerslaper ·

MM moet die verantwoordelike ding doen en ‘n artikel plaas wat al hierdie C-19 entstof nonsens weerlê met FEITE – daar is meer as genoeg betroubare bronne om so ‘n artikel te skryf.

Nie EEN van julle wat so gekant is teen die C-19 entstof kon al met ‘n ENKELE BEWYS vorendag gekom het nie…

Lanfear ·

Sal nie gebeur nie. Kyk net hoe word jy af gestem deur dit voor te stel. Die conspiracy theorists en anti-vaxxers stel nie belang in wetenskaplike feite nie.

Bushy ·

Iceland – Klein landjie The Intensive Care Unit of the National University Hospital of Iceland (Landspitali) is being strained by the recent increase in Covid-19 cases. Mbl.is reports that currently 30 people are hospitalized with Covid-19, thereof 7 in intensive care and 23 in the Emergency Department. Of the Covid-19 patients in intensive care 4 had been fully vaccinated and 4 are connected to a ventilator.

According to the Landspitali the average age of hospitalized Covid-19 patients is 65 years.

Of the 23 in the emergency department 17 are fully vaccinated and 6 are unvaccinated. During the ongoing fourth wave 73 people have been hospitalized with Covid-19, with a third of them being unvaccinated. A total of 11 people have been treated in the intensive care unit, 6 of them fully vaccinated.

To help the Landspitali ICU and Emergency Department better cope with the influx of Covid-19 patients measures have been taken to move some patients to the Health Care Institution of South I

Lanfear ·

Ek sien jy pik lekker uit die Iceland statistieke en artikels uit. Jy het hierdie gedeeltes vergeet:

“But contrary to online misinformation and conspiratorial social media posts, infectious-disease experts say Iceland’s outbreak actually illustrates how effective the vaccines are at preventing the virus’s most severe impacts.”

“Many of the country’s recent infections have occurred among vaccinated people, but they’ve been overwhelmingly mild. So even as new cases multiplied, Iceland’s rates of covid-19 hospitalizations and deaths have remained low. Of the 1,300 people currently infected, just 2 percent are in the hospital. The country hasn’t recorded a virus death since late May.”

““Currently there are 1072 people in isolation due to COVID-19 in Iceland, ten of which are hospitalised. About 97 percent of those infected have mild or no symptoms,” Knútsdóttir added. This latter statistic is not taken into consideration by the alarmist posts on social media.”

Johan ·

Gaan hulle dit konsekwent doen wanneer dit duidelik word dat die entstof nie die ‘Knight in shining armour’ is soos wat dit tans voorgehou word om te wees nie? Dan kan die dokters wat die entstof as “die enigste oplossing” ook maar aangetree word.

Deon ·

In news 24 is daar n berig met dr Fauci, n wereldkenner in pandemies en so aan waar hy in vraag 11 eerste paragraaf se dat kudde immuniteit bereik kan word met vaccines en mense se eie teen liggampies.

Marissa ·

Ag pft! Fauci ‘n kenner? Het jy al die ander twak gesien wat Fauci al kwyt geraak het? En die emails ens wat hulle gekry het voor die pandemie? Ek dink jy het nog nie genoeg navorsing oor Fauci gedoen nie. Want dan sou jy van beter geweet het as om hom te noem.

Johan ·

Presies Johan, wie bepaal wat is “vals inligting”? Die massa media? Politici?

MakersMark ·

Ongelukkig vir die middeleeu denkers maar inenting is die enigste lang termyn, volhoubare oplossing.

Cobus ·

Eers sanik die jabbers dat alle medici vir die jab is. Nou begin medici teen dit praat en nou word die kwalifikasies betwyfel. Die pro jabbers bly die naratief verander, ek wonder hoekom?

Chef ·

Dalk is hulle -pro inspuiting- nou meer onseker want hulle het onbekende terrein betree. Deur te projekteer voel hul beter oor hul besluit om in te laat spuit

Andreas ·

Dis duidelik dat dit oor inligting gaan wat die inspuitings nie so goed laat lyk nie.

Johan ·

Hoe Koos? Dis n ongetoetsde behandeling. Kom vertel vir ons hoe kan enige iemand die teenoorgestelde bewys?

Alida ·

My suster se huisdr aan die Wesrand was ook een wat anti die entstof was en haar pasiënte afgeraai het om entstof te kry, my sus ingesluit. Baie van selfde argumente gebruik as dr Vosloo, die kinderdokter. My sus se dr het dus ook nie die J&J inspuiting gekry nie, en sy is begin Julie oorlede aan covid. Sy was maar in haar vroë 50s. Baie van haar pasiënte, sus ingesluit, het toe tot ander insigte gekom en vir spuit geregistreer.

MakersMark ·

Goeie voorbeeld van ‘n verlies wat voorkom kon gewees het. Wonder waarom is so baie mense se denke nog middeleeus ? Selfs die wat veronderstel is om van beter te weet.

Nell ·

Dr Vosloo is NIE ‘n ”kinderdokter” nie. Sy IS ‘n hartspesialis met hope meer gesonde verstand as baie van die kommentators hier…

Thom ·

Sy is ‘n chirurg wat NIKS weet van aansteeklike siektes nie en het dit bewys .

Marissa ·

En wat weet JY van aansteeklike siektes presies? Het jy gesien hoe ver haar kwalifikasies strek??

