Man gevonnis nog voor hy kon pleit

(Argieffoto: Anja van der Merwe)

Deur Tania Broughton, GroundUp

’n Man is vanjaar in ’n hof in Mpumalanga skuldig bevind én gevonnis sonder dat hy ooit die geleentheid gegun is om op die aanklagte teen hom te pleit.

Die aanklagte waaraan die beweerde onderhoudswanbetaler Samora Mashaba skuldig bevind is, is ook nooit aan hom gestel nie.

’n Regter het in Julie vanjaar eindelik die skuldigbevinding en vonnisoplegging deur ’n naamlose landdros by die Nkomazi-distrikshof tersyde gestel en gesê die “bisarre” saak is tekenend van die landdroste in onderhoud- en gesinshowe se gebrek aan ervaring.

“Foute soos hierdie het die potensiaal om die regbank in oneer te bring en kan ernstige onreg aan lede van die publiek veroorsaak, met ernstige gevolge vir regterlike beamptes,” sê regter Takalani Ratshibvumo van die hooggeregshof in Mbombela in ’n hersieningsuitspraak.

Dit is steeds nie presies duidelik wat tot Mashaba se skuldigbevinding in die Nkomazi-distrikshof gelei het nie, aangesien daar geen behoorlike rekord is van die betrokke dag se hofverrigtinge nie. Die hofopnamemasjien was die dag buite werking en daar is deur middel van handgeskrewe notas rekord gehou.

“Wat uit hierdie gerekonstrueerde rekord afgelei kan word, is dat Mashaba gedagvaar is om op daardie dag in die hof te verskyn op aanklag van die oortreding van die Onderhoudswet,” sê Ratshibvumo.

Luidens die notas het Mashaba voor sy verskyning die staatsaanklaer genader en reëlings getref  om sy agterstallige onderhoud van R6 000 in twee paaiemente af te betaal. Die eerste paaiement sou op daardie dag betaal word.

Die aanklaer het daartoe toegestem en die hof van die ooreenkoms in kennis gestel toe die saak voor die hof geroep is. Die aanklaer het gevolglik vir uitstel gevra.

“Dinge het egter tydens hierdie proses ’n ommekeer geneem, toe die beskuldigde uit die niet die hof hoor sê dat hy skuldig soos aangekla is. Hy is ook gevra om dit ter versagting van vonnis aan te spreek.

“Die hof het toe besluit om die verrigtinge ingevolge die wet in ’n ondersoek om te skakel. Maar om die een of ander onverklaarbare rede is die beskuldigde toe steeds gevonnis,” sê Ratshibvumo.

hof-hamer

(Argieffoto)

Luidens die rekord is Mashaba ’n boete van R6 000 óf ses maande tronkstraf opgelê. Die vonnis lui dat die “agterstallige skuld” uitgestel is en bepaal dan wanneer hy die skuld in twee paaiemente moet betaal.

“Ek sukkel steeds om die vonnis te verstaan, al het ek dit verskeie kere gelees,” sê Ratshibvumo. “Dit is nie duidelik of die bevel om die agterstallige bedrag te betaal benewens die boete is nie.”

Hy bevraagteken dan ook hoe die klerk van die hof dit vertolk het.

Ratshibvumo sê die landdros het nie net versuim om geregtelike onafhanklikheid te bevorder nie, maar ook versuim om Mashaba se grondwetlike regte te beskerm.

“Sy kon bloot ’n versoek om uitstel geweier het as sy nie ten gunste daarvan was nie. Dit sou die staat die geleentheid gegun het om te kies tussen die terugtrekking van die aanklagte of om met die verhoor te begin deur die aanklagte aan die beskuldigde te stel.”

Ratshibvumo sê voorts dit is uiters kommerwekkend dat die landdros Mashaba gevonnis het nadat sy die verhoor in ’n ondersoek omgekeer het.

“Dit is een van die sake wat die behoefte aan deurlopende portuuropleiding aan die kant van die regbank blootlê.

“Dit dui ook op die behoefte daaraan om goed opgeleide en ervare landdroste in familie- en onderhoudshowe te hê. Hierdie howe, asook verkeershowe, word te lank reeds afgeskeep en behandel as howe waar slegs onervare landdroste toegewys word.”

