Eskom sê fase 3-beurtkrag sal tot Maandag 05:00 duur weens die tekort aan opwekkingskapasiteit en die behoefte om noodreserwes te bestuur.
Lees meerAlles vir Sondag 19 November 2023
Aussies speel stadion stil vir sesde titel!
Australië se krieketspan is die Wêreldkampioen nadat Travis Head (137) onder meer uitstekend kop gehou het in die suksesvolle lopiejaagtog.
Klasaksie teen Las Vegas Grand Prix ingestel
“Ons sal baklei vir die regte van die ondersteuners wat groot afstande afgelê het en ʼn klein fortuin betaal het om dit by te woon, maar van die ervaring ontneem is.”
Die week in foto’s
Beleef saam die wêreld se gebeure in die week se nuusfoto’s.
Nege geskors oor brand by parlement
’n Eksterne regspan het nou 28 parlementswerkers uitgewys wat weens hul beweerde wanbestuur en nalatigheid vermoedelik daartoe bygedra het dat verlede jaar se verwoestende brand by die parlement uitgebreek het.
Ultraveldhardloper Tom Evans op Tafelberg beroof
Tom Evans het hom intussen aan komende naweek se Kaapstadse ultraveldwedloop onttrek en is op pad huis toe.
SEB verdeel landbou in handeklappers en hakke-inkappers
Die hakke-inkappers eis van die handeklappers om te verduidelik wat die morele begronding vir hulle steun aan die ANC se rasmal regulasies is.
Goud vir Marc en Carla in Johannesburg
Marc Pritzen en Carla Oberholzer is die wenners van die 947 Ride Joburg-fietswedren.
Wêreldbekerrugby: Hoe gerat is Bokke vir 2027 se toernooi?
Hoewel daar ʼn hele paar slaggate oor die volgende vier jaar sal wees, is dit nie wensdenkery om te glo dat Rassie Erasmus se Bokke ook die volgende Wêreldbekertoernooi in Australië kan wen nie.
Piepklein SA kunswerk steel kollig in Hollywood
Die Kaapse kunstenaar Lorraine Loots is onlangs gevra om ʼn kunswerk vir die musikant Tallulah Willis, dogter van Hollywood-akteur Bruce Willis, te maak.
Nóg een vas ná moord op Rustenburgse sakeman
Ben Gumbi is op 23 Augustus deur twee mans buite Plato Coffee in Kockstraat doodgeskiet.
Dobson het nog hoop, ondanks nederlaag
“Takties was ons nie deur ʼn Noordelike Halfrond-span uitoorlê nie en dit is iets positiefs waarop ons beslis kan voortbou.”
Groot uittog van adverteerders ná Musk ‘samesweringsteorie’ steun
Die Withuis veroordeel Elon Musk vir sy “afskuwelike bevordering” van antisemitisme.
ANC gekap oor adjunkhoofregter se foto op plakkaat
Die opposisieparty sê die gebruik van ’n foto van een van die mees senior ampsdraers in Suid-Afrika vir politieke gewin is nie net oneerbiedig teenoor die adjunkhoofregter persoonlik nie, maar hou ook ’n wesenlike bedreiging in vir die algehele geloofwaardigheid van die regbank.
Verstappen brom oor Vegas, maar brul oor wenstreep
“Max hou daarvan om vir sy plek te baklei; ek dink hy het intussen al sy sienswyse oor Las Vegas verander.”
Valslik van rassisme beskuldig? Privaatvervolgingseenheid wil help
Dit wil voorkom of aantygings van valse rassisme in Suid-Afrika aan die toeneem is. “Om in Suid-Afrika van rassisme beskuldig te word, is waarskynlik een van die ergste etikette wat op ’n persoon geplaas kan word, veral wanneer hierdie aantygings in die openbare oog afspeel,” sê AfriForum.
‘Harde werk’ Louzanne se geheim
Die Paralimpiese medaljewenner Louzanne Coetzee gesels met Maroela Media oor haar sprokiestroue, liefde vir atletiek en die dokkie oor haar lewe.
Getooi in droomrok van gehekelde blomme
Malincke Botha van Hoër Volkskool Potchefstroom se matriekafskeidrok is voorwaar ʼn unieke rok, getooi in kleur en blomme – en dit alles met liefde en hande saamgevoeg.
Fase 3-beurtkrag nou van krag
Dié aankondiging kom ondanks die nuus dat eenheid 1 van die Koeberg-kernkragsentrale Saterdag ná byna ’n jaar weer aanlyn gebring is.
Mej. Heelal: Bryoni eindig in top-20
Plaaslike skoonheid Bryoni Govender was Sondagoggend “die sonsopkoms oor Afrika” in Sentraal-Amerika waar die wenner van die 72ste jaarlikse Mej. Heelal-skoonheidskompetisie aangekondig is.