Heinrich ·

En daar is nog niemand dood wat die eksperimentele inspuiting geneem het nie? Kyk maar weer. Daar is ander middels beskikbaar sonder om op ge-eksperimenteer te word.

Dirk Mostert ·

Jou sus het seker soos in die meeste ander sterftes suurstofbehandeling gekry. Slaan na oor suurstofvergiftiging.

Deon ·

Sy is reg op ten minste een punt, die golwe word voorspel met tye wanneer dit gaan kom daaraan gekoppel.

Gerhard ·

Ja dit van nie n hartshirurg om te besef dat Suid afrikaners nie oor kersfees en paasfees by die huis kan bly nie en dan eerder wil kuier en graag op vakansiewil gaan. So jy kan verwag dat daar baie infeksies sal wees. So ek stem saam met jou, jy kan maar net na mense se gedragspatrone kyk om te voorspel waneer die pieke sal kom.

MakersMark ·

Presies. Dis nou die 3 de golf, en drie keer dieselfde patroon. So wanneer is die volgende golf ? So vier na ses maande na die vorige een….

Mariana ·

Ja nee nou sal hulle wat hul opinies en nie saamstem met die inentings nie, vervolg word. Hoekom? Ek dog ons bly in ‘n demokratiese land of is die land net bedoel vir jou as jy ja en amen op als. Laat mens dink dat Dr. Vosloo en ander dalk net iets beet het. Vryheid van spraak mos darem deel van hierdie demokrasie of is dit ook net vir sekeres bedoel.

Cobus ·

Ongelukkig word meeste mense wat teen die naratief praat deur Youtube, Google ,Facebook ens nie heeltemal dieselde hanteer as die pro jabbers nie. En daardie platvorms het legio plasings wat presies versprei wat die massas wil hoor en die naratief pas. Nou beskuldig dieselfde pro jabbers mense dat hulle sosiale media videos kyk wat vals is. Bewys die Dr verkeerd anders is die pro jabbers dalk vals nuus.

pokkel ·

daar’s ‘n deeglike uiteensetting van haar onakurate stellings by DailyMaverick

Nici ·

Sama moet besef dat SA ‘n demokrasie is en dat mens nie die eerste ou wat van mening is dat die aarde dalk nie plat is nie, sommer moet vervolg nie. Wetenskaplike benadering vereis debat en die waarheid is dat Israel nou derde inentings moet gee want daars met Delta geen verskil in positiewe gevalle tussen ingeente of oningeentes nie.
Daars mense wat doodgaan na die inenting of gesondheidsprobleme ervaar en Sama moet eerder hulle koppe intrek en ophou dink hulle weet alles en in die proses help om die wereld te verander in so ‘n goor totalitere samelewing dat mens niks het om voor te lewe nie. Covid sal die minste van ons probleme wees.

Otto ·

Wat my bekommerd maak is sodra daar n uitlating is wat nie SAMA se deuntjie fluit nie dan is dit vals nuus. Hoekom gee hulle dan nie eers daardie mense kant om hulle bewerings te staaf met feite voor hulle aangevat word as doemprofete en verspryders ban vals nuus nie.

Robert ·

Presies my gedagte… hier sit iets baie duister agter die vrystelling van ‘n biowapen deur die CCP op die mensdom.

Daan ·

Ek dink dat die dokter die waarheid praat dis hoekom sy bereid was om haar naam te gebruik. Vele ander dokters en mediese persone weier ook om gespuit te word maar weet wat die gevolg gaan wees as hul dit openbaar. Laat die Dr Vosloo haar standpunt stel en bewyse lewer voordat sy sommer net gekruisig word deer n mediese raad. Baie staan agter die dokter en ondersteun haar 100%

ES ·

Elke persoon het sy keuse oor of hul die entstof wil kry of nie.

Die probleem is as een dokter haar persoonlike mening op sosiale media platforms sit oor ‘n veld waarin sy feitlik baie min kennis het. Sy is nie ‘n viroloog nie, sy is ‘n hartspesialis. Daar is honderde dokters wat nie saam met haar stem nie.

Wat my bekommerd maak is dat daar soveel onenigheid en onkunde is tussen al die medici oor of die entstof skadelik is of nie.

Die feit is, die entstof bevat ‘n verswakte weergawe van die virus, dis nie ‘n wonderwerk-kuur nie. So dit verbeter jou kanse op oorlewing. Die mense wat kwale daarvan kry is weinig min. Net soos met jou cholesterol, bloeddruk medikasie ens. kan jy newe effekte kry wat ander mense dalk glad nie sal kry nie.

ES ·

Ek sien meeste mense stem nie saam met my nie, en dis oukei. My vraag is net dit: Hoe maak mens ‘n besluit as jy nie self ‘n kundige is nie? Mense aanvaar te maklik en vinnig informasie waarvan hulle self geen kennis het nie. Dokters kan ook verkeerd wees.

Robert ·

En daar is honderde wat wel saamstem, luister albei kante en neem dan die besluit maar moet nie my ontneem om al die kante van die storie te kry nie, dit is tirranie waneer vrye spraak onderdruk word.

Helizna ·

My afduimpie is oor jou leuen dat die jibjab ‘n verswakte weergawe van die virus bevat. Dis mos glad nie die geval nie! As jy oor een ding kan fopnuus versprei, wat sê die res van jou boodskap is waar?

