Bavuma uit vir ʼn nulletjie

Temba Bavuma is in die eerste boulbeurt van die halfeindstryd vir ’n nulletjie uitgehaal. (Foto: Diyangshu Sarkar/AFP)

Die Proteas het die loot gewen en besluit om eerste op ʼn bewolkte Kolkata-dag in die Wêreldbeker-halfeindstryd teen Australië te kolf.

Die Suid-Afrikaners se sterk kolforde is een van die span se grootste wapens in Indië en hulle speel hul beste krieket wannneer hulle eerste stelling voor die paaltjies inneem.

Maar Temba Bavuma is reeds terug in die kleedkamer nadat een van Mitchell Starc se aflewerings die buiterandjie van sy kolf in die eerste boulbeurt van die wedstryd getref het.

Die Protea-kaptein het met ʼn dyspierbesering in aanloop tot die halfeindstryd gesukkel en hy het ná die muntstuk-lootsessie gesê dat hy nie “100%” fiks is nie.

Die 33-jarige kolwer kon nog net 145 lopies in agt Wêreldbeker-probeerslae teen ʼn gemiddeld van 18,12 aanteken.

Quinton de Kock is saam met Rassie van der Dussen voor die paaltjies en dit gaan maar baie swaar om lopies teen die akkurate Australiese boulwerk te slaan.

  • Spanne:

Suid-Afrika: Quinton de Kock, Temba Bavuma (kaptein), Rassie van der Dussen, Aiden Markram, Heinrich Klaasen, David Miller, Marco Jansen, Keshav Maharaj, Gerald Coetzee, Kagiso Rabada en Tabraiz Shamsi.

Australië: Travis Head, David Warner, Mitchell Marsh, Steven Smith, Marnus Labuschagne, Glenn Maxwell, Josh Inglis, Pat Cummins (kaptein), Mitchell Starc, Adam Zampa en Josh Hazlewood.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

kragaap ·

Wat ‘n grap. Sal natuurlik die besering blameer vir patetiese vorm. As hy beseer is moes hy nie gespeel het nie.

Leon ·

As Bavuma weet hy is nie 100% fiks nie dan moet hy nie speel nie. Baie selfsugtig en doen dan die span nie enige reg aan nie.

Jack Russ1 ·

Hy is op die stadium een van ons beter ODI kolwers, maar om hom te in die 11-tal te sit met ‘n besering is net belaglik.

Dit laat my terugdink aan die 2015 semi-finaal teen NZ

Leon ·

As Bavuma weet hy is nie 100% fiks nie dan moet hy nie speel nie. Baie selfsugtig en doen dan die span nie enige reg aan nie.

Witbaard ·

Volgens statistiek is hy dalk n goeie speler. Statistiek toon ook dat wanneer jou een voet in ‘n emmer kookwater is, en die ander voet in n emmer yswater, jy statisties in ‘n gemaklike posisie is.

Christo ·

So dis beter om `n halwe speler in die span te sit as `n volle fiks een?? Net omdat hy die geleentheid wil he om n span te lei in n semi-finaal? Ek sal nooit die klomp kan verstaan nie

Ore ·

Hy as kaptein moet die span die land eerste gestel het en self besluit het om te onttrek. Die bestuur moes ook van beter geweet het. Ek dink sy totale lopies vir die toenooi is minder as van die gemiddelde kolwers se tellings. Wat het en die keurders met hulle heethoofdige standpunt bereik? Hoekom moes hy ten alle koste in die span wees vandag? Hier is ‘n vernedering oppad

Christo ·

Laaste 8 wedstryde:
Reeza Hendricks – 265 lopies, gemiddeld 33.12
Themba Bavuma – 145 lopies, gemiddeld 18.12
Wie maak hierdie dom keuses, terwyl hulle besig is met n Wereld Beker????

kragaap ·

Chokers, vier penne plat vir minder as vyftig lopies. Sal nooit regkom nie. Swak leierskap en keuses.

koos10 ·

Beseerde kwotas bo wenspan. Dit sal mos ons regering baie bly maak. Hy moes vanoggend die afrigter vertel dat hy nie 100% is nie en van die span onttrek, maar nee, met sy selfsug gaan hy nog baie negatiewe kommentaar moet verduur.

Sobymykoolkop ·

Maak jou reg.Nou gaan die oor en weer beskuldigings heen en weer vlieg. Hy het gesê…..nee hy het nie gesê….

Manie ·

Korrek, as vandag en môre uitreën, sal die chokers deurgaan finaal toe.

Bolandse Nooi ·

Julle bedoel eintlik werklik dat die Duckworth-Lewis metode kan toegepas word? Dan moet ons mos nou beginne bid dat die reën beginne val ….

Arend ·

Loot gewen, en omstandighede verkeerd gelees ook. Ons moet 1ste veldwerk gedoen het.

Witbaard ·

Hoeveel kanse moet Bavuma kry. Die res van die spelers kan net geen druk hanteer teen sterker spanne nie.

Kabous ·

Man hou op om, om die bos te slaan, hy wat bavuma is moes al lankal uit die span gewees het punt. Wat sukkel die keurders so haal hom uit en soek iemand beter, seker is daar n paar spelers met goeie leierskap!!! Hy moet groet en die pad vat! kyk na sy gemiddeld uiters swak!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.