Cele gaan nie jammer sê oor tirade

(Foto: Janice du Plessis/Maroela Media)

Bheki Cele, minister van polisie, het aangedui dat hy die parlementêre besluit dat hy moet jammer sê vir sy tirade teenoor Ian Cameron, op hersiening gaan neem.

Volgens Cele is die media-opskrifte dat hy “skuldig bevind is” lagwekkend en die sanksie wat hy opgelê is nog meer so. “Ons gaan hierdie op hersiening neem want ons stem nie hiermee saam nie,”  het Cele Dinsdag tydens ʼn mediakonferensie in Kaapstad gesê toe hy hieroor uitgevra is.

“Daar is stappe wat ons vorentoe kan doen. Ons stem absoluut nie saam met hierdie uitkoms nie. So, die minister van polisie gaan dit op hersiening neem,” het Cele gesê.

Die parlement se gesamentlike komitee oor etiek en ledebelange het bevind dat Cele die kode van etiese gedrag oortree het en dat hy ʼn aanbeveling aan die Nasionale Vergadering sal maak dat Cele om verskoning moet vra vir sy gedrag teenoor Cameron, hoof van gemeenskapsveiligheid van Action Society.

Ian Cameron.

Cele het in Julie verlede jaar tydens ʼn polisie-imbizo in Gugulethu, Kaapstad, teen Cameron uitgevaar nadat laasgenoemde hom vasgevat het oor die polisie se tekortkominge. ʼn Konfrontasie het tussen Cele en Cameron ontstaan waartydens Cele aan Cameron geskree het: “Jy beskou my as ʼn tuinjong. Bly stil! Bly stil! Sit en luister jong man, of gaan uit.” Toe Cameron geweier het om die saal te verlaat is hy “gewelddadig” deur die polisie verwyder en na sy motor begelei.

Cameron het vroeër in reaksie op die parlement se beslissing gesê Cele skuld die hele land ʼn verskoning en moet die eerbare ding doen en bedank.

“Om Cele te beveel om verskoning te vra is ʼn eerste en gewaardeerde stap, maar ons glo hy skuld die hele land ʼn verskoning,” het Cameron in reaksie gesê. “Vertroue in die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) is op ʼn laagtepunt terwyl die skokkende vlakke van misdaad daartoe gelei het dat Suid-Afrika as die derde onveiligste land ter wêreld beskou word.”

Cameron glo steeds dat Cele uit sy amp moet bedank. “ʼn Eerbare persoon sal grasieus uitstap. Maar Cele blyk te magshonger te wees daarvoor. Daarom sal Action Society voortgaan om te eis dat hy uit sy pos as minister van polisie verwyder word.

“Niks het sedert daardie dag verander nie; om die waarheid te sê, meer mense sterf nou. ʼn Verskoning sonder optrede sal altyd leeg wees. Die SAPD moet herstruktureer en herbou word. Cele moet die eerste wees om te gaan.”

Volgens die komitee het Cele in sy skriftelike vertoë nie spesifiek die voorval aangeraak nie, asook nie gemeld dat hy vir Cameron geskree het om stil te bly nie. Videomateriaal wat op die dag geneem en vir die komitee gespeel is, wys egter dat Cele woedend was en dat hy wel op die klaer geskree het.

Die komitee het bevind dat selfs al was Cele ontevrede met die wyse waarop Cameron die kwessie by die imbizo aangeraak het, word daar nietemin van hom as parlementslid vereis om op te tree op ʼn wyse wat lede van die publiek se vertroue én vertroue in die integriteit van die parlement sou behou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

43 Kommentare

Manie ·

Ideale geleentheid om die nar uit te skop. Hy praat oneerbiedig teenoor die parlementêre komitee.

Petrus Albertus ·

Absoluut! Geen respek vir enige geasg nie want hy dink hy is onaantasbaar, hy is wel verkeerd. Ek hoop hy gee burgerlike organisasies nog baie tou om hom te gryp en voor die hof te daag.

Schalk ·

Die parlament is en was sedert 94 nie n eerbiedige instansie nie. Daar is niks om oneerbiedig oor te wees nie.

vuurvliegie ·

Dis waarom niemand meer die polisie vertrou nie. Tyd om die polisie te herstruktureer en van al die ongewensde en ongekwalifiseerde luiards ontslae te raak. Tyd vir verandering is nou in die MAFIA polisie.