Werner ·

Laat elke mens self besluit of hy die spuit wil kry of nie.As jy ingeënt is hoef jy mos nou nie bekommerd te wees nie jy is dan nou veilig.Maar moenie probeer om iets in ons kele af te druk wat ons nie wil he nie.Daar is alternatiewe en as ons verkies om dit te gebruik is dit ons saak.Jy wat ingeënt is het mos nie n probleem nie.

Werner ·

Dink jy wat n produk gebruik wat nog in n toetsfase is doen dit op leuns gebaseer.

Gerhard ·

Die inenting is nie so n eksperiment as wat sommige mense steeds glo nie. MM het n paar gesprekke met dokters op die website geplaas waar hulle verduidelik waar die inentings vandaan kom. Ja die inenting was nie voor covid 100% reg nie, maar dit is nie asof hulle vna niks af begin het nie. Ek weet nie of 4.7 biljoen inentings met 1.82 biljoen mense wat ten volle ingeent is nog as n eksperiment geklassifiseer kan word nie.

Ek sal eerlik wees, ek is minder bekommerd oor die inetings wat ek reeds gekry het as wat ek is oor wat in die nuutste Craft bier of in polony is.

Jessey ·

Ek is nie seker of dit regverdig is om hier bo te se iemand wat na ‘n video kyk en dan besluit nie. Dit voel vir my dat die stelling meer neig in die rigting van “Jy is onkundig en dis hoekom jy besluit om nie gespuit te word nie”. Ook dat die aanname gemaak word dat mense hulle besluite baseer op Youtube videos. Ek baseer my besluit om nie gespuit te word op my kennis van my liggaam, my gesonde verstand, my geloof, Gesprekke in die media (5% indien soveel), Mediese opinies ens. Ek kry nie eers Griep inspuitings nie, want ek besluit so. Baie gevaarlike stelling, siende ek nie weet of die volgende persoon wat gespuit is sy besluit op ‘n Youtube video gebaseer het nie?

Riaan ·

As die pro vaxxers net so baie tyd en energie gebruik om die kwelvrae van die massa te beantwoord soos wat hulle spandeer om mense wat nie met hulle saamstem nie te vergruis, sal dit dalk ook help.

Die feit is daar IS baie vrae wat in die lug hang, en as mense met mediese opleiding nie eers kan saamstem nie, hoe dink hulle voel ons ?

MakersMark ·

As die anti vaxxers wil ophou om sameswerings teorieë en middeleeuse retoriek aan te hang en ingeent te word kan infeksie vlakke daal, die lewe kan weer na half normaal terugkeer en verdere en meer dodelike variante kan voorkom word.

Werner ·

Infeksie vlakke in Indië het gestyg na hulle die spuit gekry het.Jammer daai storie dat dit infeksie vlakke laat daal is nonsens.

MakersMark ·

Die storie is korrek gaan kyk hoeveel mense en hoeveel is ten volle ingeent. Inentings maak jou nie immuun nie dit voorkom ernstige siekte, hospitalisasie en afsterwe agv CV19.

Cobus ·

En steeds kan jy siek word en steeds kan jy die siekte versprei? Wat is jou hoë grond teenoor die wat die jab weier?

MakersMark ·

Volle inenting in andersins gesonde persoon beskerm teen CV19 infeksie, 90% beskerming teen hospitalisasie en 100% teen afsterwe. Dit verminder die virale lading in naso farinks holtes van ‘n geinfekteerde persoon en so verminder dit oordrag van CV19. As jy iets verstaan van virus infeksies sal jy weet virale lading met infeksie speel ‘n groot rol in verloop van die siekte. As almal ingeënt is sal die situasie verbeter nie waar nie ? Objektief van die vaksien is om erge infeksie te keer en verlies van lewe of “long covid” wat kwaliteit van lewe impak te beperk. Dis die high ground. Ek stel nie belang in anti vaxxers se high ground van sameswerings teorieë, new world order agendas, “Georgia stones” agenda, sateliete wat ingeentes se optrede gaan beheer ens nie. Ook nie dat CV19 net griep met camo op is nie en almal met verkoue “het nou cv19”. Dis 2021 nie 1321 nie. Wereldwyd 205 m infeksies, 4.7 m dood. 4.7 biljoen inentings. In VSA 339 m inentings, 3 dood agv bloedklonte. Go figure.

MakersMark ·

Afduime verstaan seker nie wetenskaplike konsepte nie. Asook nie die duidelike verhouding tussen die syfers nie. Bietjie hoë vuurmaakplek vir party.

Robert ·

Nee ou maat… ons is nie anti vax nie ons is anti sensorskap… terloops ek het die jab maar voel baie sterk mense het ‘n keuse en nog meer belangrik ‘n reg om ‘n opinie te he.

MakersMark ·

Niemand staan opinies tee nie net verspreiding van snert. Wat ‘n massiewe impak sal hê op mense se besluitneming en uitkomste mbt die sosiale agenda en die ekonomie. Daar moet verder gedink word as “my reg”. Daar is 55 m ander mense in SA.

Deon ·

Hoe weet ons wat in die toekoms gaan gebeur.. Ek vra respek vol

Oomniklaassevriend ·

Die “snert” dat die virus in ‘n laboratorium geskep is word darem nou al algemeen as waar aanvaar.

MakersMark ·

Dit kan in ‘n fabriek gemaak word wat is die verskil ? Dis nou in die wereld en moet bestuur word.

