Taylor Swift maak skoonskip by VMA-toekennings

Taylor Swift het skoonskip by die VMA-toekennings gemaak. (Foto: Timothy A. Clary/AFP)

Die popsangeres, Taylor Swift, het met ʼn allemintige nege toekennings by vanjaar se MTV Video Music-toekennings weggestap.

Dié toekennings het Dinsdag in New Jersey, VSA, plaasgevind en het die room van die Amerikaanse musiekbedryf vereer.

Taylor het egter skoonskip gemaak, wat haar naas Beyoncé die tweede mees bekroonde sanger in dié toekenningsgeleentheid se geskiedenis gemaak.

Sy het pryse vir die beste kunstenaar, popliedjie, gewone liedjie en video van die jaar gewen. Sy het ook die toekennings vir die beste vertoning van die somer, beste album van die jaar, beste regie, kinematografie en visuele effekte vir haar “Anti Hero”-musiekvideo gewen.

“Hierdie is ongelooflik. Die feit dat hierdie [toekenning vir beste liedjie van die jaar] ʼn kykerskeuse is, beteken ongelooflik baie vir my,” het sy tydens een van haar aanvaardingstoesprake gesê.

“Hierdie afgelope jaar het soos die avontuur van ʼn leeftyd gevoel. Ek kan nie glo dat dit ʼn jaar gelede was wat ek by die VMA-toekennings my Midnights-album bekendgemaak het nie. Al wat ek vanaand kan sê, is dankie.”

Shakira het ook geskiedenis by dié jaar se toekenningsgeleentheid gemaak toe sy die eerste Suid-Amerikaanse kunstenaar geword het wat ʼn gesogte Video Vanguard-toekenning ontvang het.

ʼn Verrassingsoptrede van die popgroep, NSYNC, het gehoorlede gaande gehad. Dit was die eerste keer in 10 jaar dat dié groep die verhoog saam betree.

Ander wenners sluit onder meer in Nicki Minaj (beste hiphop-treffer), Rema en Selena Gomez (beste Afroritme), Blackpink (beste choreografie en groep van die jaar) en Olivia Rodrigo (beste redigering).

Vir ʼn volledige lys van wenners, lees hier.

Bykomende bronne: NBC News, Vulture, USA Today

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

JohanR ·

Wat is verkeerd met my? Ek het nie een liedjie of album, of CD deur Taylor Swift, Madonna of Britney Spears nie. Ek het AL John Mayer en Dido se CD’s.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.