Walter tree vir Bavuma in die bresse

Temba Bavuma in aksie tydens die halfeindstryd tussen Suid-Afrika en Australië in Kolkata. (Foto: Dibyangshu Sarkar/AFP)

Ná Wêreldbeker-tellings van 8, 35, 16, 28, 24, 11 en 23 is Temba Bavuma Donderdag vir ʼn nulletjie deur Australië se Mitchell Starc in die halfeindstryd op Eden Gardens uitgeknikker.

Die Protea-kaptein kon in sy agt beurte slegs 145 lopies teen ʼn gemiddeld van 18,12 en ʼn treftempo van 73,60 in Indië aanteken.

Toegegee, Bavuma is weliswaar nie die eerste Suid-Afrikaanse kaptein wat by die internasionale krieketskouspel sukkel nie, maar elke Wêreldbeker-toernooi begin immers op ʼn skoon bladsy en dié hoofstuk sorg – statisties gesproke – hoegenaamd nie vir goeie leesstof nie.

Daarbenewens het hy self erken dat hy nie 100% fiks is vir die halfeindstryd teen Australië nie nadat hy vroeër sy dyspier teen Afghanistan seergemaak het.

Afrigter Rob Walter het ná die Proteas se halfeindstryd-nederlaag vir die 33-jarige kolwer in die bresse getree.

“Ek het vir hom gesê hoe trots ek op hom is – hy het nou sy troepe goed op die veld gelei. Ek dink baie mense vergeet dat Temba die hoofrol in ons kwalifiseringsproses vir die toernooi gespeel het. Ek wou dus seker maak dat hy weet hoe ʼn belangrike skakel hy in die span is en hoe trots ek op sy leierskap is.”

Die Protea-afrigter het ook die besluit verdedig om Bavuma – ondanks sy dyspierprobleme – vir die halfeindstryd-elftal te kies.

“As jy na hom in die veld gekyk het, sou jy nooit kon raai dat hy nie 100% was nie. In aanloop tot die wedstryd het hy elke dag vordering getoon en hy was bitter naby om weer op sy heel beste te wees.”

Nee, dit was nie ʼn choke-sessie nie!

Volgens Walter het die span ook glad nie gechoke nie.

Dit was die Proteas se vyfde nederlaag in die halfeindstryd van ʼn Wêreldbeker-toernooi en hul derde uitspeelwedstryd-nederlaag op ʼn streep teen Australië.

“Na my mening beteken choke om ʼn kragmeting te verloor wanneer jy in ʼn posisie was om te wen. Ons moes nou heeltyd die wedstryd jaag, maar ons kon later goed terugbaklei om vir onsself ʼn kans te gee.”

Hy erken dat die Suid-Afrikaners se aanvanklike gesukkel met die wilgerlat vir die grootste kopseer gesorg het.

“Die eerste 12 boulbeurte van ons kolfbeurt was ʼn reuse-uitdaging. Ek dink dit het uiteindelik die verskil tussen wen en verloor beteken.”

Vertonings van vorige Protea-kapteins by Wêreldbeker-toernooie:

  • 1992: Kepler Wessels het in agt kolfbeurte 313 lopies teen ʼn gemiddeld van 44,71 geslaan.
  • 1996: Hansie Cronjé het in ses kolfbeurte 276 lopies teen ʼn gemiddeld van 55,20 aangeteken.
  • 1999: Cronjé kon in Engeland slegs 98 lopies in agt kolfbeurte teen ʼn gemiddeld van 12,25 slaan.
  • 2003: Shaun Pollock het sy 71 lopies teen ʼn gemiddeld van 17,75 aangeteken, terwyl hy agt paaltjies teen ʼn gemiddeld van 21,50 geneem het.
  • 2007: Graeme Smith het in 10 beurte 443 lopies teen ʼn gemiddeld van 49,22 gemoker.
  • 2011: Smith het in Indië 300 lopies teen ʼn gemiddeld van 26,14 aangeteken.
  • 2015: AB de Villiers was een van die toernooi se toplopiemakers. Hy het 482 lopies teen ʼn spoggerige gemiddeld van 96,40 gemoker.
  • 2019: Faf du Plessis was Suid-Afrika se voorste lopiemaker met sy 387 lopies teen ʼn gemiddeld van 64,50.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Schalk ·

Ons kan nou hierdie prentjie so mooi inkleur as wat ons wil,dit verander nie die realiteit nie. Om die woord choke ook nog n ander betekenis te gee, wys maar net die onvermoe om te erken dat die Proteas nie wereld beker gehalte is nie. Skielik beleef Muller n helder oomblik en is n held,om in een wedstryd uit te blink nie, maak nie van jou n goeie krieket speler nie. Nee wat, miskien moet daardieper gesoek word na die probleme met SA krieket.