Barney ·

Dr Volsoo is korek en praat die waarheid. Sama is skuldig aan oortreding van die RGB. Sama en elke dokter en verpleegster wat pasiente inspuit met die gif en elke nuus redakteur wat sê die inspuiting is nie gif nie is skuldig aan poging tot moord en sal vervolg en gestraf word. Hierdie hele Covid 19 inspuiting is ń geld maak storie vir Phizer en Moderna en JnJ en AstraZ en hulle almal is skuldig aan moord vir elke mens wat dood of beseer is weens die inspuiting.

ES ·

Barney, waar het jy jou mediese graad voltooi om jou bewering te kan staaf dat dit gif is?

Tjom ·

Jinne ou Barney ek hoop jou pakkie dokumente, gestaaf met bewyse, is reg as die lot jou aanvat. China, Italie en US byvoorbeeld gaan jou baie kompensasie geldjies gee vir al hulle duisende afsterwes.

VaalDonkie ·

Dan vra hulle waarom daar nie medici is wat openlik teen die inspuitings is nie. As jy nie die rympie opse nie, dan word jy gedreig met afdanking of selfs tronkstraf. En dan kan hulle maak of “almal saamstem” oor COVID en COVID-isme.

Cobus ·

Presies, die media beheer die hele naratief wat gestoot word. Solank jy saam praat is dit reg, maar bewaar die wat teen dit praat.

Baardman ·

Lyk my ons gaan nog lank masker dra , ingeperk word en skool opleiding ontwrig word.

Andreas ·

Die grootste leuen is dat die “veilig en effektief” is.

Wakkerslaper ·

Cobus – MEER as genoeg wetenskaplike en mediese data gepubliseer in wêrelderkende joernale, derduisende navorsers en mediese ekpserts wat gehelp het om die entstowwe te ontwikkel en tot vandag toe nie daarteen is nie, onafhanklike beheerliggame wat die entstowwe se gebruik goedkeur… belangrikste van als – 4.5 BILJOEN mense wat geënt sonder beduidende probleme. So waar is die massas sterftes en siekes en mense wat groen geword het of stertjies gegroei het?

Nou julle anti-vaxxers se beurt….

Deon ·

Dit word vir jou gese, x persent effektief, wat van die wat nie deel is van daardie x nie?

Nicolaas ·

Die vraag wat niemand vra nie is hoekom sal ‘n Dr haar reputasie so skade aandoen? Wat bereik sy deur dit? Maak sy geld daaruit? Wanneer Dr’s begin praat oor die goed moet ons begin luister.

ES ·

Nicolaas, dokters is nie altyd reg nie. Hulle het ook persoonlike gevoelens en opinies. Hoe weet ons dat sy reg is?

Danie ·

Maar dit tel beide kante toe. As n 100 dokters vir jou vertel hoe belangerik dit is om die ent te kry en 1 dokter verskil van hulle, is die 100 verkeerd en die 1 reg? Na wie luister ons dan?

annie ·

Al praat ons van ‘n entstof is dit nie een in ware sin van die woord nie. Dat ons moet registreer beteken dat ons verantwoordelikheid neem vir ons besluit sou daar nagevolge wees. Gisteraand se radio-bespreking was eensydig en afwysend teen dr Vosloo dalk ook met ‘n knippie jaloesie omdat sy bekend is ( en sy dalk nie haarself so geag het nie). Die feit dat ‘elkeen self moet besluit’ of hy die jab wil vat maar nie kan kies watter fabrikaat nie, is ‘n kwelpunt want buitelandse navorsers dui wel sekere erge newe-effekte aan. Om nou links en regs dokters se koppe af te kap oor eie menings wat ander ook kwel gaan moeilik die hof oortuig. Selfs ‘n ge-jab-te regter kan sterf. Wie wen dan? Pluto? Woef!

NEO ·

Haar stelling covid is in gebring vir die entstof is baie interessant. Sommige maatskappye maak biljoene dollars uit entstof.

Robert ·

Opvallend hoe vinnig al die reklame gekom het na die eerste gevalle, nie eers om te praat hoe vinnig termometers en maskers beskikbaar was van presies die distrik waar dit oorspronklik vandaan kom. Kyk maar op die goed. Made in China, Wuhan.

Se maar net ·

Ek wil net sê dat Dr Vosloo aan punte geraak het wat my duidelikheid gegee het oor al die klomp negatiewe simptome wat ek ervaar het na die 1ste inenting soos die “paralyses” wat ek beleef het direk na die tyd. Ek is bitter spyt dat ek die inenting gevat het. Nou sit ek met ‘n hoë bloeddruk wat ek nooit gehad het nie, en dit het my asma ook vererger nou sit ek met ‘n kortisoon asma pompie en dit suck.

Irma ·

Se maar net, baie dankie vir jou kommentaar. Jy het dit nou vir my duidelik gemaak hoekom ek nog al die tyd huiwerig was om hierdie inspuiting te neem.

Robert ·

Daar is ‘n groot skroef los waneer organisasies mense se opinies probeer smoor.

