Zuma betwis Ramaphosa se aanstelling van Zondo

Hoofregter Raymond Zondo. (Foto: Kopano Tlape/GCIS)

Oudpres. Jacob Zuma en die Jacob Zuma-stigting het die Pretoriase hooggeregshof gevra om pres. Cyril Ramaphosa se aanstelling van Raymond Zondo as hoofregter ongrondwetlik te laat verklaar en die aanstellingsproses te laat hersien.

Zondo is al byna 18 maande lank in dié pos.

Mzwanele Manyi, woordvoerder van die Jacob Zuma-stigting, sê die aanstelling is gedoen ondanks algemeen beskikbare bewyse dat Zondo tydens die aanstellingsproses glo die minste stemme van al die kandidate ontvang het.

Die Zuma-kamp beskuldig Ramaphosa daarvan dat hy die Regterlike Dienskommissie (RDK) se raad verontagsaam en “irrasioneel” opgetree het deur Zondo aan te stel.

Ramaphosa word ook daarvan beskuldig dat hy ʼn vrouekandidaat – regter Mandisa Maya – oor die hoof gesien het toe hy Zondo as hoofregter in Maart verlede jaar aangestel het, al het sy die meeste stemme ontvang.

“Die applikante en lede van die publiek sal sekerlik uitsien na watter wetlike regverdiging mnr. Ramaphosa vir sy besluit sal gee wanneer hy sy antwoordende beëdigde verklaring indien,” sê Manyi.

Ramaphosa het op 26 September sy kennisgewing ingedien dat hy van voorneme is om die aansoek teen te staan. Die RDK het ʼn kennisgewing ingedien dat die kommissie gaan berus by watter besluit die hof eindelik neem.

Ramaphosa het in Maart verlede jaar vir Zondo as hoofregter en Maya, toe regter-president van die appèlhof, vir die pos as adjunkhoofregter benoem.

Maroela Media het destyds berig Ramaphosa het eindelik op Zondo besluit ná oorlegpleging met die RDK en die betrokke leiers van partye in die Nasionale Vergadering oor die vier moontlike kandidate wat in daardie stadium vir oorweging van die pos as hoofregter voorgelê is.

Die president se kandidate was Zondo, Maya, Mbuyiseli Madlanga, regter van die Konstitusionele Hof, en Dunston Mlambo, regter-president van Gauteng.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

GWS ·

Ag wat weet hy tog!!! Bly tog net stil. Selfs ‘n donkie kan vir ‘n perd aangesien word as hy net sy mond toe hou!

M ·

Ek hou van hierdie nuus en ondersteun Zuma (nét in hiérdie geval) want sodoende verskerp hy die faksie-skepping en dryf ‘n verdere wig in, in die bestaande verbrokkeling van die anc ( sic ).
Gaan gerus voort Zuma !!!

efjy ·

Solank die belasting betalers se geld net nie vir hierdie sake gebruik word nie, skeel dit my min.

Papsak ·

Ag Zuma moet sy mond toe hou hy nie meer n president nie gewone persoon nou hy val oor ander maar hy miet eindlik oranje pakkie aan trek moes al lankal nou hou hy hom slim en groot le liewers laag as ek Zuma was

Frikkels ·

Aag ou zoempie, bly jy tog nou maar stil. Jy het genoeg skade aangerig tydens jou mafia bewind. Los nou maar die ander mafia leiers om rustig en sonder vrees of vooroordeel die land verder in die verderf in te sleep!

annie ·

Kan ons nie maar weer vir Zuma aanstel nie? Hy is tog nog steeds die president, dan hoef ons nie so te wag vir sy danspassies nie? Ons sien so uit daarna.

George ·

Zuma sal alles en almal bevraag teken om uit die tronk te kan bly…mors die staat se geld en tyd asook die howe se tyd…dit het tyd geword dat die regters n streep trek en se no more Zuma

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.