Verlig só jou vierpoot se allergieë

(Foto: Verskaf)

Die draai van die seisoen het die verspreiding van stuifmeel in die lug tot gevolg, wat kan lei tot allergiese reaksies soos jeukerige oë en krapperige kele – en dit vir mense én hulle troeteldiere. Omgewingsallergieë is frustrerend vir honde en katte, sê dr. Guy Fyvie, ʼn veeartsenykundige raadgewer van Hill’s Pet Nutrition.

Meer as die helfte van allergieë in honde word veroorsaak deur die wêreld rondom hulle. Die grootste sondebokke vir diere-allergieë is stuifmeel, mufspore (mould spores) en huisstofmyte (house dust mites).

Fyvie sê klein en eenvoudige veranderings kan aangebring word om troeteldiere se allergieë te verlig.

Waar mense simptome soos loopneuse en waterige oë kry, kom allergieë as velveranderinge by honde en katte voor.

Wanneer jou hond aanhoudend krap, jeuk, lek of vryf, kan daar ‘n onderliggende velprobleem wees. As dit by katte kom, kan dit egter ‘n bietjie moeiliker wees om tekens van ‘n veltoestand waar te neem.

Ander simptome soos ʼn gelek van die pote, vlokkerige of skubberige velkolle, rooi kolle, puisies, korsies of verdikte vel, haarverlies asook ‘n onaangename reuk kan ook op velprobleme dui.

Dr. Fyvie beveel die volgende aan vir ʼn gelukkige troeteldier:

  • Skeduleer ‘n afspraak met jou veearts as jy vermoed jou troeteldier het ʼn velprobleem. Hulle sal die probleem diagnoseer en die regte behandeling aanbeveel.
  • Hou jou troeteldier se beddegoed skoon, deur omtrent elke tweede week te was. Maak seker dat alles heeltemal droog is voordat hulle weer daarin slaap.
  • Om ʼn intense jeuk te voorkom, kan jy jou troeteldier tot drie keer per week in ʼn koue bad was.
  • Los jou troeteldier binnenshuis op winderige dae om te verhoed dat stuifmeel teen sensitiewe velle vaswaai.

Kos wat spesiaal vir ʼn sensitiewe vel geformuleer is, kan velprobleme verbeter. Hill’s Prescription Diet Derm Complete is wetenskaplik bewys as die enigste voedingsoplossing vir beide voedsel- en omgewingsallergieë. Dit bevat eiers, proteïene en ‘n deurbraakformule met bioaktiewe en fitonutriënte om die tekens wat verband hou met omgewingsallergieë te verminder.

“Jou troeteldier se velgesondheid is die sleutel tot hulle algehele welstand. ʼn Behoorlike bad, gereelde velondersoeke en jaarlikse besoeke by die veearts is ‘n goeie manier om velprobleme te voorkom en om jou troeteldier gelukkig en gesond te hou.”

Besoek www.itchypets.co.za vir meer inligting, en voltooi die vasvralys om uit te vind of jou troeteldier dalk aan allergieë ly.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.