Leer skryf met Skryfnet se inleidende skryfkursus

boeke_plant_sweetlouise-

Foto: sweetlouise/pixabay.com

Was dit nog altyd jou droom om ʼn skrywer te wees? Dan is Skryfnet se inleidende skryfkursus, Inleiding tot Kreatiewe Skryfkuns, die perfekte manier om jou droom vlerke te gee.

Hierdie praktiese, inleidende aanlyn kursus (wat vanaf 27 Februarie 2023 vir die sesde keer aangebied word) is ontwikkel deur die bekroonde Afrikaanse skrywer, prof. Hans du Plessis, en word aangebied deur Elzebet Stubbe.

Inleiding tot Kreatiewe Skryfkuns duur agt weke en fokus op die skryf van verhalende prosa, met spesifieke verwysing na die skryf van ʼn kortverhaal. Die beginsels en skeppingselemente wat in die kursus bespreek word, geld egter ook vir die skep van enige verhalende prosawerk – soos ʼn roman, jeugverhaal, kinderverhaal of novelle.

Die kursus bestaan uit agt leergedeeltes (wat weekliks op kursusgangers se eie tyd deurgewerk word) met notas, video’s, praktiese opdragte, aanvullende leermateriaal en regstreekse aanlyn sessies.

Elzebet (die aanbieder) ondersteun die deelnemers om die inhoud en vaardighede te bemeester en gee ook weekliks terugvoer op werkstukke. Deelnemers kan ook enige tyd met mekaar gesels op die platform se kletskamer.

Ná afloop van hierdie kursus sal deelnemers toegerus wees met die teoretiese kennis en praktiese vaardighede om ʼn eie verhaal te beplan, skryf en ontleed. Hulle sal ook kan spog met ʼn afgeronde kortverhaal en ʼn sertifikaat van Akademia.

Oor die kursusontwikkelaar en -aanbieder:

Hans-du-Plessis

Hans du Plessis tydens ‘n onderhoud met Kwêla. Foto: Kyknet.dstv.com

Die geliefde en bekroonde Afrikaanse skrywer prof. Hans du Plessis het in 1978 gedebuteer met sy digbundel Kleinwild. Sedertdien het hy meer as 160 publikasies – waaronder akademiese artikels en boeke, ses digbundels, drie jeugromans en vier romans – die lig laat sien. Sy jongste roman, Die opstand van Poppie Nel, het in 2020 by Lapa-Uitgewers verskyn. Du Plessis het al verskeie pryse en toekennings vir sy werk ontvang, onder meer die ATKV-kinderboekprys en ʼn erepenning van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns.

Du Plessis is reeds sedert 1985 betrokke by skryfkurssuse wat die Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging (ATKV) in samewerking met die Noordwes-Universiteit aanbied; hy was ook die eerste direkteur toe die ATKV-skryfskool in 1990 gestig is. Hy en sy vrou, Magdaleen, woon op Potchefstroom.

foto-elzebet-stubbe.jpg

Elzebet Stubbe (Foto: Verskaf)

Elzebet Stubbe was lank ʼn senior redakteur by Penguin Random House en was spesifiek verantwoordelik vir die Afrikaanse titels wat by Penguin en Umuzi verskyn het. Sy het voorheen in die bemarking- en reklameafdelings van Lapa- en NB-Uitgewers gewerk. Elzebet het ʼn honneursgraad in Kreatiewe Skryfkuns en ʼn meestersgraad in Afrikaanse prosa by die Noordwes-Universiteit behaal. Sy het al met onder andere Marita van der Vyfer, Karin Brynard, Bettina Wyngaard en Leon van Nierop se boeke gewerk. Sy en haar gesin woon tans oorsee.

Bespreek nou jou plek!

Belangstellendes kan nou uit een van twee opwindende opsies kies wanneer hulle plek bespreek vir hierdie waardevolle kursus.

  1. Betaal ʼn eenmalige bedrag van R3 200 vir die agt weke kursus.

Klik hier om jou plek te bespreek.

  1. Bespreek vir Inleiding tot Kreatiewe Skryfkuns + enige ander kursus van jou keuse (binne 12 maande vanaf betaling) en kry R800 afslag.

Klik hier om van die spesiale Kersaanbod gebruik te maak.

Besoek ook Skryfnet se webblad vir meer inligting en antwoorde op gereelde vrae.

Skryfnet is ʼn projek deur Maroela Media en Akademia.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.