Ansie ·

Wie sê dis vals nuus. Vertel die regering die mense dat hulle proefkonyne is van eksperimentele inpuitings? Indien nie, is dit nie onwettig nie? Laat hulle die mense vorms teken dat hulle behoorlik ingelig is van moontlike komplikasies wat die inspuitings inhou? Hou die regering boek van sterftes agv die inspuitings? Hulle stel ook nie syfers vry om mense ingelig te hou van sterftes nie. Weet diegene wat ingespuit word dat dit hulle nie vrywaar van Covid nie? Die einddatums van hierdie eksperimente is: Moderna – Oktober 2022, Pfizer -Julie 2023, J&J – Januarie 2023 (Google dit gerus). Sama behoort dit te weet. Hou hulle die mense ingelig? In die lig hiervan het Lesufi ook geen reg om ouers te dwing om hulle kinders proefkonyne te maak van die sg entstowwe voordat hulle volgende jaar mag skool toe gaan nie. Ek sien Times Live noem dr Susan Vosloo “mampara van die week”. Aangesien hulle joernaliste en nie professionele mediese wetenskaplikes is nie sou ek eerder sê Times Live is.

Cobus ·

Die skape het nou die lusern geeet, nou is daar nie meer omdraai nie.

MakersMark ·

Tot die skaap sonder inenting ICU toe gaan wens hy vir bietjie lusern….dalk suurstof ook.

Dirk Mostert ·

SAMA moet oppas. Regsoptrede kan boemerang en eindig met Sama in die beskuldigdebank.

Andre ·

Is dit dieselfde mediese beheerliggaam wat destyds vir drie jaar lank ‘n heksejag teen prof Noakes gelei het? Ek hoop hulle kan hierdie keer darrem regte bewyse voorlê.

Chef ·

Mense wat so onsteld raak en afbrekende opmerkings teenoor Dr Vosloo maak, dui op ‘n baie dieper probleem, veral in ons Afrikaner gemeenskap, se psige. Dis ‘n eie geregtigheid en arrogansie wat tevoorskyn tree en geen ruimte laat vir ingeligte geprekvoering oor die algemeen nie.

Werner ·

Dit dui defnitief daarop dat die spuit nie goed is vir n mens nie

Jacobus ·

Dr Vosloo het beslis reg tot kommentaar. Vir haar durf om dit te lewer kry sy volpunte. Dat sy dalk reg kan wees moet gerespekteer word – en sy is waarskynlik.
Die Gestapo-agtige vitriool wat gelewer word is siek verby. Wat veral ontstig is die …….”sy is maar net!”
“Show me your data” is inderdaad niksseggend. Data moet geïnterpreteer word. “Peer review” is in baie opsigte verdag. ‘n Regte spesialis ontleder van data het in ‘n vaktydskrif gaan navors wat peer review behels. Daar is bevind dat die tydperk van oorsig in party publikasies verstommend kort was – in sommige gevalle enkelle ure en dae – en dit op inligting wat lewens bepalend is.
En sodra ‘n kommentator hom wend tot kleinlike opmerkings soos “die paas haas, tande muis, Kersvader ” ens , dan is kommetaar ignoreerbaar.
Ons wedersydse toon van respek het duidelik verdwyn.

Thom ·

As jy nie wil inent nie is dit jou keuse en jou probleem maar teken dan aub ‘n onderneming dat jy nie gaan aandring op wetenskaplik-gefundeerde mediese behandeling nie . Die medici werk hulself dood aan die balhoriges maar die meeste word steeds begrawe .

Cobus ·

En as jy doelbewus ‘n onbevestigde jab uit vrye wil geneem het, kan jy gerus self so vormpie teken.

Thom ·

Die entstof is veilig en werk 90 % effektief , reeds geënt en sal enige tyd so’n vormpie teken waarom moet die mét verstand die balhoriges subsidieer ?

Toy ·

Sy is defnitief nie iemand wat net iets gaan se as sy nie seker is daarvan nie. Ek glo haar verseker. In elk geval ons mense is nie so dom soos wat gedink word nie.

Elize ·

Die golwe word nie voorspel nie. Die trend wat in ander lande gebeur waar dit voor ons versprei het gee die trend aan. Daar is niks sinister daaraan nie. Dr Vosloo is ‘n hart dokter en ek glo ‘n goeie een ook. Dit is dan wat sy asb moet aanhou doen. Sy is nie ‘n viroloog of immunoloog nie en moet dus elkeen los om sy werk te doen. Geen bewyse is nog gestaaf oor dit wat sy kwytgeraak het nie. Dit is nie die inenting wat hartprobleme kan veroorsaak nie dis die virus self. Daar is vroeer gese die virus kan ook ons breine en longe aantas. Hoekom nou alles op die inenting plaas? Die sterftes na vaksienes is ondersoek en daar is geen sterftes wat gekoppel kan word aan die inenting nie. Asb mense julle volg blindelings mense as hulle net ‘n titel voor hulle name het? Maak seker vir jouself. Ek het al vele goed gekry van Prof dit en dat en dan is dit vals nuus.
Wat ek wel weet is hoe langer ons uitstel om immuniteit te kry hoe swakker raak die ekonomie en trek ons almal die afgrond in.

Klipkop ·

En wie van diegene wat haar hier aanval is kenners van virologie en immunologie? Ek glo sy het steeds genoeg mediese kennis en die reg om haar uit te spreek oor ‘n onderwerp buite haar spesialiteiteitsveld. Is al die pro-inentters dan nou skielik beter gekwalifiseerd as sy? Dis net weer ‘n bewys dat dit nie vrywillig is nie, maar ‘n massahisterie van afpersing, intimmidasie en verskuilde agendas.

Samuel ·

Sal ‘n mens ooit die waarheid weet? Medici aan beide kante kan lieg en ons sal nie van beter weet nie. Mense moet hul gesonde oordeel gebruik.