Aai ·

Wie is die ons waarvan hy praat jy is die een wat ‘n voorbeeld moes stel daai dag.Kan net vir jou lag.Bedank nie in hulle woordeskat.Ha Ha

Kobus ·

Oppad hof toe? En wie gaan betaal? Cele maak ‘n bespotting van alles en almal. Ek kry solank Oros en popcorn

Nina Uit ·

DIS hoekom die SAP is waar dit is. Die Minister verstaan nie eers die eerste beginsel van goeie leierskap nie. Hoe sal die res?

Papsak ·

Jy Cele gaan jou dag kry jy is onmanierlik jy moet jou skaam regtig jy was die verkeerde een maar jy call jou polisie minister ag asb jong

Sonblom ·

Aag natuurlik gaan hy nie jammer sê nie. Hy voel mos geregtig. En as hy sou jammer sê, is dit net omdat hy aangesê is om dit te doen. Sal niks beteken nie.

Petrus Albertus ·

“Ons”? “Ons”? Hoeveel onse is daar in sy pond? Of gebruik hy nou wraggies die koninklike meervoud? Wie de ongeluk dink hierdie man is hy? As enigeen nog gewonder het oor die integriteit van die president en kabinet dan het hierdie reaksie nou hopelik finaal hulle twyfel of ons leiers die amp waardig is bygelê.

Petrus Albertus ·

Hy moet persoonlik aanspreeklik gehou word vir die regskoste indien sy “review” van die hand gewys word.

Jacobus ·

Die hele saak is ‘n verleentheid. Dit bevestig net sy gebrek aan maniereen verstandelike vermoë. Dit laat die lig ook skyn op regering se valse beeld.

57 Chevy ·

Ian Camaron S.A wil jou graag bedank vir jou bydra en omgee in alle gemeenskappe reg oor S.A . Dankie dat jy beryd is om te veg vir geregtigheid en regverdigheid . Wat jy doen en beteken vir die mense in S.A oorskry by ver as om te wag vir n verskoning van IEMAND WAT NIE SY SOUT WERD IS NIE …THE WHEEL IS TURNING

Anel ·

Hy moes nooit minister geword het nie. Is as kommissaris weggejaag. Nou is hy bevorder na minister! Wêreld lag vir ons!!!

domheks ·

ou cowboy met die 1930’s se hoed. Nog iets mens haal jou hoed af – dit is net goeie maniere! as jy iemand groet of onderhoude voer.

Republikein in die Wes Kaap ·

Prominente lede van die junta in die Uniegebou sal nooit jammer wees nie.

Kokerboom ·

Nou vra ons: Hoekom is SAP in so ‘n bedenklike toestand?
Die hartseer van alles is die ruggraatlose President doen absoluut niks!!!

Manie ·

Die probleem is, hy is, want die hoof rampokker gee hom die mandaat.

gatgogga ·

Miskien is dit teenstrydig met sy kultuur en tradisie om verkoning te maak? Ubuntu?

domheks ·

As jy skuldig is dan skree jy ‘shut up’ want jy weet die persoon is REG! Dit wys weereens onbevoegdheid in cr se parlement.

KB ·

Dan minag hy die parlement! Dis verraad. So arresteer hom en dank hom summier af.

Tricea ·

“Integriteit van die parlement”??? So iets bestaan nie in hierdie land nie.

Pieter ·

Ian , jy moet versigtig wees, jy weet hierdie boef in n hoed, en sy mafia sal jou skade probeer maak,
maar ek is trots op jou omdat jy jou man staan.

Kaptein ·

Hy sal nie onverskoning vra nie want sy ma wat klere gestryk het , het hom nooit geleer om te sê jammer baas nie.

Bolandse Nooi ·

Dis wat gebeur as mens nênnies en boois se kinders ‘n land laat regeer …

Koos 100 ·

Cele, weet jy wat jy nou doen? Jy verontagsaam ‘n direkte opdrag van jou werkgewer. Hoe kan jy verwag dat SAPS lede opdragte moet nakom met die voorbeeld wat jy nou stel????

M ·

Stem 100% saam. Seker apartheid se skuld…. en Kommunisties-aangeleerde maniere.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.