Onwettige immigrante: Geen idee hoeveel in SA, derduisende jaarliks gedeporteer

Dr. Aaron Motsoaldi, minister van binnelandse sake. (Foto: Siya Duda/GCIS)

Suid-Afrika is ʼn wonderlike plek om in te woon en baie mense in die wêreld streef daarna om hier te woon, te werk of om burgers van Suid-Afrika te wees.

Gevolglik kom baie buitelandse burgers na Suid-Afrika en bly onwettig in die land, het Aaron Motsoaledi, minister van binnelandse sake, Sondag op ʼn nuuskonferensie gesê tydens die vrystelling van die jongste witskrif oor burgerskap, immigrasie en vlugtelingbeskerming.

Volgens Motsoaledi kan niemand rekenskap gee van alle ongedokumenteerde migrante nie en het sy departement geen idee hoeveel onwettige immigrante in Suid-Afrika is nie. “Immigrasiedienste deporteer egter elke jaar tussen 15 000 en 20 000 onwettige buitelanders teen ʼn groot koste. Hierdie getal is aan die toeneem.”

Die instelling van die nuwe Grensbestuursowerheid behoort volgens Motsoaledi die risiko van buitelanders wat die land onwettig binnekom, aansienlik te verminder.

Motsoaledi het gesê sy departement het vier jaar terug met die “moeisame” proses begin om die witskrif op te stel. Pres. Cyril Ramaphosa en sy kabinet het dit op 1 November vanjaar vir openbare kommentaar goedgekeur en dit is die afgelope Vrydag in die Staatskoerant gepubliseer.

Konflikte, gewapende geweld, rampe, pandemies, soeke na beter sake- en werksgeleenthede en ander faktore dwing mense om hul lande van herkoms na ander lande te verlaat, het Motsoaledi gesê.

“Daar was konsekwent harde stemme wat vir doeltreffende beleidsmaatreëls en wetgewende ingrypings gevra het rakende migrasie in Suid-Afrika. Hierdie stemme het harder geword namate gewelddadige botsings tussen buitelandse burgers en landsburgers kop uitgesteek het.

“Suid-Afrika het verskillende stukke wetgewing wat handel oor burgerskap, immigrasie en vlugtelingbeskerming. In die praktyk is hierdie stukke wetgewing nie in harmonie met mekaar nie.”

Volgens Motsoaledi maak die witskrif radikale voorstelle oor burgerskap. Hy het onder meer verwys na die VSA, Kanada, Switserland en Brittanje wat streng immigrasie-, burgerskap- en vlugtelingwette het om die regte van hul burgers te beskerm.

“Die kriteria vir die toekenning van enige vorm van burgerskap moet streng in ooreenstemming met die wet wees. ʼn Behoorlike register moet gehou word vir alle mense wat burgerskap deur naturalisasie deur die minister verleen word. Die register moet elke jaar deur die minister in die parlement ter tafel gelê word.”

Die onlangse publikasie van die nasionale arbeidsmigrasiebeleid wat kwotas vir indiensneming van buitelandse burgers instel, sal volgens Motsoaledi ook help om die spanning tussen Suid-Afrikaanse burgers en buitelandse burgers te ontlont.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Jessey ·

En so leef ons almal in ‘n Droom Wereld, want die werklikheid word net deur Jan Alleman raakgesien. Grensbeheer was in plek, en spreekwoordelik (Met ‘n gesplete tong praat” is aan die orde vd dag. Mens kan nie almal in Afrika nooi om in Suid Afrika te kom bly en dan verwag hulle gaan nie hiernatoe kom nie.

Kokerboom ·

Die Skepper het aan meeste Afrikane, behalwe die in dorre streke, die paradys gegee om in te woon met voorwaarde jy moet WERK! Vraag is Hoekom is SA die paradys?
Dis “scary” hoe minister so nonchalant erken hul weet nie hoeveel onwettiges in land is wat skaars hulpbronne help plunder SONDER9soos altyd) ENIGE ANC plan van aksie!!!!

Vincent ·

Makliker gese as gedoen , onwettige immigrante is oor al, waar Ek bly is n woonstel blok en almal insluitende polisie weet dat dit net buitenlanders is wat daar bly soms to 10/15 per woonstel , daar is n informele nedersetting (lees plakkerskamp) so ent buite die dorp en almal wat daar bly is immigrante wie wettig en wie onwettig is Sal ons nie weet nie my skatting vir beide is dat dit so 70/30 is ( 30% wettig) .