Yolandie ·

Daar is so baie dr’s wat vir en teen die entstof praat reg oor die wereld tans. Met tyd sal dit wel geopenbaar word watter kamp nou eintlik reg was. My vraag aan almal wat ‘n problem het met Dr Vosloo wat ‘n mediese opinie lewer, hoekom moet sy gekruisig word en haar stem stil gemaak word omdat dit nie met die agenda en pro vaksien mense se siening saam gaan nie???? Julle wen nie ‘n argument om mense wat nie die vaksien wil neem te oortuig deur hierdie stemme te probeer stil maak nie. Ek sê maar net……in teendeel julle versterk hulle siening. En mense wat besluit het hulle gaan dit neem sal nie sommer omdraai in hulle besluit omdat ‘n dr ‘n video gemaak het wat dit nie aanbeveel nie. Snaaks hoe mense ‘n hartchirurg prober diskrediteer maar hulle algemene GP’s raadpleeg vir ‘n opinie oor die vaksiene en dan daarop ‘n besluit neem. Gewonde GP’s is ook nie viroloe nie.

SjN ·

Hoekom nou teen haar wil optree, die enigste manier om haar verkeerd te bewys is as daar feite op die tafel geplaas word wat ek glo nie tans bestaan en beskikbaar is nie, respekteer haar siening, sy sal beslis nie inligting uit haar duim suig nie.

Tanniepetoors ·

Sy suig dit letterlik uit haar duim en uit “conspiracy theories” uit. Sy dwaal in ‘n fantasie wêreld van wanvoorstelling. Jammerlik.

Oomniklaassevriend ·

Die pro vaxers glo seker steeds die virus kom uit vlermuise of ‘n ietermagog

MakersMark ·

Maak nie saak waar dit vandaan kom nie kon by die deur ingestap het bottom line in dis nou hier……

Klipkop ·

Dit maak saak waar dit vandaan kom. Dit verhoed al die valse aannames van wetenskaplikes wat beweer dit kom van vlermuise of marsmannetjies af.

MakersMark ·

Dalk glo jy dit kom van buiteruimte wesens af. Waar het die swart pes vandaan gekom? Van vlooie wat op rotte gebly het wat gedy het want die mensdsom het onhigienies gelewe. Waar kom Ebola vandaan ? Vlermuise en sekere primate. Waar kom Marburg virus vandaan ? Vrugte vlermuise. Waar kom voëlgriep vandaan ? Obvious. CV19 van vlermuis na pangolins na mens. So meeste virusse word van dier na mens oorgedra deur die mens se onverskillige hantering van diere en die natuur. Geen marsmanne betrokke tot nou nie.

Anton ·

Celia van Wyk op fb:
( wat n opsomming!)

Out of all the vaccines we have taken in our lives…Tetanus, small pox, measles, mumps, polio, meningitis, H1N1, TB…I have never seen so much wishy washiness over a vaccine that says I have to wear a mask and socially distance even when fully vaccinated, that I could still contract or spread the virus even when fully vaccinated, never had to have a double shot, never been bribed by establishments to take the vaccine in order to win a car and/or cash prizes and frequent flyer points.
I never had to worry about cardiac issues and/or blood clots and sadly more! Didn’t have to worry about death. I was never judged if I didn’t take it. I was never discriminated for travel or other regular services. The vaccines I listed above never told me I was a bad person for not taking it…..or taking it for that matter. I have never seen a vaccine that threatened the relationship between a family member and/or a close friend.
Never have I seen it used for p

Misky ·

Ag bog man en sy lig haar opinie soos enige ander mens in die piesangland van ons mag doen. Die feit dat sy ‘n dokter is, spreek vanself en die vaccine word nog getoets. En as sy reg is, gaan almal en SAMA spesifiek omverskoning vra? Ek twyfel…..

MakersMark ·

Liederlik. “Comeback” na die debakel gaan moeilik wees.

Misky ·

Ek sal haar gaan sien veel eerder as een van die “volgelinge en nabootsers”

Erika ·

Hoekom sal n Dr wat EED afgele het nie in die Belang van Pasient optree nie…N Dr wat beginsel vas is sal wyse keuse uitoefen

Zet ·

Ons is ‘n demokratiese land waar almal n mening mag hê. Hoekom moet sy gekruisig word as sy haar kommer uitspreek. As jy nie saamstem nie, kan jy dit mos ignoreer. Sy is in ‘n posisie om mense te bereik en aan te moedig om na ander feite te kyk. Gaan haar feite na en dan kan jy ingeligte besluite maak. En ja sy is dalk nie ‘n viroloog nie, maar gaan kyk en luister dan self na wat kenners reg oor die wêreld sê. Dit is vrylik beskikbaar op die media. Snaaks genoeg, dié wat die moed het om uit te praat, stem almal met Dr Vosloo saam. Die ander stemme wat daarna luidkeels protesteer, klink desperaat om die bewerings van kenners vals te bewys. Ons is nie puppets nie. Doen jou eie navorsing voordat jy jou mond oopmaak. Baie mense voel dit wat hulle nie weet nie, bestaan nie en hoef nie oor bekommer te word nie. Droom voort.

