ʼn Verslag rakende die moord op lt.kol. Charl Kinnear en die moontlike betrokkenheid van polisiebeamptes, is afgehandel en sal binnekort aandag geniet.
Alles vir Woensdag 4 Oktober 2023
Gedig: ruimtereis
“Jy sweef in ʼn sfeer van donker geheimenis genaelstring aan jou moederskip.” Lees hier Susanne Pike se gedig “ruimtereis”.
Cele gaan nie jammer sê oor tirade
Cameron het vroeër in reaksie op die parlement se beslissing gesê Cele skuld die hele land ʼn verskoning en moet die eerbare ding doen en bedank.
Twee gr. 1-seuns dood ná hul snoepgoed eet
Twee gr. 1-leerders is dood en nog twee is in ʼn kritieke toestand in ʼn hospitaal nadat hulle snoepgoed geëet het wat hulle by ʼn spazawinkel gekoop het.
Vier gevonnis wat pelsrob op strand martel
Vier mans wat in Januarie vanjaar ʼn pelsrob op Monwabisi-strand in Kaapstad met klippe bestook het, is ʼn opgeskorte vonnis opgelê maar moet as deel van hul vonnis onder meer ʼn opstel skryf en gemeenskapsdiens verrig.
Transitoroofsaak: Ses beskuldigdes kry borgtog
Drie polisiebeamptes word saam met nog vier beskuldigdes aangekla in verband met ‘n transitorooftog wat op 11 Augustus op die R570-pad na Schoemansdal, buite Malelane in Mpumalanga, plaasgevind het.
Gedagte vir die dag: Roep na Hom
“Ek kon dit nie glo totdat ek hier aangekom het en dit met my eie oë gesien het nie. Trouens, die helfte daarvan is my nie vertel nie. Jou wysheid is baie meer as wat aan my meegedeel is” (2 Kronieke 9:6).