Netcare vies oor bekende hartchirurg se ‘teen-inentingsmening’

Dr. Susan Vosloo se opmerkings in die video het ‘n herrie veroorsaak. (Skermgreep: BitChute)

Die Netcare-groep het sy groot “teleurstelling en ongeloof” te kenne gegee ná ʼn video van ʼn gerekende plaaslike hartchirurg waarin sy haar “persoonlike mening teen [Covid-19-]inenting uitspreek”.

“Die mening, soos uitgespreek in die inhoud van die video, is heeltemal teenstrydig met Netcare, ons kliniese kollegas, gesondheidswerkers en ander se onophoudelike pogings om die uitwerking van die Covid-19-pandemie te probeer verminder,” sê Jacques du Plessis, besturende direkteur van Netcare se hospitaalafdeling.

Dr. Susan Vosloo, Suid-Afrika se eerste vroulike hartchirurg en ʼn vooraanstaande dokter wie se mening wyd gerespekteer word, sê in die video op die BitChute-platform onder andere dat die “entstof nie ingebring is vir Covid nie, maar dat Covid ingebring is vir die entstof”.

Die video vorm oënskynlik deel van ʼn paneelbespreking waaraan Vosloo deelgeneem het.

Vosloo sê ook golwe van die virus – wanneer dit sal kom en gaan – word voorspel en dat ʼn “mens wonder hoe dit gebeur”.

Volgens Vosloo is nog ʼn nuwe ervaring vir diegene in gesondheidsorg die feit dat die siekte deur politici, burokrate en akademici “wanbestuur” word en aangevuur word deur genadelose bangpratery deur die media.

Sy sê voorts dit lyk of daar nie ʼn behoefte was om pasiënte te behandel, lyding te verlig of dood te voorkom nie en dat die entstof voorgehou is as die enigste redding.

Vosloo sê mense word ook nie ingelig oor die moontlike gevare verbonde aan die entstof nie. Sy verwys onder meer na skade wat op mikroskopiese vlak aangerig word, ernstige neurologiese komplikasies, asook ginekologiese komplikasies waarvan die ergste onvrugbaarheid in die toekoms kan wees.

Vosloo sê voorts in die video dat die samestelling van die entstof grootliks vertroulik is, soos “die speserymengsel vir Kentucky Fried Chicken”.

Sy sê mense kies onder meer om die entstof te ontvang omdat hulle byvoorbeeld wil reis of meer vrylik wil rondbeweeg, maar dat die dra van maskers desnieteenstaande steeds verpligtend is en mense steeds nie reis nie – of hulle nou ingeënt is of nie.

Vosloo sê die oplossing lê daarin dat mense self moet besluit of hulle die entstof wil neem en bewus moet wees van die gevolge van dié besluit.

Netcare het hom egter van Vosloo se mening gedistansieer, maar sê Vosloo is ʼn onafhanklike praktisyn wat op haar eie mening geregtig is.

“Die video weerspreek die menings en pogings van die departement van gesondheid asook dié van internasionale instellings soos die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO). Gegewe die ernstige gevolge van dr. Vosloo se opmerking en die moontlik skadelike uitwerking op nasionale en wêreldwye pogings om Covid-19 te stuit, distansieer Netcare hom heeltemal van dr. Vosloo se teen-inentingsboodskap,” sê Du Plessis.

Die groep sê hy het tot dusver meer as 110 000 mense ingeënt, onder wie 33 000 gesondheidswerkers.

“Ons het meer as 110 000 Covid-positiewe pasiënte in die groep behandel, waarvan meer as 50 000 behandeling net in ons hospitale benodig het. Ons het ongelukkig 76 van ons kollegas verloor.

“As ʼn gesondheidsorganisasie wat diep verbind is tot die gesondheid en welstand van alle Suid-Afrikaners, staan ons vierkant agter die pogings om soveel as moontlik mense in te ent.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

402 Kommentare

jongste oudste gewildste
Cheetha

Tot sy of een van julle in ICU lê en jou vrou word gebel en gesê kom groet jou man hy gaan dit nie deur die nag maak nie, dan wens jy maar jy het die kans gevat met die entstof. Een kans is beter as geen kans.

Moeggeploeg

Ons het gevalle in ons familie maar bygesê het almal van hulle gegaan vir inenting. Sê dit nie al klaar iets nie?

Hendrik Marthinus

As Sy gese het vat die inenting sou die wat nou so yes yes yes Steeds gese het nee nee nee.
So Sy se die hele werled se dokters is verkeerd.
America, UK, en dies Meer se dokters is mos Dan Dokters wat Hulle grade gekoop het.
Nee Dr Vosloo, spreek jou maar uit oor die hart, nie iets anders nie.
Hoop nie jy raak siek van covid nie, Dan is dit te laat

Corne123

Ag nee kyk dit belaglik.
Hoekom mag sy nie haar mening lig nie.
Ek is ook teen die inenting net omdat ek n. iemand is maak dit nie saak nie maar nou dat dit n dr is is dit nie reg nie belaglik verby

Stephen

Mooi so Dok. Jammer om van Netcare se issues te hoor. Dischem verkoop kleenex. Word wakker, erken dis n eksperimentele inenting… Ja Netcare het spanne geld gemaak uit die pandemie, maar dit is vrywillig om geënt te word.