Oom Kaspaas ·

Al wat ek weet maak nie saak wat nie … Ek wil graag weer my kind sien rugby speel en langs die veld staan, nie soos bandiet deur die draad oor ‘n afstand kyk nie, ek wil weer op ‘n stadion sit en kyk hoe speel die Bokke, ek wil by my pelle gaan braai, ek wil gaan jag sonder beperkings ek wil gaan stap op die strand sonder ‘n lap oor my gevreet … Kon maar net jaloers raak toe ek die naweek op Supersport inskakel en sien hoe die stadion gepak sit terwyl NZ vir Australië trap of hoe die “Barmy Army” God save the Queen uit volle bors sing op ‘n volgepakte Lords terwyl Engeland en Indië krieket speel ….

Cobus ·

Sjoe Oom, klink of enige prys dan betaal moet word in jou oë? Gee maar net wat hulle wil hê en hulle gee jou vryheid terug. Wat ‘n jammerte dat die knieë so maklik buig.

Oom Kaspaas ·

en ja die etstof is nie 100% gewaarborg nie, maar dit word oorgedra van mens tot mens, geentes versprei moeiliker die virus a.g.v laer virale lading, wat betekn minder mense om jou gaan dit hê wat beteken groter kans om dit NIE te kry nie, wat beteken jy is op die ou end 100% beskerm

Oom Kaspaas ·

Buig nie die knieg, maar as dit beteken, my kinders kan weer met hulle Godgegewe talente woeker – so be it ! Soveel word ons kinders ontneem ! kan net nie verstaan wat die verskil daar is dat mense na normaal kan gaan, maar by ons vererger dit eerder. Jy propageer dat jy verspreider is as jy die jab gekry het, maar daar versprei dit nie meer so maklik onder die wat geent is nie, hospitale en Icu’s is nie meer onder druk nie, so hulle kan byeenkomste oopmaak. Regoor die wêreld gaan dit beter waar hoë % ingeent is, behalwe hier want die hele wêreld is mos teen ons “Afrikaner”volk, ons sal eerder ons neus afsny as om tissue te gebruik as hy loop. Almal verwys na Israel … Waar vererger dit ? By die Jode wat nie wil ent nie ! Amerika … die State wat nie wil spuit nie …. SA …. “Afrikaner” volk wat eerder battery suur sal drink as om weier te kyk as sy braaier

VaalDonkie ·

Oom, ons gaan eers weer uit die tronk gelaat word wanneer die ANC alles gedoen het agter die skerms wat hulle wou. Moenie dink hulle gaan hierdie geleentheid laat verbygaan net omdat almal ‘n seer armpie het nie. Want ons spuit nog nie eers vir Delta in nie, dan kom Epsilom en Rho en Omega en Phi en Gamma en sommer die hele familie alweer in die pyplyn af. En vir elkeen moet al 60 miljoen van ons inge-ent word. Dit gaan nie eindig nie. Want die virus muteer vinniger as wat ons inspuitings kan uitdeel. Ons moet maar hoop hy word minder skadelik soos hy verander (dis immers hoe virusse werk).

Erika ·

Vra Julleself die Vraag af as jy vir Gewone Vacinne gaan -Is dit jou vrye keuse …
Maar met Covid VAcinne word jy subtiel ” aangemoedig/Beinvloed ” om dit te neem – All meer druk word toegepas…. Dit gaan nie meer oor Belang van Menslike Gesondheid nie….

Fluisterwind ·

In die verlede was ‘n wetenskaplike teorie deur goeie verduideliking van ‘n aspek van die natuurlike wêreld, gebaseer op ‘n hele aantal feite wat herhaaldelik bevestig is deur waarneming en eksperimente. Sulke feite gesteun deur waterdigte teorieë was nie “raaiskote” nie, maar betroubare weergawes van die werklike wêreld. Vandag wil dit voorkom asof daar wilde “raaiskote” geskiet word en in die selfde asem van Jan-publiek verwag word om dit verkeerd te bewys. Wat ‘n bedrog!

Anoniem ·

As ‘n leek vra ek die volgende, wie is die veiligste, diegene wie ingeënt is of diegene wie nie ingeënt is nie?

Cobus ·

Geen verskil vir die mense rondom jou nie. Jy is met of sonder die jab ‘n draer en verspreider vir die rondom jou.

Ilze ·

Unvaccinated mense hoef net oor covid te bekommer. Arme “vaccinated “mense moet oor covid EN vaccine se nagevolge bekommer.

KB ·

Wie weet die absolute waarheid?
Die WGO? (Min mense glo hulle)
Dr. Angelique Coetzee (Ek glo haar al hoe minder)
Dr. Anton J. van Rensburg (daar’s waarheid in wat hy sê)
Dr. Susan Vosloo (sekere dinge wat sy sê dra gewig)
Waar is die mediese navorsers, die spesialiste se opinies. Hoekom word dit so geredelik deur politici verswyg?
Die wêreld verwag antwoorde (gegrond op bewese feite). Ons is keelvol vir bespiegelinge.

Adeline ·

Entstof wat eg is werk en verhoed siektes. Ook keer dit dat die aansteeklike siekte versprei.
Nou wonner ek ernstig watter van bogenoemde feite en ware realiteit word deur die covid “inenting” bewerkstellig? Die inspuiting van covid-light doen regtig nie een van die 2 nie en is dus volgens my wat ‘n leek is op die gebied nie aan die standaard van egte getoeste evaluasie nie en is dus net so gevaarlik – wonner ernstig hoekom mense gedruk word om dit te neem selfs deur besighede sag gedwing om afslag te kry as hul die inspuiting van covid -light vat. Daar is bewyse dat erge variante vrygestel gaan word in tyd, daarom word ons alreeds deur die media gewaarsku van die volgende “ernstige” virus met hulle name – so ek hou die nuus angstig dop want die name het datums by… Ek hou nie van covid-light nie..PUNT.

