Metrorail Gauteng was vanmiddag genoop om sy dienste tussen Johannesburg en Germiston op te skort.
Lees meerAlles vir Woensdag 4 Oktober 2023
Sukkelende Tshwane skuld Eskom R3,2 miljard
Cilliers Brink sê een van die hoofredes vir die metro se finansiële situasie is die verlies wat Tshwane, saam met baie ander munisipaliteite in die land, op die verkoop van elektrisiteit te midde van beurtkrag ly.
As dié ‘super-fêns’ jou pla, is jy rassisties, sê departement
Daar is groot verdeeldheid oor Chauke en Msila wat op belastingbetalers se onkoste sportbyeenkomste bywoon.
Am gee Bok-afrigter dalk keuringskopseer vir kwarteind
Die 29-jarige Am is Maandag opgeroep as plaasvervanger vir die beseerde Makazile Mapimpi, net betyds vir die kwarteindronde gedurende die naweek van 14 en 15 Oktober.
Franse vergader terwyl dit wriemel van weeluise
Talle weeluise is die afgelope paar weke (te midde van die Wêreldbeker-rugbytoernooi) op sneltreine, die Charles de Gaulle-lughawe in Parys, die Parys-metro en selfs in rolprentteaters opgemerk.
Meesterbrein agter beleggingslenter gevonnis
Patrick Stapleton (66) is ná menige uitstelkans tronkstraf opgelê vir ʼn bedrieglike beleggingskema wat voornemende beleggers miljoene rande uit die sak gejaag het.
Zuma betwis Ramaphosa se aanstelling van Zondo
Pres. Cyril Ramaphosa word ook daarvan beskuldig dat hy ʼn vrouekandidaat oor die hoof gesien het toe hy Zondo as hoofregter aangestel het.
Eiers dalk skaars, maar uitkoms wink
Entstowwe vir die twee stamme mag nou ingevoer word en dit sal nog so tussen twee en ses maande duur voordat dit ingespan kan word. Plaaslik word daar ook ʼn H7-entstof ontwikkel.
Luister: Kan Jan Alleman sy eie huis verkoop?
Henck Conrey werp lig op eiendomsagente, en of hulle nodig is wanneer jy jou huis wil verkoop.
Ruk op, rus uit en ‘rock on’ by ATKV Klein-Kariba se StudenteJOL
StudenteJOL is beslis ʼn vakansie wat jy nié kan misloop nie! Matrikulante kan die einde van hul skoolloopbaan saam met vriende kom vier en hul skoene uitskop ná al die swoeg en sweet van die eindeksamen!
Toerisme bied geleenthede én risiko’s vir boere
ʼn Gas wat ʼn enkel op jou wankelrige voetpad breek, kan jou letterlik vir miljoene dagvaar.
ToekomsVenster: Betuig weer jou afhanklikheid van God
Betuig net weer jou afhanklikheid van God. Doen dit met dankbaarheid. Dis die beste posisie om in te wees.
Duisend myl op tandemfiets vir geliefde laerskool
Speek in die wiel ten spyt, beur ʼn ouerpaar van die Laerskool Eloff in Mpumalanga vorentoe om uiteindelik 1 000 myl as geldinsamelingsprojek vir die skool af te lê.
‘Binnelanders’-akteur (48) word eerste keer pa
“Perfek in elke manier moontlik. Wat ʼn voorreg is dit nie om jou ouers te wees nie.”
‘Two Sides’-dokkie oor Leeus-toer vir Emmy benoem
Dit vertel ʼn storie uit die Springbokke en Leeus se perspektief en bevat beeldmateriaal van albei spanne terwyl hulle deelgeneem het aan ʼn toernooi wat agter geslote deure gespeel moes word en geweldig bemoeilik is deur koronavirusuitbrekings onder albei spanne.
Nóg lande wil in SA se energieoorgang belê
Die ooreenkoms is egter onderhewig aan die finalisering van ʼn inwerkingstellingsplan, wat reeds in Augustus voltooi moes gewees het.
‘Ons behoort’ sê Ons Plek-kinders met eie vlag, skoollied
Die vlag is Dinsdag tydens ʼn seremonie aan die voete van die Voortrekkermonument in Pretoria voor ongeveer 50 kinders van die Ons Plek-skole onthul.
Rand Water wys DA die deur: ‘Maak ’n afspraak’
Die DA het Woensdag tydens ’n onaangekondigde oorsigbesoek aan Rand Water nie verder as die voordeur gevorder nie, maar sê die afvaardiging het niks anders verwag nie.
Kiwi’s moet fokus behou teen Uruguay
Foster gee toe dit is moeiliker om die span teen Uruguay te motiveer, as wat dit byvoorbeeld sou wees om hulle aan die brand te kry voor ʼn wedstryd teen een van die wêreld se voorste spanne – soos Frankryk.
Tydsberekening van dieselprysverhoging ‘rampspoedig’
“Gegewe die onbetroubare voorsiening van elektrisiteit en die rol wat dieselaangedrewe kragopwekkers speel om produksieprosesse op plase in stand te hou, is die verhoging vir boere ʼn ramp.”