Polisie, pro-Palestynse betogers raak slaags in Kaapstad

Polisiebeamptes op aandag tydens die betoging. (Foto: GIANLUIGI GUERCIA / AFP)

Die burgemeester van Kaapstad het die ontwrigting van ’n gebedsgeleentheid van pro-Israeliese ondersteuners op die promenade in Seepunt veroordeel en sê die stad se verbintenis tot “verdraagsaamheid en vryheid van spraak is onaantasbaar”.

Sondag se betoging het gewelddadig geraak toe pro-Palestynse ondersteuners dit ontwrig het en die polisie het ’n waterkanon en skokgranate ingespan nadat betogers glo polisiebeamptes se opdrag verontagsaam het om uiteen te gaan, sê kapt. FC van Wyk, polisiewoordvoerder.

Vier mans is in hegtenis geneem op aanklag van openbare geweld.

’n Groep betogers en polisiebeamptes het in ’n stadium slaags geraak terwyl polisiebeamptes ’n betoger na ’n polisievangwa gesleep het. “Polisiebrutaliteit!” het sommige pro-Palestynse betogers geskree.

Polisiebeamptes staan bont tydens die betoging. (Foto: GIANLUIGI GUERCIA / AFP)

Geordin Hill-Lewis, burgemeester van Kaapstad, sê dit is die taak van die polisie en wetstoepassingsagentskappe om inwoners se reg op vreedsame betoging te beskerm, en die verantwoordelikheid van elke burger om dit te respekteer.

“Openbare-orde-polisiëring is onder die gesag van die polisie en hulle is in bevel wanneer voorvalle van openbare wanorde plaasvind.”

Hill-Lewis het Sondag se geweld veroordeel en sê ander Kapenaars behoort dit ook te doen.

“Hierdie geweld verdien die veroordeling van alle Kapenaars wat vrye uitdrukking in ons oop demokrasie waardeer.

“Terwyl inwoners of groepe hewig van mekaar kan verskil, mag hulle nie betrokke raak by gewelddadige ontwrigting nie. Ons doen ’n beroep op alle inwoners om hulle daarvan te weerhou.

“Elke persoon of groep, van elke oortuiging en standpunt, het die reg om vreedsaam in Suid-Afrika te betoog. Daardie reg word grondwetlik beskerm, en met goeie rede, want in Suid-Afrika se verlede is sekere betogings verbied of gewelddadig onderdruk en menings gesensor.”

‘n Israeliese vlag van papier word opgeskeur. (Foto: GIANLUIGI GUERCIA / AFP)

Die pro-Palestynse betogers het Sondag Palestynse vlae gewaai terwyl hulle diegene wat die pro-Israel-gebedsbyeenkoms bygewoon het, weggejaag en hul plakkate opgeskeur het.

Dít nadat ’n vreedsame optog van Pro-Palestynse ondersteuners Saterdag die chaos van Sondag se betoging voorafgegaan het.

Volgens Van Wyk het sowat 12 000 betogers Saterdag se optog na die kantoor van die Wes-Kaapse premier bygewoon. “Hulle was vreedsaam en geen voorvalle is aangemeld nie. ’n Memorandum is oorhandig en die betogers het om 15:00 uiteengegaan.”

Hill-Lewis het die vreedsame optrede geprys.

“Op dieselfde manier as wat tienduisende inwoners [Saterdag] bymekaargekom het om vreedsaam te betoog, so moes die beplande betoging [Sondag] gerespekteer en toegelaat word om vreedsaam en sonder inmenging voort te gaan.”

‘n Waterkanon is gebruik om die betogers uiteen te jaag. (Foto: GIANLUIGI GUERCIA / AFP)

Uitsprake oor Joodse kinders veroordeel

Hill-Lewis sê die metro het videomateriaal ontvang van ’n vermeende verteenwoordiger van die Pan Africanist Congress (PAC) wat Joodse kinders in Kaapstad tydens Saterdag se betoging as “moordenaars” bestempel het.

“Sulke haatlike taal moet eweneens deur almal veroordeel word. Radikale elemente praat nie namens Kapenaars nie en ook nie eens namens die betogers wat hulle beweer hulle verteenwoordig nie,” sê Hill-Lewis.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

George ·

Jaag albei groepe na die lande wie hul ondersteun, dan sal hul skielik moeg raak.

Johann ·

Meer ‘n kwessie van een spesifieke “geloof” wat homself verhewe ag bo als en almal. En vermeteldheid om aan te dring op onvoorwaardelike aanvaarding terwyl hulle intimideer en aankla.

Ore ·

Nes die ANC …hulle standpunte / sienings moet gerespekteer word maar wanneer ander partye byeenkomste reel dan ontwrig hulle alles. Die chaos moet aan die deur van die ANC gelê word. Hulle uitsprake verdeel die land net verder. Ek steun nie een van die partye daar nie, kennis is te beperk maar al wat ek weet is dat daar nooit vrede sal kom nie.

Hussin ·

LOL, daar was ‘n betoging in Kaapstad, dankie tog, nou sal die oorlog ook op ‘n einde kom. Dankie Kaapstad!

otter ·

Pateties. Bekommer jou liewer wat in jou eie land aan die gang is. Los die ander lande.

A ·

Ek glo die kwessies in die Midde Ooste sal opgelos word voor die ANC ooit verantwoordelikheid aanvaar.

Marous ·

Waarom kan mense nie mekaar se geloof respekteer nie ? Haat veroorsaak dood en verwoesting . Dit gaan al vir duisende jare so aan .

Chris ·

Chris Noordkus Die ANC behoort nou bly te wees , deel van die Kaap is nou Pallestyns !!

Hennie Biebouw ·

‘n Mens kan nie help om te wonder, wie betaal vir hierdie wêreldwye sorgvuldig georkestreerde betogings in veral die Westerse lande…..

annie ·

Wag net tot dit by godsdienstige sake kom dan is plaaslike politiek van minder belang. Die ANC gaan sekerlik hierdie aspek goed benut gedurende die verkiesing in 2024 met die oog daarop om die DA ‘n loesing te probeer gee,

popsa ·

Dit bewys presies waarom daar ‘n oorlog aan die gang is in Gaza. Soort soek soort. Jy word geken aan jou vriende. Hamas het net veel verder en wreder te werk gegaan; trouens, tot nou toe geen teken van die gyselaars wat deur hulle ontvoer is nie. Maar hulle word wêreldwyd ondersteun, selfs deur die SA regering. Verstommend. Sal my doodskaam om so ‘n wrede organisasie wat weerlose burgerlikes en kinders verkrag, vermoor en ontvoer te ondersteun, openlik of in die geheim.

Lizanne ·

Wys mens wel wie die geweldadiste is… Israel ondersteuners bid en ander sit net geweld voort. Bid vir jul Israel!!!!

4ntj13 ·

Hulle moet ondersoek word as jihadi’s (selfmoordbomme en terrorisme). Dis waarvoor Hamas hulle volgende benodig. En Hamas is geensins stil daaroor nie.

Marius ·

Daardie vlag hoort nie hier nie. SA het vlag waaronder Suidafikaners verenig. Daardie probleem is nie SA sin nie. Enige persoon moet hier soort gedrag veroordeel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.