Hennie Biebouw ·

Ek verstaan nie mooi jou punt nie? Is jy kwaad vir Muller omdat hy ‘n 100-tal in die semi-finaal gemaak het, of is jy kwaad omdat hy in ‘n wedstryde wat ons gewen het, nie lopies gemaak het nie? Ons het teen Australië verloor omdat al 4 ons top kolwers misluk het…..

Schalk ·

Hennie, wat beteken hy vir die span as hy nie konstant lopies kan aanteken nie? Wen of verloor.

Hennie Biebouw ·

David Miller, wat gereeld in die middelorde kolf, maw waar daar gereeld verwag word van hom om vinnig te kolf (lees: hoë risiko) het in die ODI loopbaan ‘n gemiddelde van 42.75 teen ‘n treftempo van 103.68%. So as jy ‘n stok soek om die hond mee te slaan, is David Miller beslis nie dit nie…

Gawie ·

Geen kommentaar oor die besluit om eerste te kolf nie? Dit ins toestande wat lyk of dit nie gunstig was om te kolf nie. Bavuma is nie ‘n eendag speler nie. Hy is nie eers ‘n goeie toets speler nie, net twee honderd talle in 56 toetse!

Hennie Biebouw ·

Dit was die regte besluit om eerste te kolf. Die top kolwers is almal met onnosel houe uit. As ons 50 meer lopies aangeteken het, het ons die wedstryd gewen. Die “gebruikte” baanblaaie in Indië wat hul vir die toernooi voorberei het, was skokkend. As jy kyk na die statistieke, is die wenner van die loot wat eerste gekolf het, meestal bevoordeel. So dié verloor lê vierkantig voor die deur van die top 4 wat nie hulself kon laat geld nie.

George ·

Gawie, hy nie n ODI speler nie? Hy is ons beste batsman in ODI’s al vir meer as n jaar. Wat se jy dan dat Markram eers in sy 6de jaar as Protea sy eerste 100 geslaan het, en dit teen Nederland? Of mis ek iets? vir 5 jaar was sy avg onder 30, nou eers opgekruip na 33 toe. Waar Bavuma sin bo 50 was, vir meer as 12maande, en slegs nou gesak het tot 48 toe.

piet ·

Kolwers het nie genoeg lopies aangeteken nie en toe verbrou hulle nog ‘n aantal vangkanse ook. As jy so ‘n klein totaal aanteken, kan jy nie bekostig om een kans te mis nie. Jansen was ongelukkig weereens ‘n misoes met die bal. Bavuma is ‘n goeie kaptein, sy veldplasings is uitstekend. Niemand het hulle voor die toernooi kans gegee nie, hulle het eintlik bo gemiddeld presteer en verwagtinge oorskry. Kom ons wees eerlik, dis waarskynlik die swakste SA span wat ons ooit by die wereldbeker gehad het.

JN ·

Bavuma is een van die groot redes, inteendeel n politieke rede hoekom dit nie verder gaan nie…
Sorry but you are the weakest link!

George ·

So Christian, jy se eintlik dan mos nou dat dit QDK se skuld ook is, hyt gechoke as batsman, sitter gedrop, en swak plasings gemaak. Maar tog le julle alles voor Bavuma?

Frank ·

Skuus, maar arme Bavuma het later begin lyk soos ‘n blaartjie in die wind. DIS hoekom De Kock begin intree het. Jy het dit of jy het dit nie. En Bavuma het ongelukkig nie daai leierskap geen in hom nie.

Jakkie ·

Bavuma se vrou het hom gebel toe antwoord Walter en vra sy moet net aanhou hy het gou gaan kolf.

Anel ·

Goeie genade, wie wil so ‘n afrigter hê! So trots op ‘n kaptein wat self erken het hy is nie fiks nie!!! Maar eggos, dit gaan alles oor eggos. Nie oor wen nie. Alles in die land gaan so. Nie oor wen nie maar ons het darem deelgeneem!!! Nee, dankie. Op daardie vlak is baie meer op die spel. Dit moet om die span gaan. As jy nie in dpan kan werk nie, gaan speel golf of tennis of so iets. Nie een van die twer spanne van ons land het kapteins om oir opgewonde te word nie. Ander doen hul kapteinswerk op die veld en maak hulle goed lyk. Wat ‘n skande!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.