Dis makliker om te beheer deur duidelike kwotas soos oor see in te stel : doen aasoek vir spesiale dispensasie as jy nie n gepaste suid afrikaner met die nodige kwalifikasie kan kry nie of dit dalk n speslsialis veld is waar daar nie genoegsame gekwalifiseerde mense Sal wees nie bv Robotika Ingineurs.

En dan mag jou buitelandse werk kwotas by maatskappye nie 12% oorskry nie , en voila wettige immigrante se totale Sal bevestigbaar wees want niemand Sal n werkspermit hé as Hy nie n “borg maatskappy “ het nie , dus enig iemand wat dan nie die regte papiere het , hetsy by n maatskappy of op straat nie is onwettig , maak dan ook die land van herkoms verantwoordelik vir deportasie en die probleem gaan baie kleiner wees as nou. Dit gaan nie werkloosheid verminder nie , die wat onder daai illusie verkeer is mal , maar dit gaan dokumenteerbare en verifieerbare toegang tot Suid Afrika moontlik maak

kaplyn ·

Stem saam. Ek sit met dieselfde probleem. Oor naweke staan die straat en voor die huis ongeveer 10 motors met Lesotho nommerplate en daar word groot “party” gehou en vleis gebraai.
Maar ek dink daar is ook ‘n groter probleem – hoeveel van die onwettige immigrante het stemreg verkry met vevalste ID dokumente? Ek dink ook, so iets soos ‘n vervalste dokumente bedryf vind ook uit daardie huis plaas. In die week is daar kort kort motors wat stop en dan met papiere ingaan en met papiere uitkom. Ek is egter te bang om dit aan te meld by die polisie, want hulle kan nie vertrou word nie.

OW ·

Die meeste onwettige mense in SA is hier vir oorlewing en is nie in gespesialiseerde velde soos jy noem nie.Jou beskrywing gaan goed werk ‘n eerste wêreld land en nie soos SA nou lyk nie.SA was so te sê ‘n eerste wêreld land,maar sedert 1994 is SA in trurat en dit gaan nie maklik omgekeer word nie

Aai ·

Seker sal ‘n ordentlike grensdraad en grens post julle veel minder kos as om tussen 15000-20000 elke jaar te deporteer?

Wiehan ·

‘n Cell fooen winkel in Suid Afrika is ‘n baie gespesialseerde werk en net Pakistani’s kan die doen. Dan moet daar omtrant 10 Pakistani’s in een winkel werk en BLY on een selfoon reg te maak. Baie, baie moeilike werk.
Minister, gee jou departement net opdrag om op ‘n gewone werksdag in ‘ n besigheods straat in te gaan en al die besighede tebesoek, dan sal jy al ‘n goeie idee hê vanhoeveel “wettige” buitelanders hier is. Betaal hierdie mense enige belasting en BTW. Waar is SARS?

George ·

Amper soos 10 boere op die vloer werk by een kooperasie op Vaalwater?

domheks ·

Ek weet van buitelanders wat vandag gedeporteer is – more is hulle al weer terug hier. Kyk na grensbeheer!

SjN ·

Dit is payback time en was aan hul belowe om getalle te kry om te stem vir die kaders.

johan ·

Suid Afrika het meer as 5 000 swart woonbuurtes. In ‘n plakkerskamp na by my op die platteland wat nie groot is nie woon ongeveer 200 Malawiers dit is nie ander Afrika lande se burgers in getel nie. Nou as ek ‘n eenvoudige som sou maak van 5 000 x 200 = 1 000 000 nou kom die vraag groter woonbuurtes nader aan Stede so waar kan die syfer dan wees.

Niklaas ·

Daars is moontlik ‘n strewe na die opbou van groot getalle ekstra stemme vir die huidige regering , met die volgende verkiesing. En dan word gebaat by miljoene dankbare nuwe burgers .

annie ·

Dit is ook hoekom so baie van ‘ons mense’ so simpatiek staan teenoor die Palestyne omdat hulle migrante van oraloor is wat deur die Weste en Arabiese land onderhou word in ‘n enclave van/teen Israel. Baie inwoners hier het dokumente bekom maar is boorlinge van elders. Die eerste wat mos brand wanneer plakkerskampe tot niet gaan is ID-dokumente.

Papsak ·

Nee Malemma mos gese gooi oop grense dat immegrante kan in kom nou ja daar die antw

christo ·

Onwettige immigrante kom nie net uit Afrika nie, soos bewys deur die produkte waarvan die vervaldatum reeds verstryk het by spaza winkels. Hoeveel keer is mense wat onwettige immigrante in diens het, slagoffers van die einste kriminele .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.