Ratshibvumo het in sy uitspraak gelas dat die skuldigbevinding en vonnis tersyde gestel word en dat die uitspraak na die hooflanddros in Mpumalanga gestuur word “sodat sy in staat is om behoefteterreine te identifiseer wanneer dit kom by die opleiding van regterlike beamptes, nie beperk tot die een wat hierdie saak hanteer het nie”.

Hierdie berig is oorspronklik op GroundUp geplaas en word met vergunning op Maroela Media gebruik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

46 Kommentare

Piet Snot ·

Ek het verskyn voor landdroste wat kon lees en skryf.
Lyk my daai dae is verby.
Viva!

Harley Davidson ·

En hulle is juis die laaste vesting gewees en nou dit .

Johan Tredoux ·

Ek ken die wet beter deur Televisie programme te kyk as hierdie landroste wat hul pos in besit geneem het agv “favours”.

ES ·

Ek weet darem nie Johan, ek is deel van die regslui en ek kan jou belowe geen TV program kan jou die wet wysmaak nie.

Die interpretasie van statute is redelik ingewikkeld en die wet is nie net van lees en pas toe nie. Daar is baie ander faktore soos saakreg, joernaal artikels en handboeke wat van toepassing is. As dit werklik so maklik was het almal dit gedoen.

Johan Tredoux ·

Sug. Verwysend na die berig en nie na jou ondervinding nie.

Piet Snot ·

Nie agv “favours” nie Johan.
Aangestel op grond van velkleur.

Johan Tredoux ·

“Gebrek aan ervaring”. LOL! LMGA! HA HA HA HA HA!!!!

Marcello ·

Ek weet persoonlik van ‘n man wat inhegtenis geneem is in Middelburg, Mpumalanga by sy huis, hy het vir 3mnde in die selle gesit, sonder dat hy ooit voorgekom het, en is toe net ewe skielik vrygelaat, sonder dat aan hom verduidelik is, hoekom hy in die selle was. Was dit nie vir sy suster wat onraad vermoed het, en ‘n privaat speuder gekry het om hom op te spoor nie, het hy seker nog langer in die selle vertoef.

ES ·

Jis ek hoop hy het lekker die minister van polisie gedagvaar – die Konstitusie bevestig dat jy binne 24 uur of so vinnig as moontlik voor ‘n bekwame hof moet verskyn na jou arrestasie.

Keelvol ·

ES, Jy’s verkeerd…… 48 uur of as die volgende hof dag buite n gewone werk’s dag val moet die verdagte ingelig word hoekom sy volhoue aanhouding nodig is…… buitendien vind ek dit uiters moeilik om te glo dat iemand vir 3 maande in die tronk as verhoor afwagtende gaan sit sonder n verhoor. Die gevangenis sal nie n persoon sonder n J7 van die hof af aanvaar nie. In die polisie selle word alle aangehoudendes onmiddelik die volgende dag na die hof toe gevat, tensy die ondersoek beampte die volle 48 uur gebruik.

Jacobus ·

So hierdie man het nou n krimenele rekord? En dit deur die staat se onbevoegdheid.

Keelvol ·

Dis nie deur die staat se onbevoegdheid nie, maar deur Sy die toedoen. Hoekom betaal hy nie sy onderhoud nie?

Marlene ·

Hulle maak almal skuldig in Pta magistraat ook. Hulle vonnis onskuldige mense maar die skuldiges kom weg met als

Keelvol ·

Hoe weet jy dit? Hoe weet jy iemand is onskuldig? Net wat hy sê of weet Jy dit vir n feit?

gatgogga ·

Party het grade, toegeken deur die School for Higher Intensive Training, ek dink dis waar Pallo Jordan sy doktorsgraad gekry het. Sodra jy meer as 30% van jou rekening daar betaal het, is die graad joune.

Net ek ·

Die resultaat van 30% slaagsyfer………………………

Keelvol ·

Ek weet, dis Pateties dat sekere pa’s nie hulle onderhoud betaal nie.

Manie ·

Hof prosedures is verbreek, kom dit nie neer op ‘n mis verhoor nie?

ES ·

Nee, dit werk so in Amerika. As daar ‘n onreelmatigheid is in hofprosedure in ons land dan word ‘n aansoek vir hersiening van die saak gedoen.

ES ·

Die groot probleem is dat meeste landrosse nie eers prokureurs was voordat hulle in daardie posisies geplaas is nie. Hul was miskien aanklaers, waarvoor die vereiste ook nie ‘n regsgraad is nie.

