Kospryse: Dit hou net aan styg

(Foto: Maroela Media)

Jaarlikse verbruikersprysinflasie het in November net-net tot 7,4% gedaal van die 7,6% waarop dit ʼn maand tevore gestaan het, maar Suid-Afrikaners gaan steeds swaar trek wanneer hulle vir kos moet betaal.

Die jongste syfers van Statistieke Suid-Afrika (StatsSA) wys dat voedselinflasie met 12,5% op ʼn jaargrondslag toegeneem het en 2,1 persentasiepunte tot die algehele verbruikersprysindeks (VPI) en die jaarlikse koers van 7,4% bygedra het.

Verskeie produkte het die afgelope jaar duurder geword, met brokkoli, blomkool en gevriesde aartappelskyfies wat tussen Oktober en November die grootste prysstygings ondervind het.

Luidens StatsSA se syfers is die prys van ʼn 2,5 kg-sak mieliemeel nou R34,08, terwyl dit ʼn jaar gelede sowat R25,60 gekos het. Vleisinflasie was verlede maand onveranderd, maar as jy ʼn stukkie spek saam met jou ontbyt wil hê, moet jy jou staal vir ʼn verhoging van 6,4% binne net ʼn enkele maand.

Die prys van volroommelk het van Oktober tot November vanjaar met 2,4% gestyg, terwyl die prys van eiers en kaas ook hoër is. Goeie nuus is nog ʼn daling in die prys van vette en olies. StatsSA sê die gemiddelde prys van ʼn 750 ml-bottel sonneblomolie is nou R38,12, terwyl dit in Julie vanjaar R45,33 gekos het.

Behuising en nutsdienste het ʼn jaar-op-jaarstyging van 4,3% ondervind, terwyl vervoer op ʼn jaargrondslag met 15,3% duurder geword het. Die dieselprys is nou amper dubbel as wat dit ʼn jaar gelede in November gekos het.

Die Reserwebank se monetêre beleidskomitee sal dié verlangsaming waarskynlik verwelkom en dit kan dalk ʼn minder skerp rentekoersverhoging vroeg volgende jaar tot gevolg hê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Phillip ·

Wel Eet moet jy eet of die prys nou ook hoe hoog is koop moet jy koop en Brandstof moet jy in gooi of dit nou R100 n L is moet jy ry om by die werk te kom Of die hius repokoers ook styg hemel hoog betaal jy maar wat kan jy maak dis goed wat jy as verbruiker geen beheer oor het nie

Witbaard ·

Te danke aan die ANC. Intussen bars die kabinet uit hulle nate.

Papsak ·

HOU N BIETJIE OP OM ALLES SKY HIGH TE STOOT HIER MENSE WAT DIT NIE KAN BEKOSTIG NIE MOET ONS NOU DOOD GAAN VAN HONGERTE OF HOE STOP HIERDIE HOE PRYSE WIE OOKAL HIER AGTER SIT NIE ONS SKULD HIERDIE IS GONE EN VROT VAN SKULD NIE HOU OP LEEN

Wendy ·

Papsak ek stem saqm met jou wonder net wie die negatiewe emoji gesiggie trek ,hiers n verraaier in ons geledere????

Pierre ·

Daars is n nuwe uitvinding, dit word die “caps lock” genoem, probeer gerus.

Chris ·

Dit is nie snaaks nie ….NB !… CHECKERS , P & PAY SPAR… ENS ! ENS !! … VOEL N FEER … HULLE EIENAARS IS MILJARDERS… weet nie of hulle dink hulle gaan daardie geld eendag saam neem nie ..SIESTOG ! …. Se ons iets dan volg daar honderde verskonings … “WAT HET VAN PRYSBEHEER GEWORD ?????!!!! …
WEET HIERDIE FAT CATS , HOEVEEL KINDERS GAAN BED TOE MET net !, N SNY DROE BROOD !!, elke aand … ? … Maar vertel hulle dit. .. Dan vat hulle nog n ” teug ” aan hulle HAVANA SIGAAR ennn kyk ander pad ..(SICK !!!)

Suid-Afrika Eerste - Vrydenker Vlakvark ·

Niks verhinder iemand om in SA ook ‘n supermark te stig en te bedryf. “Just do it”.

Lillian ·

Jare gelede het my ouma gesê daar gaan ‘n tyd kom wat ons gaan geld hê maar niks sal kan koop nie … sulke waar woorde …

Shakespeare ·

Wat het jy verwag met ‘n “delapidated”
government ?

Gert ·

Die plan is om almal te verarm , onteien en onder staatsbeheer te dwing. Teen die huidige tempo sal dit soos beplan teen 2030 afgehandel te wees. Ons parraman weet dit. “The Great Reset” Jy besit niks maar sal gelukkig wees.

Shakespeare ·

Die ANC/EFF se veragtelike missie. MAAK ALLE BURGERS IN DIE LAND AFHANKLIK VAN DIE GAWWERMINT.

Piet parys ·

Dis niks wag vir 2023 dan sal julle hoè pryse sien as daar kos op die rakke gaan wees natuurlik . Dit raak al hoe meer onekonomies vir boere om te produseer met die hoè insetkoste . Plant maar iets in jou erf of blompot om te eet .

Danie ·

Wat verwag die mens van hoe insetkostes en brandstof pryse nie eers van die gedwone hoe arbeids lone nie.

Nico ·

Die cANCer regering is rassisties teenoor hulle mense wat hulle daar gekry, nou word hulle weggegooi saam met die badwater.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.