Byna 11 miljoen SA’ners kyk op kassie na Bok-eindstryd

(Foto: @Springboks/X/Twitter)

Byna 11 miljoen Suid-Afrikaanse kykers het op 28 Oktober regstreeks na die eindstryd van die Wêreldbeker-rugbytoernooi tussen Suid-Afrika en Nieu-Seeland op televisie gekyk.

Dit is sowat ʼn kwart (26%) meer kykers vergeleke met verlede jaar se Wêreldbeker-sokkereindstryd en sluit nie eens diegene in wat na die eindstryd in aanhangersparke gekyk het nie.

Nielsen, ʼn internasionale data-ontleder, se data toon dat 10,9 miljoen unieke tuisgebaseerde regstreekse kykers einde verlede maand oor vier lineêre TV-kanale in Suid-Afrika gekyk het hoe die Springbokke die Web Ellis-beker vir ʼn historiese vierde keer in Frankryk omhoog hou.

Volgens Nielsen Sports SA is dié styging in kykertal nie heeltemal ongekend nie, maar wel ʼn teken van Suid-Afrikaners se groeiende belangstelling in rugby.

Luidens die 2023 Nielsen Fan Insights Rugby Fan- verslag geniet die Wêreldbeker-rugbytoernooi as sportgeleentheid ook tans die topvlak van belangstelling. Meer as 86% van Suid-Afrikaanse sportliefhebbers het belangstelling in die toernooi getoon.

(Foto: Tania Heyns/Maroela Media)

Aanhangers wat hierdie vlak van belangstelling (of hoër) in die toernooi toon, sluit in aanhangers van basketbal, draf, krieket, fietsry, rugby, motorsport, padel en gholf.

Altesame 85% van plaaslike sokkeraanhangers toon ook groot belangstelling in die Wêreldbeker-rugby.

“Die Springbokke se Wêreldbeker-oorwinning was ʼn geskiedkundige prestasie wat hul uitnemendheid en spanwerk ten toon gestel het. Die aansienlike groei in kykergetalle, in vergelyking met die 2022-Wêreldbeker-sokker- en Wêreldbeker-rugbytoernooi in 2019, beklemtoon die sportsoort se groeiende aanhang in ons land,” sê Tumelo Selikane, besturende direkteur van Nielsen Sports SA.

Selikane sê die verslag is ʼn waardevolle hulpbron vir handelsmerke en regtehouers aangesien dit hulle help om hul strategieë aan te pas om spesifieke teikengehore te bereik, rugbygeesdriftiges te verstaan en by hulle betrokke te raak “wat dit ʼn wen-wen maak vir die sportgemeenskap en ondernemings in die geheel”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Snuffelgids ·

Jy neem nie in ag wat hulle sê nie. Die statistiek is eintlik net die tv getalle, nie die 10 of meer mense wat almal saam om 1 tv sit nie. So die hoeveelheid mense is hoog

Christo ·

Ons het almal al geleer dat hierdie tipe statistieke, ver van die waarheid af is

Blomkool ·

11 miljoen het gekyk maar 60 miljoen kry n dag af, wat die land die Kan bekostig nie.

Euodia ·

Stem volkome saam!!! Nog ‘n vakansiedag dag is ‘n onnosel besluit.

Johan ·

100% akkoord! Maar ons weet mos die besluitnemers voel absoluut vere vir die land en die ekonomie.

Nommer 7 ·

Versoeningsdag is op Saterdag 16 Desember. Wat dan as dit op ‘n Vrydag sou val?

Blackies ·

En die 3 miljoen OVHD gebruikers kon nie op SABC 2 kyk nie. Dstv en Sabc het so saam met die regering besluit.

Piet 6 ·

Dit is slegs Multichoice/ DSTV se geldgierige besluit. Dit het hulle aandele prys behoorlik laat tuimel.

SjN ·

Hoe het hul dit bepaal? seker dieselfde soos die onlangse sensus opname waar ek en nog kenisse nie getel is nie, duimsuig kykergetal!

Republikein in die Wes Kaap ·

Geen prestasie. Het Bafana in die FIFA eindwedstryd gespeel?

Casper ·

Waar kry Malema sy inligting vandaan.Vier keer wêreldkampioene.Kan ons die lede sê van Bafanana of Banyanana,nee,mmmmmm wonder maar net.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.