Na raming het 40 000 mense op 14 Julie 2016 op die boulevard bymekaargekom om na ’n vuurwerkvertoning te kyk toe Mohamed Lahouaiej-Bouhlel kort voor 23:00 met ’n vragmotor in die skare mense ingejaag het.
Lees meerAlles vir Woensdag 14 Desember 2022
De Ruyter gee leisels oor in Maart
“Dit was ’n eer en voorreg om Eskom en Suid-Afrika te dien. Ek wens alle hardwerkende mense van Eskom voorspoed toe.”
Glo nie eerste aanranding van Gautengse adjunkspeaker – hof
Sers. Lizzie Mojapelo, ’n beampte van die polisie se beskerming-en-sekuriteitsdiens, het beweer dat polisiebeamptes nie na die huis van die Gautengse adjunkspeaker, Vuyo Mhlakaza-Manamela, ontplooi wou word nie omdat sy hulle dikwels aan mishandeling onderwerp het.
Regter Hlophe geskors
“Die president is diep onder die besef dat dit nodig is om regter-president John Hlophe se regte teenoor dié van die publiek en die belange van die regbank as geheel op te weeg.”
Albie moet alles van vooraf leer ná ongeluk
“Dit gaan elke dag beter met hom en ons is dankbaar dat hy al so ver gevorder het en uit kritieke sorg is. Hy het al sy eerste paar woordjies gesê.”
Tabak nou taboe vir NS jonges
Die verbod is daarop gemik om te verhoed dat toekomstige geslagte rook en is deel van die regering se poging om die land teen 2025 “rookvry” te maak.
Andre De Ruyter bedank
“In plaas daarvan om die regte ding te doen, het die politici De Ruyter ter wille van hul politiek geoffer.”
ToekomsVenster: Bly mense vreemdelinge by ons?
Bely jy vandag omdat jy beleef en behoort het?
Tugkomitee skors Nché, Creevy
Agustin Creevy was vroeër vanjaar ook in die sop omdat hy Eben Etzebeth se hare getrek het.
Dié Durbanse strande se water nog te vuil
Terwyl Suid-Afrikaners pak vir die vakansie, bekommer hotelle aan die Durbanse kus hulle oor die onbehandelde riool wat al maande lank in die Indiese Oseaan vloei.
Kospryse: Dit hou net aan styg
Verskeie produkte het die afgelope jaar duurder geword, met brokkoli, blomkool en gevriesde aartappelskyfies wat tussen Oktober en November die grootste prysstygings ondervind het.
Boek van die maand: ‘Die onsigbare pou’ deur Zirk van den Berg
Meer populêr as popmusiek as ʼn onderwerp vir ʼn boek kan ʼn mens kwalik kry, en dié onderwerp beheers Zirk van den Berg met dié soort vakmanskap wat ʼn mens al meermale by hom teëgekom het.
‘My Kitchen Rules’-wenners: ‘Kos is in ons vriendskap se DNS’
“Ek glo dit het vir ons ’n hupstoot gegee om op die ou end die kompetisie te wen.”
Flintoff in hospitaal ná ‘Top Gear’-botsing
Britse mediaberigte het intussen bevestig dat die voormalige krieketster se beserings nie as lewensgevaarlik beskou word nie.
Leer skryf met Skryfnet se inleidende skryfkursus
Was dit nog altyd jou droom om ‘n skrywer te wees of om jou skryfvernuf bietjie op te knap? Jy kan nou dié Nuwejaarsvoorneme laat realiseer! Skryf in vir Skryfnet se Inleidende Skryfkursus ontwikkel deur Hans du Plessis en aangebied deur Elzebet Stubbe.
Man gevonnis nog voor hy kon pleit
’n Regter sê die “bisarre” saak is tekenend van landdroste in onderhoud- en gesinshowe se gebrek aan ervaring.
Pak só slim vir jou somervakansie
Voorkom onnodige paniek omdat jy te veel swemklere ingepak het en jou slaapklere of trui by die huis vergeet het nadat iemand op jou tas moes sit om dit toe te kry.
ʼn Nat vakansiedag voorspel
Suid-Afrikaners wat beplan om Vrydag Geloftedagverrigtinge by te woon, moet hul reënjasse en sambrele saamneem.
Wiele2Wiele: Alles oor nuwe Amarok en Dakar
In hierdie week se episode van Wiele2Wiele vertel hulle jou alles oor die nuwe Volkswagen Amarok en Suzuki se nuwe S-Presso. Toyota Gazoo Racing het intussen ook sy span vir die 2023 Dakar-ren bekendgestel.
Video: Domste dief se plan gou gefnuik
Die winkelier se vernuftigheid het gou die man se planne in die wiele gery.