Hulle ken glad nie die wet nie.

Jixy ·

Sjoe, ES, My oë het sommer nou groot grek toe ek jou kommentaar lees. Aanklaers het nie n regsgraad nodig nie en landrosse wat nie eers as n prokureur gepraktiseer het nie?Dis ontstellend om die minste te sê.

Keelvol ·

Jixy, ES versprei misinformasie. Jy hoef nie n prokureur eers te wees om n landdros te word nie. Jy moet wel n regsgraad hê (lLLB). Aanklaers moet ook n LLB hê. Dit is onwettig om reg te praktiseer sonder n LLB en om deur die baliraad aangestel te word.

Anonymouse ·

Ek is bly jy noem dit, want ek het daaroor gesit en wonder terwyl ek die artikel gelees het. Ek kan vaagweg onthou hoe my pa wat ‘n polisieman was in die ou bedeling my vertel het hier van. As ek reg kan onthou was dit algemene praktyk daai tyd ook gewees, veral op klein plattelandse dorpies.

Enige iemand kan my reghelp hier, ek sal dit waardeer. Soos ek se die klokkie het net erns in my verouderde grysstof gelui.

Een aanmerking wat ek wil maak oor die artikel is dat daar gese word dat beter opleiding nodig is vir familiehowe, en ek stem daarmee. Maar om iemand te vonnis voor skuld bepleiding moet tog geld in enige hof, nie waar nie. Dit is een van die basiese beginsels, is dit nie?

Keelvol ·

ES, nou praat jy n klomp nonsens. Wanneer Jy reg praktieseer (aanklaers ingesluit) moet jy n regsgraad hê en deur die baliraad aangestel word. Alle regters/ landdroste moet n regsgraad hê voordat hy op die regsbank mag sit.

Hou op om vals inligting te versprei. Kry die korrekte feite.

Antie Sarie ·

Twee episodes van judge Judy is meer inligting as wat die kwakke deesdae in sewe jaar kry.

Roek ·

Duidelike bewys van mags misbruik , hulle behandel almal soos bollie by die howe , abuse teen mans lyk dit vir my !

Cecilia ·

Hoe kan daar ‘n gebrek aan ervaring wees? Hoe het die landdros dan gemaak om in die pos aangestel te kom, want die proses is alles behalwe maklik… Wel, tenminste vir dié wat lig van gelast is.

Wondermaarnet ·

Maklik. Regstellende aksie. Seker as ‘n bode by die hof gewerk en is bevorder na 5 jaar diens.

Keelvol ·

Hoekom, hy het mos verpligtinge teen oor Sy kind om die onderhoud te betaal of hoe?

gatgogga ·

Johan, soos wat ek verstaan, het hy onderneem om sy skuld te vereffen.
Hoe kan jy die hofuitspraak probeer verdedig, sonder ‘n verhoor?
Kry jou logika in orde.

Cherokee ·

As hy R6000 agterstallig was met onderhoud en gedagvaar,beteken dit hy wou dit nie betaal nie. Goeie beslissing.

Cherokee ·

Hy hert erken dat hy agterstallig was, was bereid om die agterstallige te betaal na hy gedagvaar is daarvoor, so ek verstaan nie jul probleem met sy skuldigbevinding nie. Vele wat onderhoud moet betaal doen dit nie. Dat hy betaal het dien as skulderkenning. Julle praat net agtermekaar aan.

Lillian ·

As hy nie onderhoud betaal nie, het ek nie juis simpatie met hom nie!

Dup ·

Dit gebeur wanneer transformasie van die regbank met alle mag deurgevoer word.Sommiges is eenvoudig net onbekwaam. “Judge Judy” sal ʼn beter taak verrig.

Oosie ·

Regstelsel is al lankal ñ probleem, jy sien dit amper daagliks dat ervaring nie neer daar is en kundigus jakkals draaie hardloop om dit.

Korrelkop ·

Nee, maar ek wil dit hê, moet meer dikwels gebeur! Daar loop duisende useless mans daarbuite rond wat die arme vrouens gelos het om met ‘n verskriklikke gesukkel die kinders en hulself aan die lewe moes (en moet) probeer hou het. Vat hulle vas. Wees bly ek was nie ‘n Regter nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.