Ilze ·

Presies. Hul kan nie dr Vosloo se bewerings/feite verkeerd bewys nie.

Chef ·

Ek het begrip vir Dr Vosloo. As kardioloog, en veral as pediatriese kardioloog, is sy bewus van die nagevolge van die inspuiting. Wereldwye studies wys duidelik op die voorkoms van myocarditis-as newe effek- in jongmense en kinders en veral jong mans. Hartskade is permanent en lei tot ‘n ingeperkte leefstyl. Hierdie feite word onder die mat ingevee en word onderdruk in die media.

Ilze ·

Presies. SO dokter Vosloo is beslis nie een wat vals nuus versprei nie .

Thom ·

Die hartskade word deur Covid veroorsaak en nie die entstof nie ; as dit is wat Vosloo gesê het praat sy snert .

Klipkop ·

Die hartskade word deur Covid19 veroorsaak en die inenting verhoog die kanse net verder.

Ian ·

Wat my pla is waar daar n rokie is is daar n vuurtjie. Daar is n dokter wat n viroloog is in george wat ook sy mening uitgespreek het en nog n dokter wat iets genoem het in pretoria.
Ek is nie vir of teen nie maar my vraag is nou by die vorm wat jy nou moet teken dis nou n indemnity wat se jy sal niemand vervolg nie se hulle nie dat dit n trial vaccine is nie en dat jy deel maak van n toets lopie nie.
Die staat se onomwonde dat die jab vrywillig is. Nou hoekom so n herrie maak oor iemand wat iets te se het oor n produk wat nog in n toets fase is?
Dit sal nog verbeter totdat dit goedgekeur word en dan word dit seker n moet om dit te vat sodat dit op jou inentingskaart kan kom. Tot dan laat ons hoor wat almal wil se en filter dit wat jy voel nie belangrik is vir jou nie. Vat dit as jy dit wil vat of los dit want op die oomblik is dit op jou van toepassing niemand anders nie. Jy kan nie doodgaan vir iemand anders nie. Die onus le op die individu.

Hardekwas ·

Ek was 2 keer ingeent en het geen vorms onderteken nie. Na watter indemniteit verwys jy?

Casper ·

Alida, baie van my vriende het geluister na die negatiewe fopnuus oor die entstof.Net soos jy nie kan bepaal wanneer jy gaan griep kry nie so kan jy nie die coronavirus voorspel nie.Griep word veroorsaak deur ‘n virus.Ek het al die griep entstof gevat en hondsiek geword.Die corona virus entstof het my net ‘n bietjie seer arm gegee vir ‘n nag.Alida nodeloos om te sê ek het my vriende aan die dood afgestaan.

TO ·

Sy het feite voorgelê wat ooglopend nie strook met baie leuens wat as waarheid versprei word

Meerkat7 ·

Uiters onregverdig en wonder steeds hoekom die mediese bedryf en farma die spuite so ernstig promofeer. Dink ons moet maar mooi dink en jou eie navorsing doen voor jy die proefkonyn word met geen waarborge dat dit sal werk nie, en wêreldwyd baie kundiges ons waarsku daarteen. Sterkte aan die dokters wat die pasiente se balang op die hart dra. Die Here slaap nie!

Kakamiet ·

Definisie van n vaccine is wat presies? Keer van die spesifieke virus en nie sorg jy kry dit nie. Die bestandele is nog n geheim en nog in trial phase tot 2023. Nie goed gekeur deur die fda nie. For emergency use only but what defines an emergency use of an experimental shot, not vaccine? Forget not Nuremberg and the Nuremberg Code as well as out human rights to choose.

Helena ·

Sy het ten minste die moed om te verwoord wat baie dokters glo maar te bang is om te sê, juis weens die giftige gevolge daarvan en gevare wat dit vir hulle inhou. Wat my veel meer bekommer, is die buitensporige reaksie teenoor iemand wat haar mening durf uitspreek – of jy met haar saamstem of nie, Dit opsigself is ‘n waarskuwingslig. Geen gesonde debatvoering oor die onderwerp word toegelaat nie, maar sensorskap en ‘n heksejag word die verstek reaksie.

Adrian ·

Sy is ‘n leek teenoor die hele wêreld se wetenskaplikes en beste Proffesors. Hoop sy kry gróót moeilikheid. Hoop sy word gekors vanaf die Mediese Raad…

JohanR ·

Hier in SA mag jy nie joe eie opinie he nie, of ‘n opinie wat van die al geheel verskil nie!

Warrior ·

Gaan kyk gerus na d StewPeters show oor alle info rondom die spuit.

Jeannie ·

Hoekom is ons Afrikaner volk so gou om soos ‘n trop hieënas iemand te verskeur wat nie saam met hulle stem nie?
Weet hulle wat is vryheid van spraak?
Tot politieke persoonlikhede gee uitspraak oor die radio teen dr Vosloo. Wat weet hulle van wetenskap?
Sterkte dr Vosloo!

MakersMark ·

Geen probleem met vryheid van spraak net met vryheid van snert praat.

KB ·

Dis tyd dat Jan Publiek DIE WAARHEID hoor.
Dis ook tyd dat “joernaliste” ophou om agter die hoofstroom aan te praat, en ‘n ruggraat begin groei.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.